Twee state is al wat sal help in Gaza: VN-hoof - July 29, 2025

Die Verenigde Nasies se sekretaris-generaal, António Guterres, sê die Israels-Palestynse konflik het breekpunt bereik en is op pad na ʼn eenstaat-werklikheid gekenmerk deur besetting en ongelykheid. Hy het gepraat op die hoëvlak-konferensie oor die vreedsame skikking van die Palestynse vraagstuk en die instelling van ʼn tweestaat-oplossing. Guterres sê ʼn regverdige en volhoubare pad vorentoe is […]

Read More

Banyana-afrigter trots op span se poging - July 29, 2025

Sokker: Banyana Banyana se afrigter, Desiree Ellis, sê hulle het geweet hul poging om hul Afrikabeker-vrouetoernooi-titel te verdedig, sou moeilik wees. Die span het gisteraand in Suid-Afrika aangekom. Hulle het vierde gekom in Marokko nadat hulle met drie strafdoele teen vier teen Ghana verloor het in die wedstryd om die bronsmedalje. Die adjunkminister van Sport, […]

Read More

Parlemente moet vroueregte bevorder, sê speaker - July 29, 2025

Die speaker van die Nasionale Vergadering, Saara Kuugongelwa-Amadhila, het ‘n beroep gedoen op wêreldwye sterker parlementêre toesig in die bevordering van die agenda vir vroue, vrede en veiligheid. Sy het by die 15de spitsberaad van vroue-speakers in Genève gepraat en sê daar was vordering, maar ook voortdurende uitdagings. Dit sluit in die onderverteenwoordiging van vroue […]

Read More

Versterk Afrika-nywerheidsbeleid: Internasionale Vakbondkonfederasie - July 29, 2025

Die Internasionale Vakbondkonfederasie doen ‘n beroep op die versterking van nywerheidsbeleidsvermoë regoor Afrika. Die federasies het beklemtoon dat Afrika moet toesien dat hy oor die nodige hulpbronne beskik om soewereine, werkersgeleide ontwikkelingstrategieë te ondersteun wat die siklus van afhanklikheid en onderontwikkeling sal verbreek. Die konfederasie het ook met vakbondfederasies in Suid-Afrika ooreengekom om ‘n onversetlike […]

Read More

Wêreldrugby steun beamptes na omstrede Leeus-drie - July 29, 2025

Rugby: Die uitvoerende hoof van Wêreldrugby, Alan Gilpin, het sy steun uitgespreek vir die wedstrydbeamptes in die tweede toets tussen Australië en die Britse en Ierse Leeus in Melbourne. Hulle is erg gekritiseer oor die besluit om Jac Morgan nie te straf vir ‘n vermeende onwettige optrede voor die Leeus-heelagter Hugo Keenan se wendrie nie. […]

Read More

Tiffany Meek borgtog geweier in moordsaak van seun - July 29, 2025

Die landdroshof in Roodepoort, Gauteng, het borgtog geweier aan Tiffany Meek, wat aangekla word van die moord op haar 11-jarige-seun, Jayden-Lee. Landdros Anneline Africa het verwys na sterk omstandigheidsgetuienis, oneerlike optrede en ‘n vlugrisiko. Die hof het kennis geneem dat Meek Jayden-Lee as vermis aangegee het terwyl sy geweet het dat hy in hulle woonstel […]

Read More

Ngurare beklemtoon dienslewering - July 29, 2025

Eerste minister Elijah Ngurare het ‘n beroep op staatsamptenare in die Zambezi-streek gedoen om ‘n nuwe golf van transformasie in dienslewering in Namibië te dryf. Ngurare het tydens die Masubia Kultuurfees, wat by Bukalo gehou is, beklemtoon dat alle Namibiërs, insluitend diegene met gestremdhede, moet baat by regeringsdienste, en dat staatsamptenare die verantwoordelikheid dra om […]

Read More

Honger neem toe in Afrika, daal elders - July 29, 2025

Terwyl wêreldwye honger effe afneem, beklemtoon ‘n nuwe verslag van die Verenigde Nasies ‘n kommerwekkende tendens in Afrika, waar honger steeds toeneem. Volgens die verslag sal na raming 512 miljoen mense wêreldwyd teen die einde van die dekade ondervoed bly, waarvan 60 persent in Afrika is. Meer as 280 miljoen mense regoor Afrika is tans […]

Read More

Politieke wrywing onder veterane in SA - July 29, 2025

Die ANC-gebonde Umkhonto we Sizwe Bevrydingsoorlog-veterane het die Suid-Afrikaanse Nasionale Militêre Veterane-vereniging van politieke sabotasie beskuldig. Die veterane sê die vereniging weier om hom as die amptelike plaasvervanger van die ontbinde Umkhonto we Sizwe-militêre-veterane-vereniging te erken. Die Nasionale Kommissaris, Bobo Pemba, het op ‘n nuuskonferensie gewaarsku daar sal oor twee maande geen veteranekonferensie sonder hul […]

Read More

Britse dieretuin verwelkom rooipanda-tweeling - July 29, 2025

‘n Rooipanda-tweeling is by ‘n dieretuin op die Isle of Wight in die suide van Engeland gebore nadat die ouers in 2024 aan mekaar voorgestel is. Die tien-jaar-oue ma Xiao, is gepaar met ‘n 10-maande oue mannetjie, Flint wat van die Belfast-dieretuin ingevoer is. Die welpies sal in die nesbokse versteek bly tot hulle minstens […]

Read More