Stralerbrandstof sal weer tekort in SA ervaar in Oktober - July 29, 2025
Die Brandstofbedryfvereniging van Suid-Afrika waarsku oor ‘n verdere stralerbrandstoftekort teen Oktober indien dringende regulatoriese hervormings nie aangebring word nie. Die vereniging se uitvoerende hoof, Avhapfani Tshifularo, het aan Engineering News gesê die beplande sluiting van die Nasionale Petroleum-raffineerders van Suid-Afrika se raffinaderye en verouderde doeanewette kan die voorsiening van stralerbrandstof na die OR Tambo Internasionale […]
Trump verkort Putin-sperdatum na 10 to 12 dae - July 29, 2025
Donald Trump het ‘n nuwe, korter sperdatum van tien of 12 dae vanaf Maandag aan Rusland gestel om in te stem tot ‘n wapenstilstand in die oorlog in Oekraïne. Die Amerikaanse president sê daar is geen rede om langer te wag nie, aangesien daar geen vordering tot vrede gemaak is nie. Twee weke gelede het […]
Oorstromings dood 30, hervestig 80 000 in Beijing - July 29, 2025
Swaar reën het oorstromings en grondstortings in en om Beijing veroorsaak en meer as 30 lewens geëis terwyl talle nog vermis word. Meer as 80 000 mense moes hervestig word, insluitend in die Miyun-distrik wat die swaarste getref is. Die reën het tientalle paaie beskadig en 136 dorpe sonder elektrisiteit gelaat. Beijing het Maandag sy […]
Polisie ondersoek skok selfmoord by Crown Security - July 29, 2025
Die Namibiese polisie sê sy ondersoek na Maandagmiddag se skokkende selfmoord duur voort. Die 59-jarige Carlos Miljo, projekbestuurder by Crown Securities het homself op die maatskappy se perseel omstreeks half vyf, met ‘n haelgeweer geskiet. Nampol-woordvoerder adjunk-kommissaris Kauna Shikwambi…
Madlanga-ondersoek sal oop wees vir publiek - July 29, 2025
Regter Mbuyiseli Madlanga het bevestig dat die publiek toegang sal hê tot die Madlanga Kommissie van Ondersoek se verhoor na die bewerings deur die KwaZulu-Natal polisiekommissaris, Nhlanhla Mkhwanazi, oor politieke inmenging. Die verrigtinge sal ook regstreeks gestroom word, tensy anders bepaal. Madlanga is ook bewus van die hangende litigasie by die Konstitusionele Hof wat die […]
EU sê Temu verkoop onwettige goedere - July 29, 2025
Die Europese Unie beskuldig die Chinese aanlyn-inkopiereus Temu dat hulle die EU se digitale reëls oortree deur nie deeglik vas te stel of produkte wettig is nie. EU-reguleerders glo nie dat Temu genoeg doen om Europese verbruikers teen gevaarlike produkte te beskerm nie. Die Europese Kommissie sê daar is bewyse dat daar ‘n groot risiko […]
Swemmer, 12, skok by wêreldkampioenskap - July 29, 2025
Die 12-jarige-skoolmeisie, Yu Zidi, is deur haar mededingers as “besonder talentvol” beskryf nadat sy net-net ‘n bronsmedalje by die wêreldkampioenskap in Singapoer misgeloop het. Yu van China het vierde klaargemaak in die vroue 200m-individuele-wisselslag in haar eerste wêreldkampioenskapeindstryd. She het die bronsmedalje met 0,06-sekondes misgeloop. Yu was vinnig van die blokke af en het derde […]
Noa bevestig nog twee vas in Namcor-saak - July 29, 2025
Die direkteur-generaal van die Teenkorrupsie-kommissie Paulus Noa het bevestig dat nog twee verdagtes, wat verbind word met die Namcor-korrupsiesaak gearresteer is en na verwagting Woensdag hul eerste verskyning in die Windhoek-landdroshof maak. Een verdagte is die seun van een van die nege beskuldigdes wat vroeër in hegtenis geneem is, en die ander word gekoppel aan […]
Kenner sê oor voedselpryse, BKS en voëlgriep - July 29, 2025
In Suid-Afrika het vleispryse die grootste invloed op voedselinflasie gehad in Junie. Die inflasie net vir kos was 6,6 persent, die hoogste in meer as twee jaar. Bek-en-klouseer onder bees en voëlgriep in Brasilië, wat gelei het tot ‘n verbod op hoender-invoere, het ‘n groot rol gespeel. Kosmos 94.1 Nuus het met landboukenner dr. Kobus […]
Sisi vra Trump om gevegte in Gaza te beëindig - July 29, 2025
President Abdel Fattah al-Sisi van Egipte het ’n vurige beroep op die Amerikaanse president, Donald Trump, gemaak om in te gryp en die gevegte in Gaza te beëindig. Sisi het tydens ‘n videotoespraak oor die humanitêre krisis in Gaza, gesê Trump kan die oorlog beëindig, humanitêre hulp inbring en die lyding stop. Die Amerikaanse president […]