Massaskietery in Park Avenue, New York - July 29, 2025
Vyf mense is in ‘n wolkekrabber in Manhattan doodgeskiet, insluitend ‘n New Yorkse polisieman. Een persoon is gewond. Volgens die owerhede het ‘n aanvaller met ‘n koeëlvaste baadjie die gebou in 345 Park Avenue binnegegaan en op vier mense en die polisieman losgebrand wat in die sekuriteitsafdeling by die gebou werk. Die kommissaris van die […]
NamPost loods ondersoek na bewerings van pensioenbedrog - July 29, 2025
NamPost sê hy neem kennis van gerugte oor pensioengeld-bedrog. Dit kom na regsman Kadhila Amoomo ‘n plasing gemaak het en gratis bystand aan pensioenarisse gebied het oor wat hy was onwettige aftrekkings op hulle pensioengeld beskryf het. NamPost sê hy het ‘n dringende ondersoek gelas en kyk ook na die moontlike byvoeging van onwettige begunstigdes, […]
Zuma het MK in familie-stokvel omskep - July 29, 2025
Die voormalige sekretaris-generaal van die MK-party, Floyd Shivambu, het oud-president Jacob Zuma beskuldig dat hy die party in ‘n familie-stokvel verander het, en beweer partyfondse word vir persoonlike gewin misbruik. Shivambu beklee geen leierskapposisies nie en is van die party se parlementêre lys verwyder, al is hy steeds ‘n lid van die MK-party. Hy is […]
Taxi-staking in Luanda word gewelddadig - July 29, 2025
Die eerste dag van die taxibestuurdersstaking in Luanda, wat teen brandstofprysverhogings uitgeroep is, is gekenmerk deur geweld, plundering, vandalisme en botsings met owerhede wat tot sterftes gelei het. Die Portugese Konsulaat in Luanda adviseer teen onnodige reise. Groepe woedende jongmense het strate versper, winkels binnegeval en voertuie, insluitend busse en polisiemotors, aangeval, wat Angolese owerhede […]
Skietstilstand tussen Thailand en Kambodja bereik - July 29, 2025
Maleisiese premier Anwar Ibrahim sê Thailand en Kambodja het ingestem tot ‘n onmiddellike en onvoorwaardelike wapenstilstand, in ‘n poging om dodelike grensbotsings op te los. Waarnemende Thaise premier Phumtham Wechayachai en die Kambodjaanse premier Hun Manet het vir wapenstilstandgesprekke vergader in Anwar se amptelike woning in Maleisië se administratiewe hoofstad, Putrajaya. Ibrahim het die aankondiging […]
NNN het ‘slapelose nagte’ oor selfmoord - July 29, 2025
President Netumbo Nandi-Ndaitwah het kommer uitgespreek oor die stygende aantal selfmoorde in Namibië, na die onlangse dood van drie onderwysers in die Ohangwena-streek. Sy het by die amptelike opening van die Eenhana-expo alle burgers, veral diegene in leiersrolle, versoek om deernis en ondersteuning vir mekaar te toon om verdere lewensverlies te voorkom.
Terreurselle, dwelmsindikate op ons voorstoep - July 29, 2025
Die adjunkbevelvoerder van die Amerikaanse Afrika-bevel of Africom, luitenant-generaal John Brennan, sê daar is jihadistiese groepe wat aan die periferie van beide Namibië en Angola opereer. Volgens Brennan is die groep ook aktief in Suid-Afrika en Mosambiek. Hy voeg by dat ‘n Meksikaanse dwelmkartel reeds vestig in die Suider-Afrikaanse streek. Volgens hom hou dit ‘n bedreiging […]
Hardap-boere wag vir koue vir die koring - July 29, 2025
Koring-aanplantings lyk tot dusver belowend, maar volgens plaaslike produsente wag hulle nog vir kouer toestande, wat noodsaaklik is vir die gewas se ontwikkeling. Kosmos 94.1 Nuus het met Rico Bothma, ‘n produsent by die Hardapskema, gepraat.
Net meer as 5,5 miljoen kubiek in week uit damme onttrek - July 29, 2025
Net meer as 5,5 miljoen kubiek is die week uit die land se damme onttrek. Dit sluit wel ‘n oordrag van 939 000 kubiek van Omatako na Von Bach. Bronne vir die sentrale gebied is op 77,8 persent. Meer as 1,8 miljoen kubiek is die week by Hardap benut. Die dam is op 69,2 persent. […]
GIPF versprei verifikasie-handtoestelle landswyd - July 29, 2025
Die Pensioenfonds vir Regeringsinstellings het begin om biometriese verifikasie-handtoestelle aan streekskiesafdelingkantore landwyd te versprei. Dit sal toegang tot lewensbewysverifikasie vir pensioenarisse vergemaklik, wat nie meer lang afstande hoef te reis nie. Die fonds se uitvoerende hoof, Martin Inkumbi, sê die toestelle verseker tydige en akkurate pensioenbetalings terwyl dit die fonds se volhoubaarheid versterk. ‘n Verifikasie-toep […]