Goreangab se ontspanningspark ook gesluit - July 29, 2025
Kort nadat die Stad Windhoek en die landbou-ministerie inwoners gewaarsku het om nie in die Goreangab-dam vis te vang nie want die vis kan met swaarmetale en bakterieë besoedel wees, kom die nuus dat die ontspanningspark by die dam gesluit is tot verdere kennisgewing. Die Stad Windhoek sê die sluiting is nodig om onderhoud en […]
SA moet burgers, nie buitelanders nie, bevoordeel - July 29, 2025
ActionSA sê Suid-Afrika se bemagtigingsagenda moet aanhou fokus op die behoeftes van Suid-Afrikaners en nie buitelandse burgers bevoordeel nie. Die party sê die Polokwane plaaslike munisipaliteit in Limpopo het die afgelope twee boekjare tenders ter waarde van ongeveer 200-miljoen Suid-Afrikaanse rand aan buitelandse ondernemings toegeken. Tshepo Magoma van ActionSA sê die doel van swart ekonomiese […]
Trump sê daar is hongersnood in Gaza - July 29, 2025
Amerikaanse president Donald Trump sê daar is ware hongersnood in Gaza, nadat die Israelse premier Benjamin Netanyahu gesê het dit bestaan nie. Trump het tydens ‘n ontmoeting met Britse eerste minister Keir Starmer by Trump se Turnberry gholf-oord in Skotland gesê Israel moet elke ons beskikbare voedsel in Gaza toelaat, en dat Amerika en sy […]
Overton ingesluit in span vir laaste toets teen Indië - July 29, 2025
Die snelbouler en veelsydige speler Jamie Overton is ingesluit by Engeland se groep vir die vyfde en laaste toets teen Indië wat Donderdag op die Oval in Londen begin. Dit volg nadat die gashere se snelaanval nie die besoekers kon uitboul op die laaste dag van die vierde toets op Old Trafford nie. Die wedstryd […]
Sekuriteitsfirma-eienaar skiet homself op perseel in hoofstad - July 28, 2025
Een van die eienaars van ‘n bekende sekuriteitsfirma in Windhoek het homself tussen 2-uur en 3-uur vandag op die perseel geskiet. Die naam van die firma en die persoon is bekend aan Kosmos 94.1 Nuus, maar kan nog nie bekend gemaak word nie want dit is onseker of al die naasbestaandes ingelig is. Die toneel […]
Daar’s vordering teen staatskaping, sê presidensie - July 28, 2025
Die presidensie sê daar is goeie vordering gemaak in die stryd teen staatskaping, met byna die helfte van die 60 beplande stappe wat nou voltooi en elf-miljard-rand se gesteelde geld wat verhaal is. Die voormalige hoofregter, Raymond Zondo, het egter gewaarsku die vervolgings neem te lank en openbare vertroue verkeer in gevaar. Die woordvoerder in […]
Nog 14 mense sterf in Gaza van wanvoeding - July 28, 2025
Veertien mense is die afgelope 24 uur in Gaza aan wanvoeding dood, sê die Hamas-beheerde gesondheidministerie. Dit kom terwyl Israel militêre optrede in dele van die strook vir 10 uur per dag ophef om hulp deur te laat. Israel laat ook toe dat hulp deur vliegtuie laat val word, maar volgens die BBC se Jeremy […]
Aus-rugbyhoof soek antwoorde oor laaste drie in 2de toets - July 28, 2025
Rugby: Rugby Australië se uitvoerende hoof, Phil Waugh, dring aan op ‘n verduideliking van Wêreldrugby oor die omstrede drie in die tweede toets in Melbourne wat die reeks vir die Britse en Ierse Leeus beklink het. Die Wallabies het 26-24 voorgeloop toe die Leeus se heelagter, Hugo Keenan, oorgeduik het om sy span 29-26 te […]
Net hierdie reisgers moet aankomsvorms invul - July 28, 2025
Namibië se ministerie van binnelandse sake sê slegs sommige reisigers hoef aankomsvorms by toegangshawens te voltooi. Namibiese burgers, inwoners, permanente inwoners en diegene met opgedateerde e-visums wat ook as aankomsvorms dien, is vrygestel. Reisigers met ouer e-visums moet steeds die vorm voltooi. Kosmos 94.1 Nuus het met die lynministerie se woordvoerder, Margaret Kalo, gepraat.
Skole Rugby Superliga loop witwarm - July 28, 2025
Die Namibië Sekondêre Skole Rugby Onder-19 Superliga het nog ‘n naweek vol opwinding opgelewer. Die onoorwonne OK Moria Bears bly die span om te klop ná ‘n oorwinning van 64-3 oor De Duinesig op hul Doringlaagte-veld in Outjo. Die titelhouers Samsung Windhoek Hoërskool het InSpares Pro-Ed Akademie met 61–18 op die Vegkop-stadion geklop, wat hul […]