Streeksamewerking ‘dalk beter vir olie- en gasbedryf’ - July 28, 2025
TotalEnergies is in gesprek met die Mosambiekse regering om gunstige omstandighede te skep om werk aan sy lang vertraagde LNG-projek in die noorde van die land te hervat. TotalEnergies sê soortgelyke gesprekke met die Namibiese regering sal moet plaasvind alvorens hy volgende jaar ‘n finale beleggingsbesluit oor die Venus-olieveld in die Oranjekom aflandig Namibië maak. […]
BW Energy bevestig boortuig vir Kharas-eksplorasieput - July 28, 2025
Noorweë se BW Energy het die Deepsea Mira-boortuig gekies om sy Kharas-eksplorasieput aflandig van Namibië te boor. Die tuig sal op die put in die Kudu-lisensie in die Oranje-kom werk, en die boorwerk sal na verwagting in die tweede helfte van die jaar voltooi wees. Dit vorm deel van ‘n tuig-deel ooreenkoms met Rhino Resources. […]
Vis in Goreangab-dam nie geskik vir menslike gebruik - July 28, 2025
Die landbouministerie herhaal die waarskuwing van die Stad Windhoek dat daar nie vis in die Goreangab-dam gevang moet word nie. Volgens die ministerie vang mense toenemend vis in die dam en verkoop dit selfs. Afvalwater van omliggende nywerheids- en woongebiede vloei in die dam in en die vis daarin kan met swaarmetale en bakterieë besoedel […]
Sinomine begin metale uit ou slaghope herwin - July 28, 2025
Sinomine se 2 miljard Namibiese dollar-belegging in ‘n multi-metaalsherwinningsprojek in Tsumeb sal na verwagting gedurende die konstruksiefase tussen 150 en 200 poste genereer, terwyl die maatskappy pogings aanwend om sy bedrywighede te diversifiseer en volhoubare hulpbronherstel te bevorder. Die projek, wat gevorderde tegnologie gebruik om waardevolle metale uit ou slag-hope te onttrek, het in Mei […]
Prasa-loonverhoging verbly Cosatu - July 28, 2025
Cosatu het Satawu geprys omdat hy ‘n loonverhoging van 5,5-persent, wat ‘n geen-afleggingsklousule insluit, met die Passasierspooragentskap van Suid-Afrika verseker het. Cosatu se woordvoerder, Zanele Sabela, het egter Prasa se beplande tariefverhogings van tot 58-persent gekritiseer. Sy is ook bekommerd oor die Valke se klopjag by Prasa se hoofkwartier wat gekoppel is aan twee tenders […]
Lande moet Israel druk om oorlog te beëindig: Türk - July 28, 2025
Die Verenigde Nasies se hoëkommissaris vir menseregte, Volker Türk, het regerings gevra om hul invloed te gebruik en druk op Israel te plaas om die oorlog in Gaza te beëindig. Israel het Sondag tien ure lank ʼn taktiese onderbreking van militêre optrede in drie gebiede in Gaza ingestel te midde van internasionale teenkanting teen hongersnood […]
Oud-All Black Ross kan hierdie naweek vir Wallabies opdraf - July 28, 2025
Rugby: Voormalige All Black-stut Aidan Ross kan moontlik hierdie naweek sy debuut vir die Wallabies maak in die derde en laaste toets teen die Britse en Ierse Leeus. Hy is in Australië gebore en het as kind na Nieu-Seeland verhuis. Die 29-jarige Ross het in 2022 een toets vir die All Blacks gespeel en het […]
Cholera-uitbreking in Opuwa hokgeslaan - July 28, 2025
Tydens sy streeksrede vandag het die goewerneur van Kunene, Vipuakuje Muharukua, beklemtoon dat malaria steeds kommerwekkend voorkom in die streek. Hoewel geen malariaverwante sterftes aangeteken is nie, is nege cholera-gevalle aangemeld, insluitend een sterfte. Hy sê die uitbreking is wel onder beheer.
Transnet kry nog ‘n regering-hupstoot - July 28, 2025
Die regering het ʼn bykomende waarborg van 94,8 miljard Suid-Afrikaanse rand aan Transnet toegeken wat bestaan uit 48,6-miljard-rand om oor die volgende vyf jaar skuld te delg, en 46,2-miljard-rand om die instelling teen verdere negatiewe kredietgraderings te beskerm. S&P Global het Transnet se kredietgradering afwaarts aangepas weens ʼn jaarlikse kontantgebruik van 13,5-miljard-rand en versuim om […]
Jongste VN-omgewingsverslag lig vier klimaatskwessies uit - July 28, 2025
Die Verenigde Nasies se omgewingsprogram het in sy jongste verslag vier gebiede uitgelig waar omgewingsverval en menslike kwesbaarheid saamval. Die Frontiers Report 2025 sê besoedeling, smeltende gletsers se mikrobes, verwydering van damme in riviere en klimaatsrisiko’s kan miljoene lewens raak indien niks daaraan gedoen word nie. Die program se uitvoerende direkteur, Inger Andersen, sê die […]