Paaltjiewagter Pant loop laaste Engeland-toets mis - July 28, 2025

Krieket: Indië se paaltjiewagter, Rishab Pant, sal die vyfde en laaste toets teen Engeland misloop. Daar is bevestig dat hy sy voet gebreek het in die vierde toets op Old Trafford. Hy is in die eerste beurt van die veld maar het later teruggekeer en ‘n merkwaardige vyftigtal aangeteken. Pant het in Engeland se tweede […]

Read More

Vyfjaarplan om immigrasiedienste te moderniseer, verbeter - July 28, 2025

Die binnelandse sake-ministerie het ‘n vyfjaar strategiese plan geloods om nasionale veiligheid, immigrasiedienste en interne sekuriteit te verbeter. Die plan fokus op die modernisering van grens- en visumstelsels, die verbetering van immigrasie, padveiligheid, misdaadvoorkoming, rehabilitasie van oortreders en die vermindering van staatloosheid. Minister Lucia Iipumbu het die behoefte aan digitale transformasie, personeelwelsyn en wetgewende hervorming […]

Read More

ANC Veteraneliga verwerp VSA-wet oor SA - July 28, 2025

Die leier van die ANC Veteraneliga, Snuki Zikalala, het die voorgestelde Amerikaanse Wet op die Hersiening van Bilaterale Betrekkinge verwerp en sê dit het nie bestaansreg nie. Zikalala het aan SABC News gesê die wetgewing wat top-ANC-lede vir moontlike sanksies teiken, spruit voort uit Suid-Afrika se steun vir die Palestyne en bande met lande soos […]

Read More

DRK begin Kabila-verhoor, in absentia - July 28, 2025

‘n Militêre hof in die DRK het die verhoor van voormalige president Joseph Kabila geopen. Kabila word beskuldig van hoogverraad en ‘n reeks ernstige misdade wat verband hou met sy beweerde steun vir die M23-rebellegroep. Hy was nie teenwoordig nie. Hy is tans buite die land en word in absentia verhoor. Die aanklagte teen hom sluit […]

Read More

Gewapende man dood vyf, en homself, in Bangkok - July 28, 2025

Ten minste ses mense is dood toe ‘n gewapende man vandag by ‘n mark in Thailand se hoofstad Bangkok losgebrand het. Volgens die Thaise polisie sluit die sterftes die gewapende man in wat sy eie lewe geneem het. Op die oomblik ondersoek owerhede die identiteit van die persoon en die motief vir die voorval. Die […]

Read More

Venaani sê woestynboerdery is beter plan as groenskemas - July 28, 2025

PDM-leier McHenry Venaani, het die regering versoek om woestynboerdery bo nuwe groen skemas te prioritiseer, en voer aan dat dit groter potensiaal vir werkskepping en waardekettings onder die NDP6-agenda bied. Venaani het grootskaalse woestynboerdery met opgeleide jeug, drupbesproeiing en ontsoute seewater voorgestel.

Read More

Uiters duur vliegkaartjies belemmer toerismesyfers - July 28, 2025

Duur vliegtuigkaartjies na Namibië ondermyn die langtermyn-groeivoorsuitsigte van die toerismebedryf in die land, sê die uitvoerende hoof van Gondwana Collection, Gys Joubert. Joubert was vandeesweek een van die sprekers by die Taking Stock Namibia 2025-forum in Windhoek. Volgens hom is vliegtuigkaartjies na Namibië buite verhouding duur, en omskep dit die land in ‘n eksklusiewe, premium-mark. […]

Read More

Gesondheid oortree verkrygingsreëls - July 28, 2025

Die gesondheidsministerie adverteer nie meer sy oop nasionale tenders in koerante nie en plaas dit net op die regering se verkrygingswebblad, teenstrydig met die Verkrygingswet. Die publikasie berig dat verlede jaar is al die tenders geadverteer en aanlyn geplaas maar, 17 is vanjaar uitgereik, net aanlyn. Dit neem ook ongeveer ‘n week vir die relevante […]

Read More

Olie en gas: GRN wil plaaslike inhoud na 15% opstoot - July 28, 2025

Namibië wil die plaaslike inhoud en deelname in die olie- en gassektor van 10 persent tot 15 persent teen 2030 verhoog. Dit is aangekondig by die Jeug in Olie en Gas-beraad deur Kornelia Shilunga, spesiale adviseur en hoof van die stroom-op petroleumeenheid. Sy sê NDP6 het ten doel om 150 miljoen vate olie-ekwivalent te produseer, […]

Read More

Gobabis se munisipaliteit is in die sop by Sankwasa - July 28, 2025

Die minister van stedelike en landelike ontwikkeling, James Sankwasa, sal met die leiers van die Gobabis-munisipaliteit vergader na ‘n verdoemende verslag van die ombudsman wanbestuur, skuld, onwettige aanstellings en mislukkings in dienslewering blootgelê het. Die verslag het meer as 100 miljoen Namibiese dollar in onbetaalde rekeninge en wanhantering van fondse, ‘n gebrekkige grondooreenkoms en ‘n […]

Read More