Rundu-inwoners skuld amper N$505m - July 28, 2025

Die Rundu-dorspraad word amper 505 miljoen Namibiese dollar deur sy inwoners geskuld. Die dorp is die tweede grootste stedelike sentrum naas die hoofstad en het net minder as 119 000 inwoners. Op sy beurt het die dorpsraad skuld van meer as 350 miljoen dollar aan NamWater. Die dorp sukkel met gereelde riool lekkasies en oorstromings […]

Read More

Nekundi aanvaar petisie van taxibestuurders oor e-saamrydienste - July 28, 2025

Sommige Windhoek-taxibestuurders het by die vervoerministerie betoog en kommer uitgespreek oor ongereguleerde e-saamrydienste soos Yango, InDrive en Lefa. Hulle beweer dat hierdie platforms sonder geldige permitte werk en tariewe onderprys, wat hul lewensbestaan beïnvloed. Vervoerminister Veikko Nekundi het hul petisie ontvang en belowe om die probleme aan te spreek.

Read More

Cyril veroordeel Gaza-hongersnood, Bibi sê daar is nie hongersnood nie - July 28, 2025

President Cyril Ramaphosa het wat hy beskryf as Israel se volksmoord teen Palestyne sterk veroordeel. Israel se premier Benjamin Netanyahu hou vol die land is nie verantwoordelik vir die humanitêre katastrofe in Gaza nie en beperk nie hulpverlening nie. Intussen is minstens 133 mense, insluitend 87 kinders is volgens berigte aan wanvoeding dood sedert die […]

Read More

Shaolin hoofmonnik krimineel ondersoek - July 28, 2025

Die hoofmonnik van China se beroemde 1 500 jaar oue Shaolin-tempel is onder kriminele ondersoek vir beweerde verduistering, onbehoorlike verhoudings met vroue en die vaderskap van buite-egtelike kinders. Shi Yongxin, 59, voorheen ‘n lid van China se parlement, word verdink van kriminele oortredings, die wanbesteding en verduistering van projekfondse en die tempel se bates. Shi […]

Read More

NNN waarsku oor ‘eksterne dreigemente’ - July 28, 2025

Swapo-president, Netumbo Nandi-Ndaitwah, het vryheidsbewegings in Suider-Afrika gemaan om eksterne dreigemente wat hul onafhanklikheid en prestasies betref, teen te staan. Sy het die naweek in Johannesburg die beraad vir vryheidsbewegings in Johannesburg toegespreek. Nandi-Ndaitwah het medeleiers herinner dat bevryding volgens haar ʼn voortgesette proses is wat volgehoue toewyding, waaksaamheid en aktivisme vereis. Sy vra bevrydingsbewegings […]

Read More

FlySafair het beperkte skedule met staking in tweede week - July 28, 2025

FlySafair sê hy gaan voort met ʼn bestendige maar beperkte vlugskedule terwyl die vlieënier-staking se tweede week begin. Stakende vlieëniers wat deur Solidariteit verteenwoordig word, het ʼn nuwe aanbod oor salarisse en diensvoorwaardes wat die maatskappy oor die naweek gemaak het, verwerp. Die vakbond sê geskille oor ʼn vergoedingsaanbod en skofroosterstelsel is steeds nie opgelos […]

Read More

Tarief-ooreenkoms tussen VSA en EU - July 28, 2025

President Donald Trump sê Amerika en die Europese Unie het ʼn handelsooreenkoms-raamwerk bereik wat ʼn oorkoepelende tarief van 15-persent sal hef op alle EU-goedere wat Amerika invoer. Dit volg nadat Trump aangekondig het heffings op die meeste goedere uit die EU sal van 1 Augustus af van die 10-persent universele basislyn tot 30-persent verhoog word. […]

Read More

Fantastic Four lê bo na eerste naweek - July 28, 2025

Marvel se jongste strokiesboek-verwerking, The Fantastic Four: First Steps, het op sy eerste naweek koning gekraai by Nood-Amerikaanse kaartjiekantore. Die fliek se sterre is Pedro Pascal as wetenskap-genie Reed Richards, wat ʼn ruimtesending lei saam met sy vrou Sue Storm, vertolk deur Vanessa Kirby, en Joseph Quinn as haar broer Johnny Storm. Superman met David […]

Read More

Minderjariges (weer) verkrag oor die naweek - July 28, 2025

Drie van die vier verkragtingsake wat die naweek by die polisie aanhangig gemaak is, se slagoffers is jonger as 16 jaar. Op Kamanjab ondersoek die polisie ‘n saak van herhaalde verkragtings van ‘n 12-jarige meisie. Op Groot-Aub is ‘n 18-jarige seun in hegtenis geneem ná hy na bewering Saterdag ‘n 11-jarige meisie verkrag het. ‘n […]

Read More

Groot protes vir vandag in Windhoek beplan - July 28, 2025

‘n Massademonstrasie word vandag gehou waar Windhoek-inwoners sal protesteer teen kwessies wat Build Together-groepe raak, ‘n einde sal eis aan die beweerde onwettige verlenging van RedForce se kontrak, en ‘n petisie sal oorhandig wat kommer uitlig oor die Stad se gebrekkige faktuurstelsel en die beweerde dreigende inhegtenisneming van amptenare wat met RedForce Debt Management verbind […]

Read More