VSA skort visumdienste in Niger op - July 28, 2025

Die Verenigde State skort alle roetine-visumdienste by sy ambassade in Niamey, Niger, op tot verdere kennisgewing. ‘n Woordvoerder van die staatsdepartement het bevestig dat dit alle immigrant- en nie-immigrantvisumkategorieë dek, en noem kommernisse met die regering van Niger, maar gee geen verdere besonderhede nie. Diplomatieke en amptelike visums sal steeds verwerk word. Die visumvries kom […]

Read More

Pogačar palm sy vierde Tour de France in - July 28, 2025

Die heersende kampioen, Tadej Pogačar, het gister sy vierde Tour de France-titel gebuit en sy status as mees dominante fietsryer van sy generasie bevestig. Die Sloween kon egter nie met die laaste skof spog nie omdat die Belg, Wout van Aert, hom in die Champs-Élysées in Parys verbygesteek het. Die tweemalige wenner, Jonas Vingegaard van […]

Read More

EIF se akkreditasie bring reuse hupstoot - July 28, 2025

Namibië se Omgewingsbeleggingsfonds is geakkrediteer as ‘n Nasionale Implementeringsentiteit vir die Aanpassingsfonds, wat direkte toegang tot 20 miljoen Amerikaanse dollar in klimaatfinansiering moontlik maak. Die Omgewingsbeleggingsfonds fokus op projekte soos klimaatslim landbou op hervestigingsplase en volhoubare waterbestuur in droogtegebiede. Kosmos 94.1 Nuus het met Romeo Muyunda, woordvoerder van die Omgewingsbeleggingsfonds gepraat.

Read More

NamPol ondersoek Prosperity brandstigting - July 28, 2025

Die polisie ondersoek ‘n saak van brandstigting en kwaadwillige beskadiging van eiendom ná ‘n onbekende verdagte vroeg Vrydagoggend die kantoor van Prosperity Health in Tsumeb aan die brand gesteek het. Die verdagte het ook suur op ‘n werknemer se motor agter die kantoor gegooi. Die omvang van die skade aan die voertuig, asook aan kantoortoerusting […]

Read More

Stellenbosch-baanbreker KI diagnose vir seldsame siektes in Afrika - July 28, 2025

Navorsers aan die Universiteit Stellenbosch, onder leiding van Shahida Moosa, gebruik Kunsmatige Intelligensie en masjienleer om ultra-skaars genetiese afwykings te diagnoseer. Deur gesigsanalise met eksoomvolgordebepaling te kombineer, het hul benadering ‘n diagnostiese opbrengs van 51-persent in hul eerste 100 pasiënte behaal. Die inisiatief is daarop gemik om oor Afrika uit te brei en onderverteenwoordiging in […]

Read More

Afrika se bevrydingsbewegings het afgedwaal - July 28, 2025

Oudpresident Joaquim Chissano van Mosambiek sê Afrika se bevrydingsbewegings het afgedwaal van hul kernmissie om die mense te dien. Tydens die ANC-bevrydingsbewegingsberaad in Johannesburg het Chissano besin oor vorige foute, insluitend verswakte demokratiese instellings, die wegbeweeg van landsburgers en die snoer van meningsverskille. Hy het ‘n beroep gedoen op hernude toewyding aan die jeug, vroue […]

Read More

Renosterstropery: 50% van verdagtes voorheen gearresteer  - July 28, 2025

Die jongste verslag van die omgewingsministerie rakende wildmisdaad in 2024 toon dat herhaalde arrestasies in renosterverwante misdade soms meer as 50 persent van die totale arrestasies uitmaak met sommige verdagtes wat tot agt keer oor die afgelope tien jaar in hegtenis geneem is, maar in die meeste gevalle is nie een van hul sake afgehandel […]

Read More

Vervalste goedere van R156m gekonfiskeer  - July 28, 2025

Die polisie het op nagemaakte goedere ter waarde van meer as 156-miljoen Suid-Afrikaanse rand in landwye klopjagte beslag gelê. Polisiewoordvoerder Amanda Van Wyk sê die afgelope drie weke het operasies in Mbombela, Mokopane en Pretoria meer as 23 000 nagemaakte items van top-handelsmerke opgelewer, insluitend Springbok-klere. Sy sê die optrede, deur die polisie en die […]

Read More

Thailand en Kambodja vergader vandag  - July 28, 2025

Kambodja en Thailand se leiers gaan vandag in Maleisië vergader vir vredesgesprekke ná dae van noodlottige gevegte oor ‘n gebied bekend as die Smaragdriehoek, waar die grense van dié twee lande en Laos bymekaarkom. Minstens 35 mense is dood, meer as 200 is beseer en meer as 200 000 is ontheem sedert Donderdag toe die […]

Read More

Piastri vat Belgiese Grand Prix  - July 28, 2025

Oscar Piastri van McLaren het die Belgiese Grand Prix gewen en sy sesde oorwinning van die seisoen beklink. Die resies het weens swaar reën 80 minute laat begin en in die eerste vier rondtes moes deelnemers ʼn veiligheidsmotor volg. Nadat die resies in die vyfde rondte aan die gang gekom het, het die Australiër sy […]

Read More