Winter, woestynblomme pryk - July 28, 2025
Veldblomme pryk reeds in dele van Namakwaland met ‘n goeie afgelope reënseisoen en ‘n vroeë, koue winter wat op ‘n besondere goeie blomjaar dui. Koue weer kan egter nog ‘n rol speel in verdere blomontwikkeling in die aanloop tot die lente. Kosmos 94.1 Nuus het met Piet Swiegers van Klein Aus Vista gepraat oor die […]
Regsfirma stoei met NaCC in die hof vandag - July 28, 2025
Die Namibiese Mededingingskommissie bevestig dat ‘n saak waarby sy ondersoek teen die Weder, Kauta en Hoveka-prokureursfirma betrek word, vandag in die hoërhof sal voorkom. Die kommissie het in 2022 ‘n ondersoek van stapel gestuur na die firma en Bank Windhoek ooreengekom het dat alle eiendomsoordragdienste vir verkope deur die bank, alleenlik deur die firma hanteer […]
Vergeet eers van desentralisasie, begin met kwalifikasie - July 28, 2025
Bestuurskenner Marius Kudumo sê dat die verantwoording van verkose streeksraadslede aan aangestelde goewerneurs ondermyn desentralisasie. Sy kommentaar volg op ‘n voorstel om die Wet op Streeksrade te wysig om magsdeling toe te laat. Kudumo voer aan dat die eintlike probleem die verkiesing van ongekwalifiseerde leiers is, nie die stelsel nie, en dring daarop aan dat […]
Dwelms: 24 die naweek agter tralies regoor die land - July 28, 2025
Altesaam 24 mense is die naweek in verskillende dwelmverwante voorvalle in die land in hegtenis geneem. Op Mariental het die polisie Vrydag tydens ‘n geheime operasie ses mans en ‘n vrou op verskillende plekke vasgetrek met Mandrax in hul besit. Hulle het in totaal glo ook dagga ter waarde van 19 600 Namibiese dollar in […]
Stad Windhoek reik kennisgewing uit oor rook, ook damprook - July 28, 2025
Die Stad Windhoek het ‘n kennisgewing uitgereik wat alle vorme van rook, insluitend die gebruik van e-sigarette in openbare ruimtes soos werkplekke, skole, openbare vervoer, gesondheidsfasiliteite en regeringsgeboue verbied. Rook is ook verbode binne 2 meter van ingange en vensters. Fasiliteitseienaars moet die reëls afdwing en “Geen Rook”-tekens vertoon. Kosmos 94.1 Nuus het met die […]
Mynstigting skenk vee in Usakos - July 28, 2025
Die Swakop Uranium-stigting het die naweek kleinvee aan 30 begunstiges by die Hope Farm-projek by Davib Wes naby Usakos geskenk, in totaal 600 ooie en 30 ramme. Landbouminister Inge Zaamwani sê dié projek bied meer as voedselsekuriteit. Dit is daarop gemik om volhoubare inkomste te lewer deur die voorsiening van topgehalte, plaaslik aangepaste teeltroepe van […]
SA-toeriste slagoffers van gewapende roof - July 28, 2025
Twee Suid-Afrikaanse toeriste was vroeg Saterdagoggend op ‘n lodge naby Usakos die slagoffers van ‘n gewapende roof. Hulle was aan die slaap in hul tent toe twee mans, gewapen met messe, hulle oorval het. Die verdagtes het die man vasgebind en geld en eiendom ter waarde van 42 000 Namibiese dollar gesteel. Niemand is nog […]
Oxfam waarsku oor lugsteun in Gaza - July 28, 2025
Oxfam sê die voorsiening van hulp deur lugsteun en ‘n paar vragmotors sal nie maande van gemanipuleerde hongersnood in Gaza ongedaan maak nie. Israel, Jordanië en die Verenigde Arabiese Emirate het oor die naweek hulp in Gaza afgelewer. Die metode is deur humanitêre groepe gekritiseer as duur, ondoeltreffend en gevaarlik. Israelse magte het volgens berigte […]
Vierde toets tussen Indië en Engeland is gelykop - July 28, 2025
Die vierde toets tussen Engeland en Indië in Manchester is gelykop verklaar met die gashere wat met 2-1 voorloop in die reeks van vyf wedstryde. Indië het die laaste dag hervat met ʼn teiken van 137 lopies en agt paaltjies, maar twee vennootskappe het hulle gered. Kaptein Shubman Gill het saam met KL Rahul 188 […]
Nuwe leidrade in Joslin Smith-saak - July 27, 2025
Die Wes-Kaapse polisie volg nuwe leidrade op in die soektog na Joslin Smith, wat in Februarie 2024 uit Saldanhabaai verdwyn het. Sedert Vrydag het K-9-eenhede die Middelpos-informele nedersetting gefynkam. Joshlin se ma, Kelly, dien saam met medebeskuldigde Steveno van Rhyn en Jacquen Appollis, lewenslange vonnisse uit, met ‘n appèl wat vir 12-13 Augustus vasgestel is. […]