Grootfonteinse sakeman sterf in ongeluk - July 27, 2025
Sakeman, loods en voormalige tydrenjaer Jaco van Dyk is Saterdagnag in ‘n motorongeluk op die B8-pad tussen Grootfontein en Otavi dood. Volgens die polisie het Van Dyk vermoedelik beheer oor sy voertuig verloor nadat dit ‘n brug getref het. Hy was van Swakopmund op pad terug na Grootfontein. Die 52-jarige Van Dyk was ‘n 2020 […]
Griekeland steier onder veldbrande - July 27, 2025
Vyf reuse-veldbrande woed in Griekeland ná nóg ‘n hittegolf die land getref het. Inwoners in swaargeteisterde gebiede word ontruim en die regering het die Europese Unie gevra om te help om die brande te bestry. Verlede maand het ‘n brand 4 700 hektaar op Griekeland se vyfde grootste eiland, Chios, vernietig. Vroeër vandeesmaand moes 5 […]
Boks: Vroue soek rewolusie in sport - July 27, 2025
Die nuut aangestelde voorsitter van Vroue in Boks, Rina Sabotsky, sê sy beoog om vroulike boksers te verhef deur hul betrokkenheid buite die kryt as skeidsregters, beoordelaars en amptenare te bevorder. Sabotsky sê in ‘n onderhoud met SABC News ondanksvordering, het vroue steeds ‘n tekort aan blootstelling en geleenthede. Sy sê ‘n eksklusiewe vroueboksreeks word […]
Namdeb lewer minder diamante - July 27, 2025
Diamantproduksie in Namibië in die eerste ses maande van vanjaar was amper 2,5 persent minder as die ooreenstemmende tydperk in 2024. Sowat 1,166 miljoen karaat diamante is in die eerste halfjaar van 2025 ontgin. De Beers, wat die helfte van Namdeb besit, skryf die laer syfers toe aan planne om produksie by Debmarine Namibia te verminder.
Fluitjieblaser vrygespreek op bedrogklagte - July 27, 2025
Die Kaapstadse prokureur Sarah Burger is ná 17 maande in die Oos-Londense Gespesialiseerde Handelsmisdaadhof op alle aanklagte in die 171 miljoen rand Fort Hare-bedrogsaak vrygespreek. Burger, wat die fluitjieblaser oor korrupsie by die universiteit was, beplan nou om die polisie en die Nasionale Vervolgingsgesag te dagvaar. Sy het haar verligting teenoor eNCA uitgespreek en onderneem […]
Britte, Jordanië span saam om Gaza te help - July 27, 2025
‘n Klein span Britse militêre beplanners en logistieke kenners is beskikbaar om Jordanië te help met die lugaflewering van hulp in Gaza. Hulle kan binne die volgende twee dae ontplooi word. Die Britse premier Keir Stamer het aan die Mirror gesê die regering werk reeds met die Jordaanse owerhede saam om Britse hulp op vliegtuie en in […]
Rugby: Leeus speel klaar met Sharks - July 27, 2025
Die Leeus het die verdedigende Curriebeker-kampioene, die Sharks, Saterdag in hul openingswedstryd by Ellispark met 46-5 geklop. Vleuelspeler Rabz Maxwane het twee drieë gedruk toe die Leeus sewe keer oor die doellyn gegaan het vir die Sharks se enigste drie in die tweede helfte. En in Kaapstad het die Westelike Provinsie ‘n groot aanslag in die […]
China gee N$100 m vir boorgate - July 27, 2025
Landbou- en waterminister Inge Zaamwani sê sy gaan na die private sektor uitreik vir vennootskappe om die regering te help om die teikens van die Sesde Nasionale Ontwikkelingsprogram, NDP 6, te bereik. Zaamwani het Saterdag die Hope Farm-projek by Davib Wes naby Usakos van stapel gestuur, in samewerking met die Swakop Uranium-stigting. Die 30 begunstigdes […]
PwC-ondersoek na suurstoftender afgehandel - July 27, 2025
Die minister van openbare werke en infrastruktuur, Dean Macpherson, het die finale forensiese verslag van PwC ontvang oor die suurstofaanlegtender van 800 miljoen rand wat deur die Onafhanklike Ontwikkelingstrust toegeken is. Die ondersoek volg na bewerings van verkrygingsonreëlmatighede, insluitende bedrog en die nie-nakoming van die reëls van die Suid-Afrikaanse Gesondheidsprodukte-reguleringsowerheid. Macpherson sê hy hersien die […]
Elf gewond in mesaanval in Walmart - July 27, 2025
Ses mense is in ‘n kritieke toestand ná ‘n man Saterdagmiddag ministens 11 mense in ‘n Walmart-winkel in Michigan, Amerika met ‘n knipmes aangeval het. ‘n 42-jarige man van Michigan is in verband met die voorval in hegtenis geneem. In dié stadium is sy motief vir die aanval onbekend. Die hulp van die FBI is […]