Krieket: Dubbele hondertal vir SA se Jorich - July 27, 2025
Jorich van Schalkwyk het die eerste kolwer in die geskiedenis van jeug eendag-krieket of YODI, geword om ‘n dubbele honderdtal aan te teken toe Suid-Afrika se O.19-mans Vrydag hul driehoekige reeks met ‘n oorweldigende oorwinning van 278 lopies oor die gasheer Zimbabwe in Harare afgeskop het. Die 18-jarige het ‘n ongelooflike 215 lopies van 153 […]
Namibië se beeskudde amper 2,8 miljoen diere sterk - July 27, 2025
Namibië se nasionale beeskudde teen die einde van verlede jaar het uit 2,77 miljoen diere bestaan, toon die jongste opname van die direktoraat veeartsenydienste. Die Otjiwarongo-distrik spog met die grootste kudde van 301 000 beeste. Daar was meer as 2,3 miljoen skape in die land, met die grootste kudde van 708 765 in die Mariental-distrik. […]
Sibiya sê Masemola het polisie se taakspan vir politieke moorde laat ontbind - July 27, 2025
Adjunk-polisiekommissaris Shadrack Sibiya het ‘n dringende aansoek by die Hooggeregshof in Pretoria ingedien om sy werk te hervat nadat hy verlof moes neem te midde van bewerings deur die KwaZulu-Natalse polisiekommissaris Nhlanhla Mkhwanazi. Mkhwanazi beskuldig Sibiya dat hy die gereg gedwarsboom het en verdagtes met politieke bande beskerm het. Volgens New24 beweer Sibiya die ontbinding van die […]
Honger eis 85 kinderlewens in Gaza - July 27, 2025
Ministens 71 Palestyne is Saterdag in Israeliese skermutselings in Gaza dood, insluitende 42 mense wat voedselhulp gesoek het. Gesondheidsowerhede in Gaza sê nóg mense het Saterdag van honger omgekom. Altesaam 127 mense, insluitende 85 kinders, is reeds van honger dood sedert die oorlog met Israel begin het. Israel het tot menslikheidspouses ingestem sodat hulp vandag […]
Rugby: Namibië se hoop vir wêreldbeker vlam op - July 27, 2025
Plaaslike rugbyliefhebbers het Saterdag ‘n sug van verligting geslaak toe Namibië se nasionale span hul teenstanders van die Verenigde Arabiese Emirate in Kampala, Uganda oortuigend met 86-29 verslaan het. Die oorwinning beteken Namibië het nog ‘n kans om vir Rugbywêreldbeker in 2027 in Australië te kwalifiseer. Die volgende hekkie wat Namibië moet oor, is in […]
WFP help 63 000 kwesbares in Namibië - July 26, 2025
Die Verenigde Nasies se Wêreldvoedselprogram en sy vennote het hul droogtehulpplan van nege maande aan Namibië afgesluit. Dié program van drie miljoen Amerikaanse dollar het voedsel- en voedingsbystand aan meer as 63 000 kwesbare mense in die Kavango-Oos-, Kavango-Wes- en Omaheke-streke tussen Oktober 2024 en Junie vanjaar verleen. Hulle bly daartoe verbind om nou saam te […]
Hof verleen verlof tot appèl in korrupsiesaak van ANC se Mabuyakhulu - July 26, 2025
Die Appèlhof het verlof tot appèl aan die Nasionale Vervolgingsgesag toegestaan teen ‘n uitspraak waarin KwaZulu-Natal se gewese LUR vir ekonomiese ontwikkeling en toerisme, Mike Mabuyakhulu, vrygespreek is op aanklagte van korrupsie, bedrog en geldwassery. Newzroom Afrika berig die saak hou verband met die 2012 North Sea-jazzfees wat nooit plaasgevind het nie, ondanks die departement se betaling van […]
Ses dood, 20 gewond in aanval in Iran - July 26, 2025
Onbekende aanvallers het vanoggend ‘n geweer- en granaataanval op ‘n hofgebou in suidoos-Iran geloods, waarin ses mense, insluitend ‘n kind, dood en 20 gewond is. Volgens die staatstelevisie het is drie van die aanvallers dood in ‘n skermutseling met die polisie en veiligheidsmagte. Tasnim-nuusagentskap berig die aanvallers behoort aan die militante groep Jaish al-Adl, wat onafhanklikheid vir […]
Rugby: Maak of breek vir Namibië teen UAE - July 26, 2025
‘n Reuse-wedstryd lê vanmiddag vir Namibië se nasionale rugbyspan voor wanneer hulle om twee-uur teen die Verenigde Arabiese Emirate in Kampala, Uganda uitdraf. Dit is Namibië se laaste geleentheid om ‘n kans te staan om na die Wêreldrugbybeker-toernooi in 2027 in Australië deur te dring. Afrigter Jacques Burger het met Afrique Rugby gesels:
Vroeë tekens van La Niña - July 26, 2025
Daar was vreemde winterweer regoor die land die week, warm en met donderweer wat plek-plek voorgekom het, asof dit somer is. Die plaaslike weerkenner, George van der Merwe, sê daar is ‘n weerstelsel wat effe na ‘n La Niña -weerverskynsel lyk. Hy het die vooruitsigte vir die komende week.