Zelensky sê druk moet op Rusland gehou word - October 23, 2025
Die EU het in Brussel die 19de ronde sanksies teen Rusland aangekondig, kort op die hakke van Amerikaanse president Donald Trump se aankondiging dat hy twee oliemaatskappye met sanksies geteiken het. Oelraïne se president Volodymyr Zelensky is in Brussel en het met die media gepraat. Hy sê sanksies is belangrik omdat dit druk op Rusland […]
Indië het nuwe aanlyn reëls vir ‘deepfakes’ - October 23, 2025
Indië se regering het nuwe reëls voorgestel wat vereis dat kunsmatige intelligensie en sosiale mediaplatforms KI-gegenereerde inhoud duidelik moet etiketteer om deepfakes en waninligting teen te werk. Volgens die konsep moet KI-visuele elemente etikette op ten minste tien persent van die beeld of die duur van die program vertoon om opsporing en deursigtigheid te verseker. […]
Swakop-munisipaliteit skenk ruim aan skole - October 23, 2025
Die munisipaliteit van Swakopmund het onlangs 200 000 Namibiese dollar geskenk aan 20 skole op die dorp. Dit is die munisipaliteit se korporatiewe maatskaplike verantwoordelikheidsinisiatief om skole in die omgewing op te hef. Kosmos 94.1 Nuus het met die woordvoerder van die munisipaliteit, Linda Mupupa gepraat wat uiteensit waarvoor die geld gebruik kan word.
Daling in olieprys beteken nie noodwendig daling in brandstofprys nie - October 23, 2025
Die Brent ru-olieprys het in die afgelope maand met amper 7 persent gedaal maar dit beteken nie noodwendig die brandstofprys vir November sal daal nie. In September is onderverhalings in beide diesel en petrol aangeteken wat die Nasionale Energiefonds geabsorbeer het. Kosmos 94.1 Nuus het met die lynministerie se petroleum-ekonoom Stella Amadhila gepraat.
Amper 7,4 miljoen kubiek in een week uit damme onttrek - October 23, 2025
Amper 3,5 miljoen kubieke meter water is uit Hardap in die afgelope week onttrek. NamWater se jongste dambulletin toon die dam het nou 60,9 persent water. Ook in die Suide is amper 1,5 miljoen kubiek vir boere onder die damwal gepomp. Naute het net meer as 550 000 kubiek gebruik en is 90 persent vol. […]
Sankwasa sal teen RedForce verdedig maar het nog nie stukke ingedien nie - October 23, 2025
Die saak waar Redforce die minister van stedelike en landelike ontwikkeling, James Sankwasa, dagvaar om sy opdrag aan plaaslike owerhede om nie kontrakte met die maatskappy te hernu nie, kom vandag voor die ‘n statusverhoor voor regter Orben Sibeya. Die maatskappy beskuldig die minister dat hy ‘n persoonlike vendetta koester na die afsny van sy munisipale […]
Kenner sê oor wees renosterkalfies na stropery - October 23, 2025
In die afgelope twee weke is vier renosters gestroop. Kosmos 94.1 Nuus het met Alex Oelofse gepraat, eienaar van Mount Etjo, wat ook die Mount Etjo Rhino Trust bestuur. Oelofse vertel meer van die impak op renosterkalfies. Die trust het ook ‘n Go Fund Me-insamelingsfonds vir die publiek om die kalfies te help.
GRN verbind hom aan ‘n bevorderlike sake-omgewing - October 23, 2025
Die direkteur-generaal van die Nasionale Beplanningskommissie, dr. Kaire Mbuende, sê die regering is daartoe verbind om ‘n bevorderlike omgewing te skep vir die privaatsektor om in te werk. Hy het vanoggend gepraat by die eerste Namibiese Openbaar-Private Forum in Windhoek. Die forum word gehou onder die tema “Openbaar-Private Dialoog om Ordentlike en Volhoubare Werkskepping te […]
Etiese gedrag, aanspreeklikheid in SA-staatsdiens broodnodig - October 23, 2025
Die Departement van Staatsdiens en Administrasie en sy instellings is gewaarsku om pogings te verskerp om ʼn professionele, etiese en aanspreeklike staatsdiens te bou. Die parlementêre portefeuljekomitee oor Staatsdiens en Administrasie het die Begrotingshersiening- en Aanbevelingsverslag vir 2024/2025 aanvaar. Die komitee verklaar in die verslag dat ten spyte van aansienlike beleid- en wetgewende hervormings wat […]
VSA stel sanksies teen Russiese oliemaatskappye aan - October 23, 2025
Amerika het sanksies ingestel teen Rosneft en Lukoil, twee van Rusland se grootste oliemaatskappye, omdat Moskou nie ernstig oor vrede met Oekraïne is nie. Volgens die Departement van Finansies sal die sanksies druk op Rusland se energiesektor plaas, verhoed dat die Kremlin geld vind vir sy oorlogsmasjien en om die verswakte ekonomie te ondersteun. Die […]