Skikking van R6,3 miljard in Steinhoff-skandaal - July 26, 2025
Ekonomiese ontleders sê die skikking van 6,3 miljard rand in die Steinhoff-skandaal is ‘n belangrike stap om dit af te handel. Die Reserwebank het sy sewe jaar lange ondersoek afgesluit en die ooreenkoms met die opvolger Ibex Group as geregverdig bestempel. Die fondse gaan na die staat, met die opheffing van batebeperkings wat Ibex se afhandeling toelaat. […]
Brittanje wil Gaza-kinders per lug ontruim - July 26, 2025
Doctors without Borders sê ‘n kwart van alle jong kinders en swanger vroue in Gaza ly aan wanvoeding. Die Britse eerste minister, Keir Starmer, het Vrydagaand op X gesê Israel se meëdoenlose aanvalle op Gaza is weersinwekkend. Beeldmateriaal van hongersnood en desperaatheid is absoluut angswekkend, het Starmer gesê. Brittanje is besig om pogings te versnel […]
Krieket: Joe Roodt teken reuse-telling aan - July 26, 2025
Joe Root het in die vierde van ‘n reeks van vyf toete teen Indië op Old Trafford die toetsspeler met die tweede-hoogste telling ooit geword. Die gewese Engelse kaptein het die Australiese legende Ricky Ponting verbygesteek met sy telling op 120 nadat hy vroeër die dag Rahul Dravid van Indië en Jacques Kallis van Suid-Afrika verbygesteek het. […]
Indië wil nóg sterker bewaringsbande met Namibië smee - July 26, 2025
Die omgewingsministers van Namibië en Indië het Vrydag op die kantlyn van ‘n COP15-vergadering in Zimbabwe sterker bande met die bewaring van jagluipers bespreek. Indië se omgewingsminister, Bhupender Yadav, het op X gesê die gesprek met sy Namibiese eweknie, Indileni Daniel, was onder meer gegrond op beide lande se prioritisering van volhoubaarheid. Namibië het in 2022 […]
Noord-Kaap ‘n ekonomiese kragbron, sê Ramaphosa - July 26, 2025
President Cyril Ramaphosa sê die Noord-Kaap se groenwaterstof-meesterplan is ‘n toekomstige ekonomiese kragbron, wat die middelpunt is van Suid-Afrika se hernubare energie-oorgang en noodsaaklik vir die land se langtermyn-ekonomiese groei. Ramaphosa het gepraat op ‘n vergadering met die provinsiale leierskap in Kimberley. Hy sê hy glo die plan sal nie net die plaaslike ekonomie ‘n […]
Ghislaine Maxwell lap Epstein-geheime uit - July 26, 2025
Ghislaine Maxwell, seksoortreder Jeffrey Epstein se meisie wat 20 jaar tronkstraf uitdien vir haar aandeel in die saak, het vrae van die Amerikaanse department van justisie oor sowat 100 verskillende mense beantwoord. NBC News berig Maxwell het beperkte immuniteit van die owerhede ontvang in ruil vir inligting oor Epstein se kliëntelys. Amerika se president Donald […]
Duur vliegkaartjies knou plaaslike toerisme - July 26, 2025
Duur vliegtuigkaartjies na Namibië ondermyn die langtermyn-groeivoorsuitsigte van die toerismebedryf in die land, sê die uitvoerende hoof van Gondwana Collection, Gys Joubert. Joubert was vandeesweek een van die sprekers by die Taking Stock Namibia 2025-forum in Windhoek. Volgens hom is vliegtuigkaartjies na Namibië buite verhouding duur, en omskep dit die land in ‘n ekslusiewe, premium-mark. Hoewel […]
Baie Ford-modelle in SA herroep - July 26, 2025
Die Nasionale Verbruikerskommissie het aangekondig dat ‘n groot aantal Ford-modelle herroep moet word weens ernstige veiligheids-gevare. Dit sluit in Ranger-, Everest-, Puma- en EcoSport- modelle. Die voertuie se enjins kan afskakel en brandstoflekkasies of handremprobleme veroorsaak. Die modelle wat geraak word is tussen 2021 en vanjaar verkoop. Die kommissie se woordvoerder, Pheto Ntaba, vra Ford-eienaars […]
Trump, Netanyahu laat vaar onderhandelinge met Hamas - July 26, 2025
Die Israelse eerste minister Benjamin Netanyahu en president Donald Trump het Vrydag oënskynlik die skietstilstand-onderhandelinge met Hamas in Gaza te laat vaar. Hulle het gesê dit is duidelik dat die Palestynse militante nie ‘n ooreenkoms wil hê nie. Reuters berig Netanyahu sê Israel oorweeg nou “alternatiewe” opsies om sy doelwitte te bereik om sy gyselaars van Gaza […]
Boks: SA skors Asemahle “The Predator” Wellem - July 26, 2025
Boks Suid-Afrika het die super-middelgewigkampioen Asemahle “The Predator” Wellem op voorsorgskorsing geplaas vir herhaaldelike oortreding van regulasies. Uitvoerende hoof Tsholofelo Lejaka sê Wellem hou aan om in Tanzanië te boks sonder toestemming, met ‘n volgende geveg wat môre teen Idowa Rasheed van Nigerië plaasvind. Hierdie is die derde voorval. Die titel is vakant verklaar nadat […]