Goreangab se vis onveilig, waarsku ministerie - July 26, 2025
Die ministerie van visserye het sy stem by dié van die Windhoekse munisipaliteit gevoeg en inwoners gewaarsku om nie vis in die Goreangab-dam te vang nie. Volgens die ministerie vang mense toenemend vis in die dam en verkoop dit selfs. Afvalwater van omliggende nywerheids- em woongebiede vloei in die Goreangab-dam in en die vis daarin […]
SA pastoor kry strawwe vonnis ná verkragting van kinders - July 26, 2025
Die Nquthu-streekhof in KwaZulu-Natal het ‘n pastoor tien keer lewenslange tronkstraf opgelê en ‘n bykomende 70 jaar vir die verkragting en seksuele aanranding van 12 minderjariges. Die misdade, wat tussen 2020 en 2022 teen kinders tussen die ouderdomme van ses tot 14 gepleeg is, het aan die lig gekom toe ‘n voog die slagoffers hoor […]
Thailand wil met Kambodja onderhandel - July 26, 2025
Senior regeringsamptenare sê Thailand verkies bilaterale onderhandelings eerder as derdeparty-bemiddeling om sy militêre konflik met Kambodja op te los. Reuters berig gevegte langs hul betwiste grens het Vrydag onverpoosd voortgeduur. Onderliggende spanning tussen die twee lande het op verskeie plekke langs die grens in openlike konflik opgevlam met die hewigste gevegte tussen die Suidoos-Asiatiese bure in meer as […]
Curriebeker: Pumas klop Griekwas, kry bonuspunt - July 26, 2025
Die Pumas het hul Curriebeker-veldtog gisteraand afgeskop met ‘n oortuigende oorwinning van 49-28 oor Griekwas op hul tuisveld in die Mbombela-stadion, en ook ‘n bonuspunt verdien. Die gashere het hul teenstanders met ses drieë teenoor drie getroef. Die Pumas was met rustyd met 25-23 voor. Griekwas se wedstryd is gekenmerk deur swak dissipline en drie […]
Plaaslike registrasie van voëlgriep-entstof ondersoek - July 26, 2025
Die Pluimveeprodusentevereniging van Namibië gaan die plaaslike registrasie van entstowwe teen voëlgriep ondersoek as deel van proaktiewe stappe om vir moontlike toekomstige gevalle voor te berei. Die vereniging sal saam met privaat veeartse ’n gesamentlike voorstel aan die betrokke owerhede indien as deel van pogings om nasionale paraatheid te versterk. Die vereniging beplan ook om […]
SA, Amerika kom ooreen oor tariewe - July 26, 2025
Suid-Afrika het ‘n sleutel-ooreenkoms met die Amerikaanse handelsverteenwoordiger onderteken, slegs dae voor nuwe invoertariewe in werking tree. Amerika beplan om vanaf 1 Augustus die heffings op die meeste Suid-Afrikaanse uitvoere van 10 na 30 persent te verhoog. Belangrike grondstowwe soos platinum en chroom is uitgesluit. Die minister van handel, nywerheid en mededinging, Parks Tau, het […]
Jazz-legende Chuck Mangione sterf - July 26, 2025
Die Grammy-bekroonde Amerikaanse jazz-musikant Chuck Mangione is op 84-jarige ouderdom dood by sy huis in Rochester, New York. Hy was bekend vir sy treffer van 1978, Feels so Good. Die flugelhorn- en trompetspeler het twee Grammys gewen tydens sy loopbaan, waartydens hy 30 albums opgeneem het. Hy was ook bekend vir sy rol in King of the […]
Motorsport: Ovaalrenne vanmiddag op Tsumeb - July 26, 2025
Die vierde been van die Tsumeb Motorklub se grondbaan-ovaalrenne vind vanmiddag vanaf drie-uur op die dorp plaas. Francois Lottering het met Willie van Wyk, die ondervoorsitter van die klub gesels oor wat verwag kan word.
Copps 94.1: Spoed, drank dryf ongelukke in hoofstad - July 26, 2025
Lede van die hooggregshof het Vrydagaand by Copps 94.1 en die Namibiese polisie aangesluit om warm klere en sop aan behoeftigdes in Windhoek uit te deel. Op die misdaadfront, was daar ‘n ernstige motorongeluk in die hoofstad. Francois Lottering van die Copps 94.1-span doen verslag van die toneel:
City Power ontken klopjag deur Valke - July 26, 2025
City Power het berigte van ’n klopjag en dokumentbeslaglegging deur die Valke by sy hoofkantoor in Johannesburg ontken. Vrydag is berig die Valke het ‘n klopjag uitgevoer as deel van ‘n ondersoek na korrupsie van 500 miljoen rand. Volgens News24 was die uitvoerende hoof van die maatskappy, Tshifularo Mashava, die hoofteiken van die ondersoek wat fokus op […]