Spitsberaad tussen Rusland, Oekraïne nie voor einde Augustus  - July 26, 2025

Die Kremlin sê ‘n spitsberaad tussen die presidente van Rusland en Oekraïne, Vladimir Putin en Volodymyr Zelensky, kan slegs as ‘n finale stap plaasvind om ‘n vredesooreenkoms te beklink. Die Kremlin-woordvoerder, Dmitri Peskov, sê dit is onwaarskynlik dat so ‘n vergadering einde Augustus kan plaasvind, soos Oekraïne voorstel. Peskov sê ‘n spitsberaad kan, en behoort, […]

Read More

Krieket: Nieu-Seeland gunsteling in eindstryd teen SA  - July 26, 2025

Nieu-Seeland word as gunsteling beskou in vandag se eindstryd teen Suid-Afrika in die driehoekige T20-reeks in Zimbabwe. Die Swartpette is onoorwonne in die reeks nadat hulle die Proteas en die gasheer elk twee keer geklop het. Suid-Afrika het nie ‘n volsterkte span gestuur nie omdat van die voorste spelers rus voor die witbal-toer na Australië, […]

Read More

Regering bou 300 huise, Shack Dwellers 3 100 - July 25, 2025

President Netumbo Nandi-Ndaitwah sê 3 492 wooneenhede is in aanbou, waarvan meer as 3 100 onder die Schack Dwellers-federasie in al 14 streke ontwikkel word. Die regering self bou net meer as 300. Kosmos 94.1 Nuus het met Heinrich Amushila van die federasie gepraat wat sê hulle het ook ander befondsing ontvang vir die opgradering […]

Read More

Kaapse seekoei vind nuwe tuiste in Plet - July 25, 2025

Die Stad Kaapstad se Bioverskeidenheids-afdeling het ‘n seekoeibul suksesvol van die Valsbaaise natuurreservaat na ‘n reservaat in Plettenbergbaai verskuif. Seekoeie is baie sensitiewe diere, en besonder moeilik om te vang en te vervoer as gevolg van hul grootte en krag, die gevaar wat hul inhou, en omdat hulle gou gespanne raak. Die onderburgemeester, Eddie Andrews, […]

Read More

Meta gedwing om politieke advertenises in EU te verbied - July 25, 2025

Die eienaar van Facebook en Instagram, Meta, sê hy sal gedwing word om van Oktober politieke advertensies op sy platforms in die Europese Unie te verbied oor nuwe regulasies. Die EU het regulasies strenger gemaak om groot IT-maatskappye vas te vat. Meta het daarteen beswaar gemaak met die steun van Amerika en president Donald Trump. […]

Read More

Martin Johnson vuur Leeus aan - July 25, 2025

Rugby: Die gewese Engelse ster-speler, Martin Johnson, het die Britse en Ierse Leeus aangevuur voor môre se tweede toets teen Australië in Melbourne. Johnson het Engeland gelei toe hulle die Wêreldbeker in 2003 gewen het, en was ook in 1997 kaptein van die Leeus wat ‘n reeksoorwinning oor die Springbokke behaal het. Hy het die […]

Read More

Kavango-Wes fokus op landelike ontwikkelingsprojekte - July 25, 2025

Tydens haar streeksrede het Kavango-Wes se goewerneur, Verna Sinimbo, aangekondig dat meer as 5,5 miljoen Namibiese dollar aan agt kiesafdelings toegeken is vir verskeie landelike ontwikkelingsprojekte, groenskemas ingesluit. Daarbenewens het die Kavango-streekraad 40 projekte ondersteun deur 400 bokke oor vier kiesafdelings te versprei.

Read More

Motocross brul weer op Gobabis - July 25, 2025

Die vyfde ronde van die Namibiese nasionale motocross-kampioenskap vind môre op die Gobabis-motocrossbaan plaas na die baan verlede jaar oorgesien is as gevolg van die droogte. Die gebrek aan water om die baanoppervlak tydens byeenkomste nat te maak, het die klub genoodsaak om sy verpligtinge aan ander klubs af te staan. Mark Sternagel, die heersende […]

Read More

Mynery in Goanikontes-gebied ‘sal ekologie, toerisme vernietig’ - July 25, 2025

Excel Dynamic Solutions en Omegore Mineral and Trading beplan om in die Goanikontes-gebied te myn, wat historiese terreine, belangrike toerismeroetes soos die Maanlandskappad en brose ekosisteme binne die Dorob Nasionale Park bedreig. Die gebied is die tuiste van bedreigde spesies soos die Namaqua-verkleurmannetjie, bruin hiëna en Namib-webvoetgekko, sowel as beskermde Ana-bome. Kosmos 94.1 Nuus het […]

Read More

Naute-dadelprojek ‘in chaos, niks werk’ - July 25, 2025

Die Namibiese Industriële Ontwikkelingsagentskap, Nida, sukkel voort en dinge by die Naute-dadelprojek naby Keetmanshoop is maar bedroef. Die LPM se raadslid vir die Keetmanshoop landelike kiesafdeling, Willem Labuschagne sê daar is geen snoeiskêre om die druiwe te snoei nie, die watermeters bars en lek, die pompe is buite werking. Hy het met Kosmos 94.1 Nuus […]

Read More