Hou Namcor-skuldenaars aanspreeklik vir vermorsing: Mulunga - July 25, 2025
Die Staat het sy kruis-ondervraging van Immanuel Mulunga, die voormalige besturende direkteur van Namcor, in sy borgaansoek afgehandel. Mulunga het tydens die verrigtinge in die Windhoek-laerhof gesê hy kan nie verstaan hoekom die staat hom beskryf as die brein agter beweerde korrupsie in die maatskappy nie, want dit is sonder basis. In reaksie op bewerings […]
Kern-samesprekings skop af tussen Iran en E-3 - July 25, 2025
Afvaardigings het in Iran se konsulaat in Istanbul, Turkye, aangekom vir regstreekse gesprekke tussen Iran en die sogenaamde E3-groep – Frankryk, Brittanje en Duitsland. Reuters berig dat senior diplomate gereed is om samesprekings met Iran te voer die eerste keer sedert Amerikaanse en Israelse aanvalle op Iranse kernaanlegte in Junie. Dit is daarop gemik om […]
NDP6 goed geskryf, maar onrealisties: LPM jeug - July 25, 2025
Die LPM-jeugleier, Duminga Ndala, het die NDP6-werkskeppingsteiken as onrealisties afgemaak. Sy sê die plan om 70 000 werksgeleenthede te skep, insluitend 30 000 groen werksgeleenthede, is te ambisieus. Haar kommentaar volg op die NDP6-bekendstelling deur president Netumbo Nandi-Ndaitwah. Kosmos 94.1 Nuus het met Ndala gepraat.
Geliefde luiperd herstel na operasie - July 25, 2025
Die bekende en geliefde vyfjarige jagluiperdwyfie van die Rietvlei-natuurreservaat in Pretoria, Njozi, ontvang tans gespesialiseerde sorg by die natuurlewekliniek van die Universiteit van Pretoria se Fakulteit Veeartsenykunde in Onderstepoort. Dit volg nadat tekens van kreupelheid in haar regtervoorpoot opgemerk is. X-strale het getoon dat sy vroeër twee bene in die poot gebreek het. Die spesialis […]
Thailand-Kambodja botsings bekommer VN - July 25, 2025
Die sekretaris-generaal van die Verenigde Nasies, António Guterres, het sy kommer uitgespreek oor die gewapende konflik tussen Thailand en Kambodja. Ten minste 15 mense is dood en meer as 100 000 burgerlikes is ontheem terwyl die twee lande vir ‘n tweede dag koppe stamp oor ‘n gebied bekend as die Smarag-driehoek, waar die grense van […]
MotoGP keer terug na Brasilië - July 25, 2025
Motorsport: Brasilië gaan Argentinië volgende jaar vervang op die MotoGP-wedrenrooster. Die organiseerders het aangekondig die wedren op die Ayrton Senna-baan in Goiania sal die tweede van 2026 wees. Brasilië keer daarmee terug na MotoGP nadat hy tussen 1987 en 1989 wedrenne daar aangebied het. Argentinië sal weer ‘n wedren aanbied sodra ‘n nuwe baan naby […]
NNN vra vir billike bankfooie - July 25, 2025
President Netumbo Nandi-Ndaitwah het reguleerders versoek om te verseker dat bankfooie billik en deursigtig is. Na haar mening moet verbruikers regverdig en deursigtig behandel word en dat die sentrale bank die leiding daarin moet neem.
Kleuterskool-onnie bieg sy het kêrel se kind verdrink - July 25, 2025
Die Gautengse kleuterskool-onderwyseres Amber Lee Hughes het erken dat sy haar gewese kêrel se dogtertjie verdrink het. Haar nuwe regspan het bykomende voorleggings gedoen in die Hooggeregshof in Johannesburg. Hughes het erken dat sy die vierjarige Nada-Jane Challita in 2023 verdrink het in haar huis in Glenvista, Johannesburg, na ‘n rusie oor die pa se […]
Israel moet Gaza open vir kos, medisyne: VN - July 25, 2025
Die Verenigde Nasies se agentskap vir Palestynse vlugtelinge sê volgens hom is mense in Gaza nie lewend of dood nie, maar lewende lyke. Die agentskap sê minstens 113 mense in Gaza is aan honger dood waarvan 45 die laaste vier dae was. Agentskaphoof Philippe Lazzarini sê hulle het kos en mediese voorraad wat op 6 […]
Beessiekte verkort Tour de France-skof - July 25, 2025
Fietsry: Vandag se 19de skof van die Tour de France is verkort nadat die uitbreking van ‘n aansteeklike veesiekte onder bees die owerhede gedwing het om toegang tot ‘n deel van die roete te beperk. Die opdraande deel van 129,9-kilometer van die roete tussen Albertville en La Plagne is gekanselleer om die betrokke sone te […]