NNN eis finansiële insluiting, opvoeding teen slenters - July 25, 2025

President Netumbo Nandi-Ndaitwah vra vir vinnige en besliste optrede om volgehoue tekortkominge in Namibië se finansiële sektor aan te pak, insluitend ongelyke toegang tot bankdienste, hoë bankkoste en beperkte ondersteuning vir jeuggeleide besighede. Sy sê die huidige stelsel marginaliseer groot dele van die bevolking. Nandi-Ndaitwah het verskeie strukturele hindernisse uitgelig, insluitend ‘n gebrek aan transformasie […]

Read More

BetterBond kyk na rentekoers-aankondiging volgende week - July 25, 2025

BetterBond sê laer rentekoerse kan groei in die eiendomsmark verder stimuleer. Die huisleningmaatskappy sê verbandgoedkeurings het die afgelope jaar met 13,6-persent gestyg en aansoeke met 7,4-persent. Bradd Bendall van die maatskappy sê laer rentekoerse het kopersvertroue verbeter, en ‘n moontlike rentekoersverlaging volgende week kan groei in die eiendomsmark verder stimuleer:

Read More

Trump is tevrede met Navo, Europa ooreenkoms - July 25, 2025

President Donald Trump is tevrede na sy samesprekings met Europa en Navo. Hy was nie te vinde om meer wapens aan die Oekraïne te skenk nie en sê dit het onder die Biden-administrasie 350 miljard Amerikaanse dollar beloop. Navo se befondsing het ook onder Europese lede kortgeskiet.

Read More

Dis Wêreld-verdrinkingsvoorkomingsdag - July 25, 2025

Die Nasionale Seereddingsintituut sê verdrinking bly een van die vernaamste oorsake van kindersterftes in die wêreld, met 236 000 lewens wat jaarliks verlore gaan. Met die viering van wêreld-verdrinkingsvoorkomingsdag, vra die instituut vir meer bewustheid en optrede om die tragedies te vermy. Die woordvoerder van die NSRI, Andrew Ingram, sê die instituut het alreeds meer […]

Read More

Banke vra vir N$30m in 35 aansoeke - July 25, 2025

Daar was 91 aansoeke vir verstekvonnisse in die mosiehof voor regters Nate Ndauendapo en Lotta Ambunda vanoggend. Tien was op die reël 108-rol. Kommersiële banke het 35 aansoeke gebring waarvan 20 eiendomslenings was. Die banke eis betaling van 17,5 miljoen Namibiese dollar in skuld, waarvan 5,4 miljoen dollar ‘n plaas in die Omaheke-streek is. Daar […]

Read More

Hangala is opgewonde oor NDP6 - July 25, 2025

Reaksie word steeds ontvang op die regering se planne in die sesde Nasionale Ontwikkelingsplan, NDP6. President Netumbo Nandi-Ndaitwah het klem gelê op die belangrikheid van industrialisasie om die ekonomie ‘n hupstoot te gee. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met dr. Leake Hangala, die voormalige hoof van NamPower, wat baie positief oor die plan is.

Read More

Twee kinders wat naby Outjo verdwyn, gevind - July 25, 2025

Die twee kinders wat Donderdag te voet Outjo verlaat het om na die Huab-gebied te gaan is vanoggend gevind. Die twee, ‘n dogter van 14 en seun van nege was op pad na plaas Garubib, 170 kilometer ver. ‘n Helikopter is ontplooi en Frank Stein het hulle vanoggend gevind. Hulle is moeg en honger maar, […]

Read More

Maxwell se prokureur praat oor vergadering - July 25, 2025

Amerika se adjunk-prokureur-generaal, Todd Blanche, het in Tallahassee, Florida, met wyle Jeffrey Epstein se medepligtige, Ghislaine Maxwell, vergader waar sy ʼn vonnis van 20 jaar uitdien vir sekshandel. Die vergadering volg ná openbare kritiek oor president Donald Trump se administrasie se vermeende gebrek aan deursigtigheid in verband met dokumente oor die Epstein-saak. Maxwell se prokureur, […]

Read More

Zambezi word SAOG handel spilpunt - July 25, 2025

Goedere deur die Katima Mulilo- en Ngoma-grenspos het die afgelope jaar rekordhoogtes bereik, met ’n totaal van 71 miljard Namibiese dollar se invoere en uitvoere van 20 miljard dollar. Handelsvolumes in die vorige finansiële jaar het 52 miljard dollar in invoere en 13 miljard in uitvoere beloop. Die Zambezi-streek groei as strategiese spilpunt en poort […]

Read More

Net een Gupta-huis verkoop, 40% onder markwaarde - July 25, 2025

Slegs een van die Guptas se drie Saxonwold-eiendomme is gister op ʼn veiling verkoop. Die eiendomme wat eens die middelpunt van die staatskaping-saga was, staan sedert 2018 leeg toe die Gupta-broers uit Suid-Afrika gevlug het te midde van toenemende bewerings van korrupsie. Die eiendom het 3,3 miljoen Suid-Afrikaanse rand gehaal wat 40 persent minder is […]

Read More