Droëlandproduksie in Kavango Oos het goed presteer - July 25, 2025

Tydens sy streeksrede het die goewerneur van Kavango Oos, Hamunyera Hambyuka, die sukses van die droëland-gewasproduksieprogram uitgelig en opgemerk dat baie boere by die inisiatief baat gevind het. Die program is daarop gemik om voedselproduksie te bevorder. Hambyuka het die syfers.

Read More

Vleispryse dryf SA-inflasie op - July 25, 2025

FNB se landbou-ekonoom, Paul Makube, sê vleis het die grootste invloed op voedselinflasie gehad nadat dit tot ‘n 25-maande hoogtepunt van 6,6-persent teenoor verlede jaar gestyg het, en ‘n 2,2-persent verhoging op ‘n maand-tot-maand basis. Hy sê bek-en-klouseer het ‘n ernstige tekort veroorsaak omdat vee, hoofsaaklik beeste, nie geslag kon word nie, terwyl die vroeëre […]

Read More

Frankryk sal Palestina as staat erken – Macron - July 25, 2025

Franse president Emmanuel Macron het aangekondig dat Frankryk Palestina as ‘n staat sal erken. Macron sê in ‘n plasing op X dat hy die plegtige besluit by die VN se Algemene Vergadering in September sal formaliseer en voeg by dat daar geen alternatief is nie. “Die dringende behoefte vandag is om die oorlog in Gaza […]

Read More

Tien brandbestryders dood in Turkye - July 25, 2025

Brandbestryders in Turkye en Ciprus veg teen minstens ses afsonderlike veldbrande met 10 brandbestryders wat in sentraal-Turkye dood is, te midde van ‘n versengende Mediterreense hittegolf. Verskeie dorpe en nedersettings moes as gevolg van die brande ontruim word. Die Turkse minister van Landbou en Bosbou, Ibrahim Yumakli, het gewaarsku dat sterk wind en skroeiende hitte […]

Read More

Ma van vermeende Hengari-slagoffer praat - July 25, 2025

Die ma van die vrou wat na bewering as minderjarige deur die voormalige landbouminister Mac Hengari verkrag is, sê haar dogter het jare van mishandeling verduur en ly nou aan depressie en epilepsie. Republikein berig vanoggend die meisie het glo ook drie keer selfdood probeer pleeg. Die publikasie sê hy het toegang tot ‘n verslag […]

Read More

Interpol arresteer Chinese voortvlugtige in Pretoria - July 25, 2025

Die internasionale polisie-organisasie Interpol se buro in Pretoria het ‘n 57-jarige Chinese voortvlugtige in hegtenis geneem wat betrek word by ‘n bedrogsaak in sy vaderland. Dit volg nadat ‘n rooi waarskuwing aan alle lidlande uitgereik is om die persoon op te spoor. Polisie-woordvoerder Amanda van Wyk sê hulle sal voortgaan om transnasionale misdaadsindikate af te […]

Read More

Justisie-owerhede vergader met Maxwell in Florida - July 25, 2025

Die Jeffrey Epstein lêers-skandaal wat Amerikaanse president Donald Trump en sy administrasie betrek eskaleer steeds. Adjunk-prokureur-generaal Todd Blanche het met Epstein se voormalige meisie en medepligtige Ghislaine Maxwell in Tallahassee in Florida ontmoet, het SkyNews se Amerikaanse vennoot NBC News berig. Maxwell dien tans ‘n 20-jaar vonnis vir sekshandel en ander misdade in ‘n federale […]

Read More

Abu Dhabi veiligste stad, Pietermaritzburg gevaarlikste - July 25, 2025

Abu Dhabi is vir die negende agtereenvolgende jaar amptelik aangewys as die veiligste stad ter wêreld. Dit is volgens die 2025-verslag van die globale statistiekwebwerf Numbeo. Abu Dhabi het ‘n veiligheidsindeks van 85,2 uit 100 behaal. Dit word bepaal deur die persepsie van misdaadvlakke, ‘n veiligheidsgevoel op uitstappies snags, asook kommer oor geweldsmisdaad, diefstal en […]

Read More

N/a’an ku sê se Van Vuuren gesels oor beraad, inheemse kennis en bewaring - July 25, 2025

Marlice van Vuuren, medestigter van die N/a’an ku sê-stigting, en San-senior #Oma /Kunta het Namibië verteenwoordig by die Harmony-beraad oor Inheemse Kennis en Bewaring by Koning Charles se Highgrove House in die Verenigde Koninkryk. Die beraad het Inheemse leiers en bewaringsbewustes van regoor die wêreld bymekaargebring om tradisionele kennis in volhoubaarheid te bevorder. Kosmos 94.1 […]

Read More

Plaaslike rysproduksie onder die loep - July 25, 2025

Namibië het produksiesones waar rys verbou kan word, maar belegging is dringend nodig om dit op die been te bring, volgens die Namibiese Akkerbouraad. Die raad het kommer oor die land se afhanklikheid van ingevoerde rys, met vraag wat aanhou groei. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Gilbert Mulonda, die Akkerbouraad se bestuurder van akkerbou […]

Read More