Namibië verbeter op Henley-indeks - July 25, 2025

Namibië se paspoort is tans 63ste gelys uit 199 paspoorte op Henley se jongste indeks. Die visum-vrye telling is op 79. Verlede jaar was Namibië 116de geplaas, deels omdat Brittanje sy visumregulasies vir Namibiërs verskerp het. Die regering vanjaar op 1 April visumvrye toegang vir burgers van meer as 30 lande, herroep. Suid Afrika is […]

Read More

Drie-jaar moratorium op sardyne - July 25, 2025

Die jongste kabinetsbesluite sluit in dat die totale toelaatbare sardyn-vangs van 10 000 metrieke ton vir die res van die 2025 visvang-seisoen tersyde gestel word vir regeringsdoelstellings. Die kabinet het ook ‘n drie-jaar moratorium op sardyn-vangste goedgekeur om die biomassa kans te gee om te herstel. Inligtingminister Emma Theofelus het die gedetailleerde aankondiging gemaak:

Read More

Totale ‘blackout’ dreig by SABC, oor skuld - July 25, 2025

Die uitvoerende hoof van die SABC, Nomsa Chabeli, waarsku oor ’n moontlike algehele uitsendingonderbreking weens skuld aan Sentech. Chabeli het aan die parlement gesê, Sentech kan senders afskakel, wat TV- en radio-uitsendings dwarsdeur die land kan stop. Volgens My Broadband, blameer Chabeli verouderde sakemodelle, dalende inkomste uit lisensiefooie en die ‘n gebrek aan staatsteun. Sy […]

Read More

NamWater waarsku oor nog ‘n bedrogspul - July 25, 2025

NamWater waarsku teen ‘n bedrogspul waar mense hul as beamptes van sy Verkrygingsbestuurseenheid voordoen. Hierdie swendelaars kontak verkopers en beweer dat hulle NamWater verteenwoordig, en belowe valslik die toekenning van verkrygingskontrakte in ruil vir betaling of fasiliteringsfooie. Sommige van hulle gebruik selfs die name van werklike NamWater-personeellede en deel vervalste dokumente om geloofwaardig te lyk. […]

Read More

Acsa tree op na passasier met oefenhandgranate by OR Tambo aanboord gaan - July 25, 2025

Die Lughawensmaatskappy van Suid-Afrika sê hy het onmiddellik stappe gedoen na ‘n sekuriteitsbreuk by die OR Tambo Internasionale Lughawe in Gauteng, waar ‘n passasier met twee oefenhandgranate aan boord van ‘n vlug gegaan het. Die toestelle is eers met aankoms by die Bole Internasionale Lughawe in Addis Abeba in Ethiopië ontdek. Die maatskappy blameer ‘n […]

Read More

Vyandighede tussen Thailand, Kambodja dood 12 - July 25, 2025

Internasionaal het ‘n Thaise F-16-vegvliegtuig Donderdag teikens in Kambodja gebombardeer na die twee lande artillerie-vuur uitgeruil het. Thailand sê daar was 12 sterftes in drie Thaise provinsies, waarvan 11 burgerlikes was, en 31 mense is gewond. Die aantal Kambodjaanse ongevalle is nie bekend nie, berig Reuters. Volgens die Thaise gesondheidminister, Somsak Thepsuthin, is ‘n hospitaal […]

Read More

Stoei-legende Hulk Hogan dood op 71 - July 25, 2025

Die Lughawensmaatskappy van Suid-Afrika sê hy het onmiddellik stappe gedoen na ‘n sekuriteitsbreuk by die OR Tambo Internasionale Lughawe in Gauteng, waar ‘n passasier met twee oefenhandgranate aan boord van ‘n vlug gegaan het. Die toestelle is eers met aankoms by die Bole Internasionale Lughawe in Addis Abeba in Ethiopië ontdek. Die maatskappy blameer ‘n […]

Read More

INC Ransomware-groep het Otji-munisipaliteit aangeval: NAM-CSIRT - July 24, 2025

Cran se Namibië Kuberveiligheid Insident Reaksiespan, of NAM-CSIRT, het ‘n opdatering van die kuber-aanval by die Otjiwarongo-munisipaliteit gegee. Die kwaadwillige sagteware is geïdentifiseer as INC Ransomware, sê die reaksiespan se hoof en uitvoerende hoof van Cran, Emilia Nghikembua. Die groep is baie aggressiewe en gesofistikeerde globale kubermisdadigers, wat verantwoordelik is vir duisende aanvalle op openbare […]

Read More

Metamfetamien, of tik, beskadig manlike vrugbaarheid: studie - July 24, 2025

Navorsers van die Universiteit van Wes-Kaapland het bevind metamfetamien, in Suid-Afrika algemeen bekend as tik, ernstige skade in manlike vrugbaarheid kan veroorsaak, selfs by kortstondige gebruik. Professor David Fisher het die grensverskuiwende studie gelei. Een van die navorsers in die studie, doktor Chontrelle Willemse, sê hulle het bevind die skadelike uitwerking op manlike vrugbaarheid vind […]

Read More

49 mense vermoedelik in Russiese vliegongeluk dood - July 24, 2025

Al 49 mense op ‘n Russiese Antonov An-24-vliegtuig is vermoedelik dood toe dit vandag in die ooste van die land neergestort het. Reuters berig die vliegtuig is in die Sowjet-era gebou. ‘n Helikopter-bemanning het die brandende romp op die grond gesien en reddingspanne het na die toneel gehaas. Daar was 43 passassiers aan boord, insluitend […]

Read More