Farrel maak 7 skuiwe vir Leeus teen Aus - July 24, 2025
Rugby: Die Britse en Ierse Leeus se hoofafrigter, Andy Farrell, het sewe veranderings aangebring aan die span wat Australië Saterdag pak in die tweede toets in Melbourne. Bundee Aki, Ollie Chessum en Andrew Porter is in die beginspan en vervang Sione Tuipulotu en Joe McCarthy, wat beseer is, en Ellis Genge wat bank toe skuif. […]
Redakteursforum stel nuwe Media-ombud aan - July 24, 2025
Die Redakteursforum van Namibië het dr. Sadrag Shihomeka as die nuwe Media-ombudsman aangestel. Die forum het ook agt paneellede vir die Mediaklagtekomitee benoem. Kosmos 94.1 Nuus het met Selma Ikela, sekretaris-generaal van die forum gepraat.
Fokus nou op dienste, groei: Steenhuisen - July 24, 2025
Die DA-leier John Steenhuisen sê nou dat die begroting aanvaar is, moet die fokus verskuif na dienslewering en die vinnige instelling van noodsaaklike hervormings om ekonomiese groei te ontsluit en werk te skep. Die party het ten gunste van die Toedelingswetsontwerp gestem wat in die parlement bekragtig is. Steenhuisen sê die DA het ʼn belangrike […]
China het kommer oor Kambodja-Thailand botsings - July 24, 2025
China sê hy is diep bekommerd oor die dodelike botsings tussen Kambodja en Thailand, wat ʼn dramatiese toename in die grensgeskil tussen die twee buurlande veroorsaak het. Die onmin gaan oor ʼn gebied bekend as die Smarag-driehoek waar die twee lande se grense en Laos ontmoet, en waar verskeie antieke tempels is. Die voortslepende geskil […]
Taylor Fritz gaan deur op Washingtonse Ope - July 24, 2025
Tennis: Die topgekeurde Taylor Fritz is deur na die laaste 16 op die Washingtonse Ope. Die Amerikaner het die Australiër Aleksandar Vukic geklop om sy eerste sege sedert Maart op die hardebaan te behaal. Die Rus Daniil Medvedev het die Amerikaner Reilly Opelka maklik verslaan terwyl die Australiër Alex de Minaur met Yunchaokete Bu van […]
Namcor se Imms getuig steeds - July 24, 2025
Die oud-besturende direkteur van Namcor, Immanuel Mulunga, getuig tans in sy borgaansoek en het aan die hof gesê dat hy nie vir Leo Nandago, die negende beskuldigde in die voortgesette korrupsiesaak, ken nie. Mulunga sê hy het Nandago in die hof ontmoet. Hy sê verder dat alle ooreenkomste tussen Namcor en Erongo Petroleum deur Austin, […]
SA-wetgewers keur Toedelingswetsontwerp goed - July 24, 2025
Die Nasionale Vergadering het die 2025-2026 Toedelingswetsontwerp goedgekeur. Dit is ‘n deurslaggewende stap in die nasionale begrotingsproses. Die wetsontwerp gee die regering toestemming om openbare fondse vir verskeie departemente en dienste aan te wend. Altesaam 262 parlementslede het ten gunste van die wetsontwerp gestem en 90 daarteen, insluitend die EFF en die MK-party. Die adjunkminister […]
Migrasie: Tories sal Mensregtewet buite toepassing laat - July 24, 2025
Die Britse Konserwatiewe Party se skadu-minister van binnelandse sake Matt Vickers sê hulle het ‘n plan vir onwettige immigrasie. Hy sê die party sal die Menseregtewet buite toepassing laat en almal wat onwettig aangekom het, deporteer. Die migrasiekrisis het ontaard onder die Tories se leierskap.
Curriebeker: WP het 8 Junior-Bokke - July 24, 2025
Daar is agt wêreldkampioen-Junior Springbokke in die Westelike Provinsie-groep vir die Curriebeker. Die WP begin hul veldtog Saterdag met ‘n Noord-Suid-botsing teen die Bulle in Kaapstad. Die Junior Springbok-kaptein Riley Norton is saam met sy spanmaats Xola Nyali, Wandile Mlaba, Oliver Reid, Herman Lubbe, Siya Ndlozi, Dominic Malgas en Gino Cupido in die senior groep, […]
Vanuatu verdrink, behaal sukses in Den Haag - July 24, 2025
Die Internasionale Geregshof het bevind dat lande bykomende verpligtinge het om die klimaat te beskerm en stappe te doen om klimaatskade binne en buite hul grense te voorkom. Hierdie verpligtinge spruit voort uit menseregtewetgewing, die seereg en algemene beginsels van internasionale reg. Vanuatu het ‘n sleutelrol gespeel in die aanhangigmaking van die saak. Die eiland […]