IOK spreek skerp kritiek teenoor Indonesië uit - October 23, 2025
Die Internasionale Olimpiese Komitee het Indonesië se weiering om Israelse atlete toe te laat om weens die land se militêre veldtog in Gaza aan die Wêreld-gimnastiekkampioenskap in Jakarta deel te neem, veroordeel. Die IOK sê in sy reaksie alle internasionale sportfederasies sal aangesê word om geen geleenthede of vergaderings in Indonesië aan te bied nie. […]
Een uit drie Namibiërs kan binne 30 dae toegang tot geld kry - October 23, 2025
Ongeveer 30 persent van Namibiese volwassenes maak staat op familie of vriende vir finansiële hulp in ‘n noodgeval, maar driekwart van hulle sê die geld sal baie moeilik wees om te bekom. The Brief berig Leora Klapper, hoofekonoom by die Wêreldbank, sê dat slegs een uit elke drie Namibiese volwassenes binne 30 dae toegang tot […]
DA verwelkom uitspraak oor Zuma se regskostes - October 23, 2025
Die DA sê die uitspraak teen Jacob Zuma oor sy regskoste wat deur die staat betaal word, is ʼn oorwinning vir Suid-Afrika en die beskerming van belastingbetalersgeld. Die Hooggeregshof in Pretoria het die oudpresident opdrag gegee om 28,9 miljoen Suid-Afrikaanse rand aan regskoste te betaal wat onregmatig deur die staat befonds is. Zuma moet die […]
Israel sê Geregshof se beslissing is skandelik - October 23, 2025
Israel het die Internasionale Geregshof se jongste raadgewende mening verwerp en noem dit ʼn politieke dokument. Die hof sê in sy nie-bindende mening Israel is verplig om die lewering van die Verenigde Nasies en sy instellings se humanitêre hulp in die Gaza-strook te fasiliteer. Die doel is om in die basiese behoeftes van Palestynse burgerlikes […]
Sarkozy sal polisebeskerming in die tronk kry - October 23, 2025
Twee polisielede sal die voormalige Franse president, Nicolas Sarkozy, in die tronk beskerm om te verseker dat hy nie leed aangedoen word nie. Hy het Dinsdag sy vonnis van vyf-jaar begin uitdien nadat hy skuldig bevind is aan sameswering om veldtogfondse uit Libië te bekom. Die minister van Binnelandse Sake, Laurent Nunez, het aan die […]
Gevaar-toelaes vir korrektiewe diens beamptes oorweeg - October 23, 2025
Korrektiewe beamptes doen werk wat gevaarlik kan wees, en die diens se kommissaris-generaal, Raphael Hamunyela, het in die parlement voorgestel dat hulle salarisse gevaar-toelae insluit. Die beamptes werk met gewelddadige misdadigers, en is kwesbaar weens ‘n gebrek aan personeel. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met die Korrektiewe Diens se adjunk kommissaris-generaal, Sam Shaalulange gepraat wat […]
Senzo sê hy het nie ingemeng nie - October 23, 2025
Die geskorste minister van Polisie, Senzo Mchunu, het ontken dat hy by die polisie se werk ingemeng het en het onder eed volgehou dat hy geen voorvalle van politieke inmenging kan onthou nie. Mchunu het voor die ad hoc-komitee getuig en gesê verdeeldheid binne polisieleierskap het lank voor sy aanstelling bestaan en is gewortel in […]
Persvereniging nader Israelse hof vir toegang tot Gaza - October 23, 2025
‘n Organisasie wat internasionale media afsetpunte in Israel en die Palestynse gebiede verteenwoordig, sê hulle hoop Israel se Hoogste Hof sal hul versoekskrif goedkeur wat onmiddellike toegang vir joernaliste tot Gaza eis. Die hof sal vandag ‘n versoekskrif deur die Buitelandse Persvereniging aanhoor om toegang tot Gaza te verkry. Israel se owerhede het sedert die […]
F1: Nuwelinge kry oefengeleenthede - October 23, 2025
Motorsport: Nege voltydse renjaers sal die eerste oefening vir die naweek se Formule Een Grand Prix in Mexikostad misloop as deel van die verbintenis om nuwelinge minstens twee oefen-geleenthede per seisoen te gee. Hulle sluit in die huidige wêreldkampioen, Max Verstappen van Red Bull, Lando Norris van McLaren en Lewis Hamilton van Ferrari. Die voorloper […]
SME’s kan beleggersondersteuning benut vir olie en gas - October 23, 2025
Namate Namibië nader aan ‘n finale beleggingsbesluit in groot olie- en gasprojekte beweeg, word die deelname van klein en mediumgrootte besighede in die sektor belemmer deur ‘n gebrek aan befondsing en toegang tot toerusting. Danny Meyer van SMEs Compete sê terwyl regeringsgesteunde waarborgfondse hulle kan help om toegang tot toerusting te kry en aan sertifiseringsvereistes […]