Swart swaan: Berei voor vir ontwrigting, nie stabiliteit nie - July 24, 2025

In vandag se onstabiele wêreld kan landbou nie meer op tradisie staatmaak nie, waarsku ekonoom dr. John Steytler. Hy het die opkoms van “swart swaan” uitgelig. Moderne landbou, in sy mening, moenie voorberei vir stabiliteit nie, maar vir ontwrigting. Kosmos 94.1 Nuus het met Steytler gepraat.

Read More

NamPol behaal sukses met wapens, dwelms en georganiseerde misdaad - July 24, 2025

Die Namibiese polisie het 18,2 miljoen Namibiese dollar verhaal deur die afdwinging van die Wet op die Voorkoming van Georganiseerde Misdaad tussen die 2022 en 2025 boekjare. The Brief berig dat die owerheid se jongste strategiese plan tot 2030 byvoeg dwelm-afdwingingspogings gedurende die periode gelei tot die konfiskering van onwettige stowwe ter waarde van 189 […]

Read More

SS se Jansen versigtig optimisties oor NDP6 - July 24, 2025

Verskeie kommentators is nie baie positief oor die nuut-geloodsde Sesde Nasionale Ontwikkelingsplan nie, met kritiek wat insluit dat die teikens onrealisties is. Daar word ook gesê dat die vorige vyf ontwikkelingsplanne nie veel sinvolle ontwikkeling tot gevolg gehad het nie. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Almandro Jansen, ‘n ekonoom van Simonis Storm, wat versigtig […]

Read More

Pam Bondi het vir Trump gewaarsku oor Esptein-dokumente - July 24, 2025

The Wall Street Journal berig president Donald Trump van Amerika se naam verskyn talle kere in die Departement van Justisie se lêers oor die veroordeelde pedofiel, wyle Jeffrey Epstein. Volgens die verslag het prokureur-generaal Pam Bondi Trump in Mei ingelig dat hy in die omstrede Epstein-lêers genoem word en dat die rekords kinderpornografie insluit. Dit […]

Read More

HyIron sal met Toyota Tsusho in Japan saamwerk - July 24, 2025

Die Toyota Tsusho-korporasie sal ‘n memorandum van verstandhouding met die regering en HyIron Green Technologies onderteken. Volgens The Brief sal die ooreenkoms fokus op ‘skoon’ ysterproduksie met behulp van groen waterstof. Die ondertekening sal na verwagting volgende maand by die Tokio Internasionale Konferensie oor Afrika-ontwikkeling plaasvind. James Mnyupe, hoof van Namibië se Groenaterstofprogram het dit bevestig. 

Read More

SAPD neem drie maande om verkragtingsaak te open - July 24, 2025

AfriForum het die polisie gekritiseer vir die vertraging van drie maande met die opening van ‘n verkragtingsaak van ‘n Gautengse vrou wat na bewering bedwelm en aangerand is. Die vrou het ‘n buurman vir drankies besoek en later in die Tshwane-distrikshospitaal wakker geword sonder enige herinnering van die nag. Barry Bateman van AfriForum sê ondanks […]

Read More

EU en China vergader te midde van spanning - July 24, 2025

Die Europese Unie en China hou vandag ‘n hoëvlak-beraad in Beijing te midde van spanning met lae verwagtinge vir enige konkrete bilaterale ooreenkomste. Die beraad, wat veronderstel was om ‘n tweedaagse aangeleentheid te wees, is ook vroeër vandeesmaand deur Beijing tot ‘n enkele dag se geleentheid gekondenseer. President Xi Jinping en die president van die […]

Read More

Elektroniese lynbeslissings in meer tennistoernooie - July 24, 2025

Die Internasionale Tennisfederasie het aangekondig elektroniese lynbeslissings sal in meer toernooie beskikbaar gestel word. Die stelsel sal nou as goud, silwer of brons geklassifiseer word, met goud wat by elite-kompetisies soos Grand Slam-toernooie, die WTA- en die ATP-toer, die Billie Jean King-beker en die Davisbeker ingespan word. Silwer sal op tweede vlak-kompetisies aangewend word, en […]

Read More

Lynminister kondig vordering aan in arbeidsverbetering - July 24, 2025

Arbeidsminister Wise Immanuel het vordering aangekondig in die verbetering van werkplekveiligheid deur middel van wetgewende hervormings, insluitend ‘n konsepwetsontwerp op Beroepsgesondheid en -veiligheid. Die regering werk saam met vakbonde en sosiale vennote om veiliger, meer produktiewe werkplekke te bou. Immanuel het gepraat tydens ‘n werkswinkel van die Internasionale Arbeidsorganisasie, wat ten doel het om Afrika-vakbonde […]

Read More

Sinkgate: Verklaar Centurion as rampgebied - July 24, 2025

Die Vryheidsfront Plus in Tshwane doen ‘n beroep op die metro om Centurion tot rampgebied te verklaar as gevolg van sinkgate. Daar is tans 64 sinkgate in die gebied. Die jongste het Sondag in Lyttelton voorgekom. Die sinkgate kom meestal in dolomitiese grond voor en word hoofsaaklik gevorm as gevolg van water en rioollekke. Die […]

Read More