Geskiedkundige beslissing in Den Haag oor klimaat - July 24, 2025
Die Internasionale Geregshof het beslis state het ʼn regsverpligting om op te tree teen klimaatsverandering, anders word menseregte oortree. Dit sluit die verpligting onder die Parys-verdrag in wat aardverwarming wil beperk tot 1,5-Celsius bo dié voor die nywerheidsera. Die hof het ook bevind ontwikkelende lande het die reg om skadevergoeding te eis vir die uitwerking […]
‘Michael’ in April ’26 vrygestel - July 24, 2025
Michael, die lang verwagte biografiese rolprent oor Michael Jackson, sal in April 2026 amptelik vrygestel word. Dit sou vanjaar in Oktober gebeur, maar is vertraag weens lang naproduksieprosesse en uitgebreide heropnames. Die driemalige Oscar-benoemde John Logan het dit geskryf en die regisseur is Antoine Fuqua. Die fliek handel oor die superster se reis om die […]
SAN werk hard aan sekuriteitsindustrie se nakoming, professionaliteit - July 24, 2025
Die Sekuriteitsvereniging van Namibië het onlangs verskeie versoeke gerig om die sekuriteitsektor te verbeter. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Celeste Mhunduru, die vereniging se nasionale administrateur, wat ‘n opdatering deel.
GOOD sê SA sal nie swig onder Amerikaanse druk nie - July 24, 2025
Die GOOD-party sê die regering mag nie swig onder druk van die VSA nie, selfs al is dit teen ‘n prys. Dit volg nadat die Amerikaanse Kongres ’n wetsontwerp goedgekeur het wat kan lei tot nuwe strafhandelstariewe. Die sekretaris-generaal van GOOD, Brett Herron het AfriForum en Solidariteit gekritiseer dat hulle ‘n skuif ondersteun wat Suid-Afrika […]
Israel en Oekraïne werk saam teen Iran - July 24, 2025
Israel en Oekraïne het ingestem tot strategiese onderhandeling om Iran se bedreiging teen te staan. Israel het Iran herhaaldelik beskuldig dat hy kernwapens ontwikkel, maar Iran ontken dit. Intussen val Rusland gereeld Oekraïne aan met hommeltuie wat Iran ontwerp het. Oekraïne se minister van Buitelandse Sake, Andriy Sybiha, het gister in Kiëf met sy Israelse […]
Thailand val Kambodja aan - July 24, 2025
Die Thailandse weermag het lugaanvalle op grondteikens in Kambodja begin met spanning oor die grenstwis wat uitgeloop het op gevegte waarin ten minste een burgerlike dood is. Betrekkinge tussen die twee Suid-Asiese buurlande het sedert Mei versleg toe ‘n Kambodjaanse soldaat in gevegte dood is. Die Thaise ambassade in die Kambodjaanse hoofstad Phnom Penh moedig […]
Reuse-tekort aan maatskaplike werkers - July 24, 2025
Namibië het slegs een maatskaplike werker vir elke 17 923 kinders. Dit word as reuse-struikelblok vir die lewering van tydige en doeltreffende kinderbeskermingsdienste uitgewys. Die nuwe ontwikkelingsplan, NDP6 het die versterking van kinderbeskerming as ’n nasionale sleutelprioriteit geïdentifiseer. Gedurende die beplanningsperiode is 14 059 voorvalle van geweld teen kinders aangeteken. Namibië se kinderbevolking staan op byna […]
Valke nie so goed met korrupsie soos Skerpioene nie – Zondo - July 24, 2025
Die voormalige hoofregter, Raymond Zondo, sê die vertroue in die Valke om korrupsiesake op te los het vervaag in vergelyking met die ontbinde Skerpioene. Hy het gepraat op die Suid-Afrikaanse Raad van Kerke se teenkorrupsie-konferensie in Johannesburg. Zondo sê die Valke het nie die vermoë om geregtigheid te lewer nie, en verwys na die onafgehandelde […]
Gaza-hongersnood: Israel blameer Hamas - July 24, 2025
Ten spyte van 100 hulporganisasies en 28 Europese lande wat die gebrek aan kos in Gaza uitlig en sê dat Israel hulp drupvoed, ontken Israel dit ten sterkste. Israel sê humanitêre hulp word in Gaza toegelaat en beskuldig Hamas dat hulle burgerlike lyding uitbuit. Die Israeliese regeringswoordvoerder David Mencer.
Saoediese beleggings van tot US$6 miljard vir Sirië - July 24, 2025
Saoedi-Arabië se beleggingsminister het ‘n sake-afvaardiging na Sirië gelei, waar daar van hulle verwag word om ooreenkomste ter waarde van 4 tot 6 miljard Amerikaanse dollar te teken as deel van Riaad se pogings om die land se herstel na die oorlog te ondersteun. Ongeveer 130 sakelui is deel van afvaardiging. Saoedi was ‘n belangrike […]