Huil asb., jy sal beter voel - July 24, 2025
Die Namibiese kliniese sielkundige Shaun Whittaker sê huil is ‘n gesonde emosionele verligting wat help om spanning te verminder en sielkundige genesing te bevorder. Volgens Whittaker help huil die brein om goedvoel-chemikalieë soos endorfiene en oksitosien vry te stel, wat kalmte bring en welstand verbeter. Hy vra veilige ruimtes waar mense, veral mans, hul gevoelens […]
Korrektiewe Diens boer vooruit - July 24, 2025
Die Namibiese Korrektiewe Diens se voedselproduksie vorder en die diens het tussen Mei en Junie vanjaar voedsel ter waarde van 13,9 miljoen Namibiese dollar geproduseer by die Divundu-, Oluno- en Hardap-korrektiewe fasiliteite. Kosmos 94.1 Nuus het met Sam Shaalulange, adjunkkommissaris-generaal van die diens gepraat. Korrektiewe Diens boer vooruit
Amper 16 000 nuwe Bitcoin miljoenêrs in 6 maande - July 24, 2025
Byna 16 000 Bitcoin-houers het tussen 20 Januarie en 20 Julie 2025 by die miljoenêrsklub aangesluit. Yahoo Finance berig die 15 841 nuwe toevoegings bring die totale aantal Bitcoin-miljoenêrs op 192 205 te staan, ‘n toename van 9 persent in net ses maande, en ‘n gemiddeld van 88 nuwe miljoenêrs elke dag. Die oplewing in […]
Idaho studente moorde: Kohberger kry vier maal lewenslank - July 24, 2025
Die man wat in November 2022 vier studente van die Universiteit van Idaho vermoor het, Bryan Kohberger, is tot vier keer lewenslank sonder parool gevonnis. Die 30-jarige gewese kriminologie-student het Kaylee Goncalves, Ethan Chapin, Xana Kernodle en Madison Mogen doodgesteek terwyl hulle in hul huis weg van die kampus geslaap het. Hy het skuldig gepleit […]
Spanje verslaan Duitsland, kom teen Lionesses te staan in finaal - July 24, 2025
Spanje het die agtmalige wenners Duitsland met 1-0 verslaan en die eerste keer ooit die eindstryd van die Europese Vrouekampioenskap in Switserland gehaal. Die tweemalige Ballon d’Or-wenner, Aitana Bonmati, het die wendoel in die 113de minuut aangeteken. Dis die eerste keer sedert 1997 dat Duitsland in die halfeindronde uitgeskakel word. Spanje kom Sondag in Basel […]
Nie alle huwelike voor 1990 by ministerie geregistreer nie - July 24, 2025
Die owerhede doen ‘n beroep op getroude paartjies wie se huwelike voor onafhanklikheid in die land voltrek is, om seker te maak dit is wel geregistreer. Dit is omdat ‘n groot aantal huwelikregistrasies na onafhanklikheid nie na die amptelike stelsel oorgedra is nie. Kosmos 94.1 Nuus het met die lynministerie se woordvoerder Margaret Kalo gepraat.
Selfmoord: Onderwys nie oorgesien nie - July 24, 2025
Volgens die lynministerie se jaarverslag vir 2024 het 16 onderwysers, agt mans en agt vroue, gedurende die jaar hulle lewens geneem. Die nuus kom na die selfmoord van drie onderwysers in die afgelope week in die Ohangwena-streek. Blykbaar het een onderwyser finansiële uitdagings gehad. Lynminister Sanet Steenkamp sê dit onderstreep weer die belangrikheid van geestesgesondheid, […]
Nuwe banknote, munte bekend gestel - July 24, 2025
Die Bank van Namibië het sy opgegradeerde banknootreeks bekendgestel, tesame met ‘n volledig herontwerpte nuwe Namibiese muntreeks, wat die 35 jaar bestaan van die sentrale bank herdenk. Die bank het ook ‘n 20-sent-muntstuk bekendgestel en die uitfasering van die 5-sent-muntstuk aangekondig. Die goewerneur Johannes !Gawaxab, is die opgradering meer as net esteties en is ontwikkel […]
Napwu verklaar dispuut met Nampa - July 24, 2025
Die Namibiese Openbare Werkers-unie, Napwu, het ‘n interne dispuut met Nampa verklaar oor die oorbetaling van salarisse aan personeel. Dit kom na die nuusagentskap die dubbele salarisbetalings in drie maande, tussen Maart en Mei vanjaar, van alle personeel verhaal het. Napwu het gevra vir onderhandelings in die verband en is die amptelike vakbond van die […]
NaCC sê hoogste hof sal gedrag in farmaseutiese industrie in November aanhoor - July 24, 2025
Die Namibiese Mededingingskommissie sê die hooggeregshof het 20 November vasgestel as die datum waarop die saak oor teen-mededingende gedrag in die farmaseutiese industrie verhoor sal word. Dit kom na die saak lank hangende was en die kommissie ‘n aansoek gebring het om die verhoor te vervroeg. Die kommissie het die saak teen meer as 200 […]