AfriForum verwelkom VSA-sanksies teen SA-politici - July 24, 2025
AfriForum het die goedkeuring van ‘n wetsontwerp van die Amerikaanse Huis van Verteenwoordigers se komitee verwelkom wat tot geteikende sanksies teen korrupte Suid-Afrikaanse politici kan lei. Ernst van Zyl van AfriForum sê die Hersieningswet op Amerikaans-Suid-Afrikaanse Bilaterale Betrekkinge van 2025, wat deur die kongreslid Ronny Jackson ingestel is, is daarop gemik om individue aanspreeklik te […]
Angola loods twee aflandige olieprojekte - July 24, 2025
Angola se pogings om olieproduksie te stabiliseer het Woensdag ‘n hupstoot gekry toe twee aflandige projekte begin het, wat produksie met 60 000 vate per dag sal verhoog, volgens die nasionale olie- en gasagentskap ANPG. Die aflandige CLOV-fase 3-ontwikkeling en die Begonia-projek sal elk 30 000 vate per dag produseer. Angola het sy olie- en […]
Erik Menendez is baie siek, 29 dae voor paroolverhoor - July 24, 2025
Erik Menendez is gediagnoseer met ‘n ernstige mediese toestand, het sy prokureur, Mark Geragos, aan verskeie Amerikaanse nuusorganisasies gesê. Dit kom net 29 dae voor die paroolverhoor van hom en sy broer, Lyle Menendez. Hulle is al 35 jaar in die tronk in San Diego nadat hulle hul ouers in 1989 vermoor het. Lyle is […]
Regering mik na formalisering van informele besighede - July 23, 2025
Die regering het planne aangekondig om teen 2030 950 informele ondernemings te formaliseer, vanaf ‘n basislyn van 310 in 2024, as deel van sy strewe om die land se informele ekonomie te transformeer onder die sesde nasionale ontwikkelingsplan, NDP6. Die inisiatief is daarop gemik om die mikro-, klein en medium ondernemings-sektor te versterk. Dit vorm […]
Kospryse, veral bees, druk SA inflasie op na 3% - July 23, 2025
Verbruikersprysinflasie het in Junie tot drie-persent gestyg van 2,8-persent in April en Mei. Die styging is hoofsaaklik toe te skryf aan stygende voedselpryse, met voedsel en nie-alkoholiese drankies wat ‘n 15 maande-hoogtepunt van 5,1-persent aangemeld het. Beesvleis is die grootste bydraer met kookvleispryse wat jaarliks met meer as 21-persent gestyg het. Bek- en klouseer raak […]
Canal-Plus mag Multichoice koop, brei Afrika media-landskap uit - July 23, 2025
Die Franse Canal-Plus se verkryging van MultiChoice is deur die Mededingingstribunaal goedgekeur, wat die laaste regulatoriese struikelblok oorkom. Canal-Plus se uitvoerende hoof, Maxime Saada, en MultiChoice se uitvoerende hoof, Calvo Mawela, het die besluit verwelkom as ‘n belangrike stap in die hervorming en uitbreiding van Afrika se medialandskap. Die ooreenkoms sluit sleutelverbintenisse in soos die […]
Potter kap Woodward oor ‘Wallabies se verloormentaliteit’ - July 23, 2025
Rugby: Die Wallabie-vleuel Harry Potter het die voormalige Engelse afrigter, Clive Woodward, se kritiek verwerp dat die Wallabies ‘n ‘verloormentaliteit’ het. Woodward, wat as afrigter ‘n Wêreldbeker saam met Engeland gewen het, het kaptein Harry Wilson gekritiseer omdat hy die bal uitgeskop het eerder as om ‘n troosdrie te probeer aanteken gedurende Australië se nederlaag […]
Recycle Namibia Forum juig oor e-afvalverwydering - July 23, 2025
Reaksie word ontvang op die nuus dat die kommunikasie owerheid, Cran, sy pogings versterk om veilige e-afvalverwydering in Namibië te bevorder. Die owerheid sê hy werk saam met die omgewingsministerie en Stad Windhoek in die verband. Kosmos 94.1 Nuus het met Anita Witt van die Recycle Namibia Forum gesels.
Anri Parker nuwe uitvoerende hoof van NNOK - July 23, 2025
Die Namibië Nasionale Olimpiese Komitee, NNOK, en die Statebondspele-vereniging het die ultra-bergfietsryer Anri Parker aangestel as sy nuwe hoof uitvoerende beampte, met ingang 1 September. Parker vervang die Olimpiese Komitee se sekretaris-generaal, Joan Smit, in die voltydse rol. Die Olimpiese Komitee se president, Ndeulipula Hamutumwa, beskryf die stap as ‘n oorgang van die vrywillige sekretaris-generaal […]
NNN se groenskema-statistieke verdag, ‘maar moet tot uitvoer kom’ - July 23, 2025
Al nege groenskemas onder die landbouministerie bly volgens president Netumbo Nandi-Ndaitwah operasioneel, met 3 403 hektaar tans onder verbouing om voedselsekerheid te bevorder. Sy sê dat teen Junie 2025 is 9 947 ton mielies, 300 ton aartappels en 39 ton sonneblomme geoes. Kosmos 94.1 Nuus het nog reaksie ontvang van landboukenner Wallie Roux.