Fokus in Fishrot-verhoor is nou op afhandeling - July 23, 2025

Reaksie word ontvang op die nuus dat regter Moses Chinhengo uit die Fishrot-korrupsieverhoor onttrek het, met verwysing na persoonlike redes. Dit volg op maande van mislukte onttrekkingspogings van die beskuldigdes. Adjunkhoofregter Petrus Damaseb het bevestig dat waarnemende regter Marileze du Plessis vanaf 1 Augustus 2025 sal oorneem. Kosmos 94.1 Nuus het met regsgeleerde dr. John […]

Read More

Mulunga ontken hy het N$3 miljoen Audi by Victor Malima gekry - July 23, 2025

Die voormalige besturende direkteur van Namcor, Immanuel Mulunga, het in sy borgaansoek in die Windhoek-laerhof getuig dat hy werkloos is en op sy Namcor pensioen oorleef. Hy sê dat hy die vader van tien kinders is, waarvan agt minderjarig is en steeds onder sy sorg is. Hy het ook ontken dat hy ‘n luukse Audi-voertuig […]

Read More

China, VSA se aan-af tariefgesprekke is weer aan - July 23, 2025

China sê hy sal poog om samewerking met die Verenigde State te versterk tydens volgende week se handelsgesprekke in Stockholm. Washington en Beijing het vroeër vanjaar weerwraakheffings op mekaar se uitvoere ingestel, wat handel tussen die wêreld se twee grootste ekonomieë belemmer het met toenemende spanning. Die Amerikaanse minister van Finansies, Scott Bessent, sê hy […]

Read More

PDM wil vroue, jeug in leierskap sien - July 23, 2025

Die PDM dring aan op groter betrokkenheid van vroue, die jeug en minderhede in leierskap voor die komende plaaslike owerhedeverkiesings. Tydens ‘n leierskapsopleiding wat in Otjiwarongo gehou is, sê die sekretaris-generaal, Manuel Ngaringombe, dat partystrukture deelname en diens moet bevorder, en nie eiebelang nie.

Read More

VF Plus boos oor Stad Kaapstad tariefverhogings - July 23, 2025

Die VF Plus sê hy sal alle pogings ondersteun om die Stad Kaapstad se buitensporige tariefverhogings om te keer. Die Suid-Afrikaanse Vereniging van Eiendomseienaars het ‘n dringende hofaansoek ingedien om drie tariewe tersyde te stel. Dis die skoonmaakkoste en vaste water- en sanitasiekoste, wat aan die waarde van ‘n eiendom gekoppel is. Pieter Jansen van […]

Read More

Pokémon kry eerste temapark in Japan - July 23, 2025

Die uiters gewilde Pokémon-franchise gaan sy eerste permanente temapark in die lente van 2026 in die Japanse hoofstad, Tokio, open. Die Pokémon-maatskappy, ‘n filiaal van die Japannese spelreus Nintendo, het die aankondiging gedoen. Japan het die afgelope maande ‘n rekordgetal besoekers verwelkom, wat die vraag na toeriste-aantreklikhede verhoog het, insluitend ‘n “Making of Harry Potter”-rolprentateljee-park […]

Read More

Rassie nooi 3 Junior Bokke na Springbok-oefeninge - July 23, 2025

Rugby: Springbokafrigter Rassie Erasmus het drie spelers van die seëvierende Junior Springbokspan genooi om saam met die groep van 37 spelers vir die eerste twee Rugbykampioenskapswedstryde teen Australië te oefen. Die Baba-Bokke het pas Wêreldrugby se Onder 20-kampioenskap gewen. Bathobele Hlekani, Cheswill Jooste en Haashim Pead sal by die senior groep aansluit vir die voorbereidingskamp […]

Read More

Namibië by SAOG-vergadering in Tanzanië - July 23, 2025

Namibië neem deel aan die 27ste Gewone Vergadering van die SAOG Ministeriële Komitee van die Orgaan oor Politiek, Verdediging en Sekuriteitsamewerking, in Dar es Salaam, Tanzanië. Die Minister van Internasionale Betrekkinge en Handel, Selma Ashipala-Musavyi, lei die afvaardiging, vergesel deur verdedigingminister Frans Kapofi. Ambassadeur Jerobeam Shaanika, adjunk-uitvoerende direkteur in die internasionale betrekkinge-ministerie, het meer.

Read More

Eskom klaar verwarring oor Koeberg-geskille op - July 23, 2025

Eskom sê twee kontraktuele geskille met Framatome, die kontrakteur wat die stoomopwekker by die Koeberg-kernkragaanleg moet vervang, word deur prosesse hanteer waarop ooreengekom is. Die Wes-Kaapse Hooggeregshof het die kragverskaffer opdrag gegee om die Franse kernenergie-maatskappy sowat 1 miljard Suid-Afrikaanse rand te betaal oor die staking van werk in 2022 om drie stoomopwekkers by Koeberg […]

Read More

Obama verwerp Trump se bewerings oor staatsgeep-pogings - July 23, 2025

Die Amerikaanse oudpresident, Barack Obama, het president Donald Trump se beskuldigings verwerp dat hy ‘n staatsgreep wou reël ná Trump se eerste verkiesingsoorwinning in 2016. Trump beweer Obama wou sy oorwinning oor Hillary Clinton ondermyn deur bewyse van Russiese inmenging te versin. Obama sê hy skenk gewoonlik nie aandag aan die gedurige onsin en waninligting […]

Read More