Sinner stel afgedankte fiksheidsafrigter weer aan - July 23, 2025

Tennis: Die wêreld-nommer-een, Jannik Sinner, het weer sy vorige fiksheidsafrigter, Umberto Ferrara, aangestel wat hy verlede jaar afgedank het nadat hy positief getoets het vir die gebruik van ‘n opkikker. Sinner het sedert die onthulling van sy positiewe toetse vir die anaboliese steroïed clostebol volgehou hy is onskuldig en hy het die skuld vierkantig op […]

Read More

Zambezi bedank China vir skole - July 23, 2025

Die goewerneur van Zambezi, Dorothy Kabula, het vandag haar streeksrede gelewer. Sy het China se steun vir onderwys in die streek geprys en die voltooiing van twee nuwe skole en akkommodasiefasiliteite uitgelig. Kabula sê die tipe projekte sal verder ontwikkel word.

Read More

Verslag oor ad hoc-komitee om Mkhwanazi se bewerings te ondersoek, aanvaar - July 23, 2025

Die parlementêre portefeuljekomitees oor die Polisie en Justisie en Grondwetlike Ontwikkeling het ‘n konsepverslag aanvaar oor die versoek om bewerings deur die KwaZulu-Natalse polisiekommissaris, Nhlanhla Mkhwanazi, te ondersoek. Die verslag beveel aan dat die Nasionale Vergadering ‘n ad hoc-komitee stig om na die bewerings te kyk. Mkhwanazi het bewerings gemaak van korrupsie, politieke inmenging en […]

Read More

Trump onderteken ooreenkoms met Japan - July 23, 2025

President Donald Trump sê Amerika het ʼn handelsooreenkoms met Japan bereik en beskryf dit as die grootste ooit. ʼn Tarief van 15-persent sal op Japannese invoere gehef word, wat beter is as die 25-persent wat die president van 1 Augustus af wou instel. Trump sê Japan sal ook sy markte oopstel vir Amerikaanse produkte soos […]

Read More

Katar wil 2036 Spele aanbied - July 23, 2025

Katar toon belangstelling om die Somer- en Paralimpiese Spele in 2036 aan te bied. Die land se Olimpiese Komitee bespreek tans die verkiesingsproses met die Internasionale Olimpiese Komitee, en sê hulle wil die potensiaal van die Arabiese jeug op die wêreldverhoog tentoonstel nadat hulle in 2022 die Wêreldbeker-sokkertoernooi aangebied het. Sky Sports berig dat die […]

Read More

Weermag verduidelik helikopter by Mej. Namibië - July 23, 2025

Die herrie het losgebars met die aankoms van die Ondonga koningin-gemaal Adelheid Nangolo, wat ook die beskermheer is van die Mej. Namibië skoonheidskompetisie, en die uitvoerende hoof daarvan, Umbi Karuaihe-Upi, by die kroningsaand op Ongwediva, in ‘n weermag-helikopter. Die verdedigingsministerie sê daar is niks vreemds daaraan nie en sê die ondersteuning deel vorm van hul […]

Read More

Ekonoom kyk kritiek na vervaardigingsteikens in NDP6 - July 23, 2025

Die hoë teikens, beperkte tydraamwerk en onvermoë om werklik suksesse in die verlede te bereik met vorige ontwikkelingsplanne, wek kommer oor ND6, veral met werkskepping in vervaardiging wat teen 2030, 70 000 moet bereik. Cirrus-ekonoom Robert McGregor het met Kosmos 94.1 Nuus oor die uitdaging gesels. McGregor voeg by dat die stadige verloop van beleid […]

Read More

Afrika-perdesiekte: Beperkings in sommige gebiede opgehef - July 23, 2025

Die landbouministerie se veeartsenydiens het alle beperkings vir die beweging van perde en donkies rakende Afrika-perdesiekte is vir Otjinene, Windhoek, Okahandja, Omaruru, Gobabis en Mariental opgehef. Die diens sê verder dat perderesies kan hervat mits die diere teen die siekte ingeënt is. Verder mag geen perde van lande waar die siekte aktief is, ingevoer word […]

Read More

Regering moet beter bestee vir ekonomiese stabiliteit – AfDB - July 23, 2025

Namibië benodig groter hervormings in kapitaalmobilisering en doeltreffende regeringsbesteding om die land se makro-ekonomiese stabiliteit te verseker. Die Afrika Ontwikkelingsbank het vandeesweek sy fokusverslag oor Namibië vrygestel en sê hoewel daar tekens van verbetering is, staar die land steeds hoë fiskale risiko’s en strukturele ondoeltreffendhede in die gesig. Kosmos 94.1 Nuus het met die plaaslike […]

Read More

Namcor: Imms sê Enercon het met filiaal sake gedoen - July 23, 2025

Namcor se oud-besturende direkteur, Immanuel Mulunga, getuig vandag in die uitgerekte borgaansoek in die Windhoek-laerhof. Hy sê Namcor het geen direkte sakeverhouding met Enercon, die maatskappy wat deur die Elindi-broers besit word, gehad het nie en dat die maatskappy met ‘n Namcor-filiaal Namcor Petroleum Trading and Distribution, gewerk het en dat die ooreenkoms bestaan het […]

Read More