Amper N$3 miljard kort vir Whk se paaie - July 23, 2025
Stad Windhoek sedert 2020 ‘n agterstand van bykans 2,7 miljard Namibiese dollar in die instandhouding van paaie opgebou weens voortdurende onderbefondsing. Daar word beaam dat die stad rondom 384 miljoen dollar jaarliks benodig om sy padnetwerk in stand te hou. Kosmos 94.1 Nuus het met die woordvoerder van die Stad, Lydia Amutenya, gepraat.
Portugal ondersteun Marokko-plan vir Wes-Sahara - July 23, 2025
Portugal het by ander Westerse lande aangesluit om ‘n positiewe siening uit te spreek oor Marokko se outonomievoorstel vir die betwiste Wes-Sahara-streek. Die dispuut, wat terugdateer na 1975, plaas Marokko – wat soewereiniteit oor Wes-Sahara eis – teenoor die Algerië-gesteunde Polisario Front, wat ‘n onafhanklike staat daar nastreef. Marokko se plan sal ‘n plaaslike wetgewende, […]
China waarsku oor kragonderbrekings met hittegolf - July 23, 2025
Chinese owerhede waarsku teen die risiko van kragonderbrekings, aangesien mense gesukkel het om koel te bly in rekordhitte wat groot dele van die land teister. Kragvoorsiening ly terwyl die vraag styg en verlede week vir die eerste keer 1,5 miljard kilowatt oorskry het. Sedert middel Maart is die aantal dae waar temperature 35 grade Celsius […]
Nigerië gooi Banyana uit in Marokko - July 23, 2025
Die verdedigende kampioene, Banyana Banyana, het ʼn 2-1-nederlaag teen Nigerië gely by die Afrikabeker-vrouetoernooi in Marokko. Rasheedat Ajibade het in die eerste helfte die Super Falcons met ʼn strafskop ʼn voorsprong gegee. Linda Motlhalo van Suid-Afrika het die telling in die tweede helfte gelykop gemaak, maar Michelle Alozie het in ekstra tyd vir die wendoel […]
Sankwasa gee Katima tot Vrydag - July 23, 2025
Die minister van stedelike en landelike ontwikkeling, James Sankwasa, het die raadslede van die Katima Mulilo-stadsraad tot Vrydag gegee om redes te verskaf oor waarom hulle nie geskors of afgedank moet word nie. New Era berig hy is in besit van die brief, gedateer 22 Julie. Dit volg op sy amptelike besoek aan die raad, […]
Jhb se hoofsweep moet ondersoek word vir bande met konstruksiemafia - July 23, 2025
Die DA eis dat die hoofsweep van die Stad Johannesburg, Sithembiso Zungu, onmiddellik bedank hangende ‘n interne ondersoek na bewerings dat hy bande met die stad se konstruksiemafia het. Die party sê Zungu word betrek by die oponthoud met ‘n opknappingsprojek van 135 miljoen Suid-Afrikaanse rand by ‘n skool. Hy het skynbaar fasiliteringsfooie daarvoor geëis. […]
‘Die dood klop aan elke deur in Gaza’ - July 23, 2025
Ten minste 15 Palestyne, insluitend vier kinders, het in ‘n enkele dag in die beleërde Gazastrook van honger omgekom wat die totale aantal sterftes weens wanvoeding sedert Israel se oorlog begin het op 101 te staan bring. Intussen word gemiddeld 119 daagliks by voedselverspreidingspunte doodgeskiet. Die VN se sekretaris-generaal Antonio Guterres het by die Veiligheidsraad […]
Aussie-alge-opbloei ‘n natuurramp - July 23, 2025
‘n Alge-opbloei het die Suid-Australiese kuslyn groen verkleur en tot groot seelewe-vrektes gelei. Die premier van Suid-Australië, Peter Malinauskas, sê die verskynsel is ‘n natuurramp wat volgens wet as sodanig verklaar moet word. Die alge-opbloei kom natuurlik voor, maar word veroorsaak deur die verwarming van die oseane, see-hittegolwe en die besoedeling van voedingsbronne in die […]
Mensehandelsaak van Zambezi-vrou tot Oktober uitgestel - July 23, 2025
Die Zambezi-vrou wat daarvan aangekla is dat sy ‘n 11-jarige Zambiese meisie onder dwang na haar huis in Katima Mulilo geneem het om te werk, sal weer op 1 Oktober in die hof op die dorp verskyn. Bwezila Sitobohile, 35, is borg van 5 000 Namibiese dollar toegestaan en haar medebeskuldigde Sakufeka Kutepa, 10 000 […]
MK verwerp Begrotingswetsontwerp - July 23, 2025
Die MK-party sê die afdanking van die voormalige minister van Hoër Onderwys en Opleiding, Nobuhle Nkabane, was ‘n strategiese skuif deur president Cyril Ramaphosa om die ondersteuning van die DA te kry voor vandag se stemming oor die Begrotingswetsontwerp. Die party voer aan Nkabane was net ‘n offer, terwyl die dieper korrupsie binne die regering […]