Israel se aanval op Teheran-tronk is misdaad - July 23, 2025
Amnestie Internasionaal sê die Israelse weermag se doelbewuste lugaanvalle op Teheran se Evin-tronk tydens verlede maand se 12-dae-oorlog moet as oorlogsmisdaad ondersoek word. Minstens 79 mense is volgens berigte dood en dele van die administratiewe gebou is vernietig. Die Evin-tronk is vir politieke gevangenes en buitelandse burgers. Amnestie Internasionaal sê onder internasionale humanitêre wette is […]
Namdeb dra by tot toerisme op Oranjemund - July 23, 2025
Tydens sy streeksrede het die Karas-goewerneur Dawid Gertze, melding gemaak van Namdeb se nuwe kunssentrum in Oranjemund. Volgens Gertze sal die sentrum bydra tot die streek se groeiende toerismebedryf.
Ombud vestig kantoor in Kavango Oos - July 23, 2025
Die Kantoor van die Ombudsman is amptelik in die Kavango-Oos-streek gevestig. Hierdie inisiatief vervul die kantoor se mandaat om die welstand van Namibiese burgers te beskerm. Kosmos 94.1 Nuus het met Ombudsman Basilius Dyakugha gepraat.
Buurland se LP’s stem oor begroting vandag - July 23, 2025
Die Parlement sal vandag oor die Begrotingswetsontwerp stem, wat ‘n belangrike stap is in die afhandeling van die nasionale begroting. Dit volg op talle debatte oor departementele besteding die afgelope klompie weke. Die wetsontwerp bepaal hoe openbare fondse aan verskeie regeringsdepartemente toegewys sal word. Die woordvoerder van die Parlement, Moloto Mothapo, sê die Nasionale Vergadering […]
Toesmeerdery in loodvergiftiging by Chinese kleuterskool - July 23, 2025
Talle provinsiale beamptes en hospitaalpersoneel het probeer om ‘n loodvergiftigingsaak toe te smeer by die Peixin-kleuterskool wat honderde kinders in die noordweste van China siek gemaak en woede uitgelok het. ‘n Amptelike ondersoek het gevind dat beamptes met die bloedtoetse van kinders gepeuter het. Kokke het oneetbare verf gebruik om die voorkoms van maaltye te […]
Ryderbeker keer terug na Spanje in 2031 - July 23, 2025
Die Ryderbeker keer in 2031 terug na Spanje. Die organiseerders het aangekondig dat Camiral Golf and Wellness, naby Girona in Catalonia, die 48ste weergawe van die tweejaarlikse kompetisie tussen Europa en die VSA sal aanbied. Spanje het die Ryderbeker by Valderrama in Andalusia in 1997 aangebied, toe Europa die oorwinning onder die kapteinskap van Seve […]
Namcor se Imms begin vandag is borgaansoek getuig - July 23, 2025
Die verdedigingsadvokaat Sisa Namandje het sy saak in die borgaansoek van Malakia Elindi, sy vrou Lydia, en broer Peter Elindi, wat beskuldig word van bedrog, geldwassery en ander aanklagte in verband met die Namcor-Enercon saak, afgesluit. Namcor se voormalige besturende direkteur, Immanuel Mulunga, wat ook geïmpliseer word, sal na verwagting vandag begin getuig in sy […]
FlySafair se loodse vra meer familietyd - July 23, 2025
Die vakbond Solidariteit sê FlySafair-vlieëniers vra voor vandag se mediasiegesprekke, vir beter werksomstandighede en meer tyd met hulle gesinne. Die dispuut is nou voor die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie en probeer om die voortgesette uitsluiting op te los. Voorstelle sluit in gewaarborgde afnaweke, skofruil-moontlikhede , en vergoeding wanneer daar op rusdae gewerk word. […]
Amerikaanse justisie soek vergadering met Ghislaine Maxwell - July 23, 2025
Die Amerikaanse justisiedepartement gaan met Ghislaine Maxwell, die medepligtige van die seksoortreder Jeffrey Epstein, vergader te midde van pogings deur die Trump-administrasie om ‘n debakel oor die hantering van die saak te verhoed. Maxwell, ‘n Britse sosiale vlinder, dien 20 jaar tronkstraf uit nadat sy skuldig bevind is aan sekshandel met minderjariges namens Epstein. Hy […]
Britse Lionesses haal eindstryd - July 23, 2025
Die verdedigende kampioen in die Europese Vroue-kampioenskap, Engeland, het na die eindstryd deurgedring toe hulle Italië in Switserland met 2-1 geklop het. Italië het lank voorgeloop ná ‘n doel deur Barbara Bonansea, maar ‘n laat doel deur Michelle Agyemang het hulle ná ekstra tyd gelyk-op geplaas. Die plaasvervanger Chloe Kelly het die beslissende doel in […]