Handel in ietermagô’s neem toe, 2024 syfers bekend - July 23, 2025

Owerhede het in 2024 beslag gelê op 50 ietermagô’s, beide lewende diere en velle, saam met 312 skubbe wat vermoedelik van ten minste een ander ietermagô afkomstig is. Hierdie beduidende inhegtenisneming beklemtoon die voortdurende bedreiging vir een van die wêreld se mees gesmokkelde soogdiere, aangesien stropers steeds ietermagôs teiken vir hul hoogs gesogte skubbe en […]

Read More

Skerp kritiek teenoor NDP6 - July 23, 2025

Die politieke ontleder dr. Henning Melber het gereageer op NDP6. Hy sê foutiewe assesserings en beloftes is gemaak en die wat die plan opgestel het moet berispe word vir die skadelike beeld van die staatshoof wat geskep is. Hy sê die president vier ’n inklusiewe ontwikkelingsagenda om die middelinkomste lokval vry te spring maar meen […]

Read More

Recon boor Kavango Wes 1X-put - July 23, 2025

ReconAfrica sê boorwerk aan sy Kavango Wes 1X-put sal voor die einde van die maand begin. Die maatskappy sê die boorinstallasie is veilig op die perseel en alle nodige permitte is bekom. Finale boorinstallasie-montering en veiligheidskontroles is onderweg. Die put sal na verwagting ‘n totale diepte van ongeveer 3 800 meter bereik. Dit is die […]

Read More

Geen klagtes in Zené Grobbelaar-saak gebring nie - July 23, 2025

Die saak van die sogenaamde ontvoering van die 16-jarige Zené Grobbelaar is gesluit. Kosmos 94.1 Nuus het met adjunkkommmissaris Kauna Shikwambi, NamPol-woordvoerder gepraat.

Read More

Coca-Cola sal Trump se voorkeur Coke in VSA vervaardig - July 23, 2025

Die Coca-Cola-maatskappy gaan ‘n weergawe van sy kenmerkende drankie bekendstel wat met Amerikaanse rietsuiker gemaak is na druk van president Donald Trump. Die Amerikaanse weergawe word gewoonlik met mieliestroop versoet, terwyl rietsuiker in ander lande, insluitend Mexiko, gebruik word. Dit is die “Mexikaanse Coke” wat Trump verkies, en hy het Coca-Cola aangemoedig om die rietsuiker-weergawe […]

Read More

Plan vir toenemende, toksiese e-afval - July 23, 2025

Die kommunikasie owerheid, Cran, versterk sy pogings om veilige e-afvalverwydering in Namibië te bevorder. Die owerheid sê hy werk saam met die omgewingsministerie en Stad Windhoek in die verband. Jairus Kapenda, kommunikasiebestuurder by Cran het meer.

Read More

SANW is onderbefonds, DRK ontplooiing lê probleme bloot - July 23, 2025

Die African Transformation Movement sê die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag is onderbefonds en is nie voorbereid om toenemende bedreigings teen te staan nie. Die party sê die ontplooiing na die Demokratiese Republiek die Kongo het die gevare daarvan blootgelê om swak toegeruste soldate na konflikgebiede te stuur. Hy waarsku teen groeiende bedreigings soos misdaad, terrorisme en […]

Read More

Hongersnood vat pos in Gaza - July 23, 2025

Die direkteur van Gaza se Shifa-hospitaal sê 21 kinders is die afgelope 72-uur regoor die gebied dood weens wanvoeding en hongersnood. Dokter Mohammed Abu Salmiya sê 900 000 kinders in Gaza ly honger. Die hoof van die VN se agentskap vir Palestynse vlugtelinge het vroeër gesê dokters raak flou weens honger, terwyl minstens duisend mense […]

Read More

Rock-legende Osbourne sterf - July 23, 2025

Huldeblyke stroom in vir Ozzy Osbourne, die voorsanger van die baanbrekende heavy metal-groep Black Sabbath, wat op 76-jarige ouderdom in Brittanje oorlede is. Black Sabbath het sy broer verloor, sê die groep se medestigter Tony Iommi, terwyl baskitaarspeler Terence “Geezer” Butler hul laaste optrede onthou het. Osbourne se dood kom net weke na die groep […]

Read More

LPM sê Sankwasa misbruik sy mag - July 22, 2025

Tydens ‘n LPM-perskonferensie het die party se operasionele sekretaris, Dawid Eigub, die stedelike en landelike ontwikkeling-minister, James Sankwasa, daarvan beskuldig dat hy sy magte misbruik en die wet verdraai om mag te neem wat nie aan hom behoort nie. Eigub het kommer uitgelig oor ministeriële oorskryding en beweerde finansiële wanbestuur in plaaslike regering.

Read More