Aartbiskop Makgoba veroodeel dood van Palestyne - July 22, 2025

Die Anglikaanse aartsbiskop van Kaapstad, Thabo Makgoba, veroordeel die dood van Palestyne by hulpverspreidingspunte in Gaza. Volgens berigte het Israelse soldate die afgelope maande meer as 800 Palestyne by verspreidingspunte doodgeskiet. Die Verenigde Nasies sê die meeste sterftes was naby hulpsentrums wat deur Amerika en die Israels-gesteunde Gaza-humanitêre stigting bestuur word. Makgoba sê dit moet […]

Read More

Deportasiebeskerming vir Afghane en Kameroense burgers verwyder in VSA - July 22, 2025

‘n Appèlhof in die VSA het beslis dat die Trump-administrasie ‘n program kan beëindig wat tydelike deportasiebeskerming aan meer as 10 000 mense uit Afghanistan en Kameroen bied. Die status laat mense toe om in die VSA te bly en te werk as hul tuislande as onveilig beskou word. Ongeveer 11 700 Afghane en 5 […]

Read More

NNN sê oor CAF-stadions vir NDP6 - July 22, 2025

En in plaaslike sportnuus het president Netumbo Nandi-Ndaitwah sport as een van die pilare van die sesde Nasionale Ontwikkelingsplan daargestel. Daar is verskeie projekte in die regering se visier, sowel as die bou van sogenaamde Konfederasie van Afrikasokker, of CAF-stadions en die opknapping van die Onafhanklikheidstadion na CAF-standaarde.

Read More

Vergadering oor voorsiening van biomassa vir Otjikoto - July 22, 2025

NamPower en sy implementeringsvennote nooi belanghebbendes na betrokkenheid-sessies oor die voorgestelde Opkomende Brandstofvoorsieningstrategie vir die 40 megawatt Otjikoto-biomassakragstasie wat by Tsumeb ontwikkel word. Die projek sal indringerbos vir brandstof gebruik. Die kragstasie sal sowat 70 000 ton biomassa van kleinskaalse voorsieners per jaar benodig en sowat 160 000 ton van grootskaalse voorsieners. Die sessies sal […]

Read More

Enercon-sage kan baie skadelik vir Namcor wees - July 22, 2025

Die kenner in Afrika-aangeleenthede, professor Nixon Kariithi sê daar moet uiters versigtig omgegaan word met ooreenkomste waar buitelandse maatskappye in besigheid met plaaslike entiteite moet tree vir hulpbron ontginning. Dit kom na die Namcor-Enercon skandaal. Namcor moet volgens wet, ten minste 10 persent aandeelhouding in elke eksplorasie lisensie ontvang en tans lyk korporatiewe bestuur nie […]

Read More

Walvis-polisie vind N$21 100 se dagga, 29-jarige vas - July 22, 2025

Die polisie op Walvisbaai sê inligting is ontvang van ‘n lid van die publiek oor ‘n dwelmsmous in Tutaleni. ‘n Operasie is geloods en geheime polisie is ontplooi. Skunk-dagga ter waarde van net meer as 21 000 Namibiese dollar is op die perseel gevind en ‘n 29-jarige Namibiese man is in hegtenis geneem. Hy sal […]

Read More

Karas-goewerneur gesels oor (groter) Neckartal-projek - July 22, 2025

Tydens sy streeksrede het Karas-goewerneur, Dawid Gertze, melding gemaak van die ontwikkeling van die nou langverwagte Neckartaldam-groenskema. Hy sê vordering word gemaak. Daar sal 12 000 hektaar ontwikkel word met tot 11 000 werkgesleenthede wat geskep sal word. Terwyl die omskepping van die gebied uiters duur en uitdagend sal wees sê Gertze die inisiatief is […]

Read More

Mense is toe slimmer as KI - July 22, 2025

Mense het skeppende modelle van Kunsmatige Intelligensie deur Google en Open-A-I uitoorlê op ‘n internasionale wiskundekompetisie in Queensland, Australië. Nie een van die modelle kon volpunte behaal op die Internasionale Wiskunde-olimpiade nie, terwyl vyf jongmense dit wel kon doen op die jaarlikse kompetisie vir deelnemers jonger as 20. Google sê ‘n gevorderde weergawe van sy […]

Read More

Namcor distansieer homself van roof by vulstasie - July 22, 2025

Namcor het homself gedistansieer van die roof by die Namcor-vulstasie in Otjomuise Maandagoggend. Die gewapende rowers het weggekom met twee twee kaste kontant en niemand is beseer nie. Namcor se woordvoerder, Utaara Hoveka. Namcor blyk om ‘n voorkeur vir distansieer te hê. Hy het homself ook van die Enercon-skandaal gedistansieer en sê die betrokkenes is […]

Read More

Nersa verleng benoemingstydperk vir elektrisiteitsmark-forum - July 22, 2025

Die Nasionale Energiereguleerder het die benoemingstydperk vir die elektrisiteitsmark-raadgewende forum tot die 31ste van hierdie maand uitgestel. Woordvoerder Poppie Mahlangu sê die reguleerder het in April die vestiging van ‘n afdeling vyf-forum ingevolge die Wet op Elektrisiteitsregulering goedgekeur. Mahlangu sê die forum sal die reguleerder raadgee oor verskeie aangeleenthede wat betrekking het op die vestiging […]

Read More