Datum vir Jagersfontein-hofsaak in Januarie bepaal - October 23, 2025
Die laerhof in Jagersfontein sal op 14 Januarie 2026 die datum bepaal vir die hoërhofverhoor rakende die 2022 Jagersfontein- myn se slikdam-ramp by die uitskotbergingsaanleg in die Vrystaat. Die siviele regsgeding is aanhangig gemaak deur 26 slagoffers en die Kopanong Plaaslike Munisipaliteit. Vyf beskuldigdes staan tereg op aanklagte van moord, skade aan eiendom en gesondheids- […]
Navo se Rutte gesels na Trump-vergadering - October 23, 2025
Navo se sekretaris-generaal Mark Rutte het Woensdag met Amerikaanse president Donald Trump in Washington vergader oor pogings om ‘n skietstilstand in Oekraïne te bewerkstellig. Verslaggewers het hom na die vergadering gevra of sy besoek aan Washington beteken dat Trump se onlangse vergadering met Oekraïnse president Volodymyr Zelensky ‘n mislukking was. Rutte het dit ten sterkste […]
Louvre se kameras het nie boewe betyds opgespoor nie - October 23, 2025
Die Louvre se geslotekring-kameras het nie daarin geslaag om inbrekers betyds op te spoor om hul gewaagde roof van sommige van Frankryk se Kroonjuwele te voorkom nie. Die diewe het Sondag by die wêreldbekende Paryse museum ingebreek deur ‘n hyskraan te gebruik om ‘n boonste venster stukkend te slaan, en toe juwele ter waarde van […]
Profeet se behandeling lei tot seun, 12, in intensiewe sorg - October 23, 2025
‘n Saak van poging tot moord en ‘n klag onder die wet op gesondheidsberoepe is teen ‘n tradisionele heler en profeet in Kavango Wes gemaak en owerhede ondersoek sy kerk. Plaaslike media berig dat die profeet, wie se kerk pasiënte op die perseel hou en behandel, ‘n 12-jarige seun in intensiewe sorg geplaas het na […]
Rise sê leë poste lei tot hoër misdaad - October 23, 2025
Rise Mzansi sê die minister van Polisie, Senzo Mchunu se besluit om die vul van poste by Misdaadintelligensie te staak, het die Suid-Afrikaanse Polisiediens se vermoë verswak om misdaad te bekamp. Makashule Gana van die party sê die bevriesing het 18 poste geraak, insluitend senior bestuurders en sosiale media-spesialiste, in sleutelprovinsies soos KwaZulu-Natal, die Oos-Kaap […]
Israel moet Unrwa bystaan – Geregshof - October 23, 2025
Die Internasionale Geregshof sê Israel het ʼn verpligting om seker te maak daar word voldoen aan burgerlikes in Gaza se behoeftes. Dit kom na die hof in ʼn raadgewende mening verklaar die Verenigde Nasies se agentskap vir Palestynse vlugtelinge het nie reëls oor onpartydigheid oortree nie en Israel moet die agentskap se hulppogings ondersteun. Regter […]
Gibson-Park sê wedstryd teen All Blacks is ‘broederlike wedywering’ - October 23, 2025
Ierland se Nieu-Seeland-gebore skrumskakel, Jamison Gibson-Park, beskryf volgende naweek se toets teen die All Blacks in Chicago in die VSA as broederlike wedywering. Hy het in 2019 gekwalifiseer om Ierland te verteenwoordig nadat hy drie seisoene vir Leinster gespeel het, en het sedertdien sy aangenome land in 43 toetse verteenwoordig. Gibson-Park sê hy wil altyd […]
Steenkamp praat leerders moed in - October 23, 2025
Die jaareind-eksamens het begin, en onderwysminister Sanet Steenkamp versoek leerders om gefokus en gedissiplineerd te bly. Sy beklemtoon die harde werk en opofferings wat deur die akademiese jaar gemaak is. Sy moedig leerders aan om trots te wees op hul pogings en hul studies met vasberadenheid te benader. Steenkamp het met Kosmos 94.1 Nuus gesels […]
Verkiesings: Opposisie staan nie sterk nie - October 23, 2025
In 2024 was daar ‘n wêreldwye afname in ondersteuning vir partye wat vir jare die meeste stemme getrek het. Plaaslik het Swapo ook net 53 persent van die stemme in die algemene verkiesing gewen. Met die streek- en plaaslike owerheidsverksiesings op 26 November wonder politieke ontleders en ondersteuners wat vanjaar gaan gebeur, want opposisiepartye is […]
Namdia-verdagtes weer in die hof vandag - October 23, 2025
Joel Angula en Sam Shololo, twee van die beskuldigdes in verband met die noodlottige Namdia-rooftog op 18 Januarie, sal na verwagting weer vanoggend in die Windhoek-landdroshof verskyn. Dit kom na hulle verskyning op 4 Augustus. Die staat het toe aan die hof gesê dat sommige getuieverklarings nog uitstaande is en dat ondersoeke steeds aan die […]