Regstappe teen apteke oor prysvasstelling – NaCC - July 22, 2025
Die Namibiese Mededingingskommissie beplan regstappe teen meer as 200 apteke wat glo medisynepryse onderling vasgestel en kliënte te veel laat betaal het. Volgens die kommissie is die apteke lede van die Farmaseutiese Vereniging van Namibië, wat ‘n verpligte reël het dat medisynepryse met 50 persent opgemerk moet word. Daar is al in 2023 met die […]
Die regering moet meer realisties wees – ekonoom - July 22, 2025
Reaksie word ontvang op die Namibiese Beleggings- en Ontwikkelingsraad se uitvoerende hoof, Nangula Uaandja, wat beraam dat meer as 200 miljard Namibiese dollar benodig word om 800 000 werksgeleenthede teen 2030, volgens Swapo se manifes te skep. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met dr. Omu Kakujaha-Matundu, van Unam se departement ekonomie, wat sê daar moet […]
Studente-dorp: Vatbaarheidstudie word hersien - July 22, 2025
‘n Regeringsgesteunde studente akkommodasie projek, ter waarde van net meer as ‘n miljard Namibiese dollar vorder. Die projek is daarop gemik om sowat 3 000 studente in 11 residensiële blokke van drie tot vier verdiepings te huisves, en is bedoel om die tekorte in die hoofstad aan te spreek. Die beplande studentedorp sal ontwikkel word […]
BoN sê nee vir IMF oor eiendomsdeposito’s - July 22, 2025
Die Bank van Namibië sê hy gaan nie op hierdie stadium wegdoen met die regulasie dat eerste-keer huiseienaars nie ‘n deposito betaal wanneer hulle huislenings aangaan nie. Dit kom na die Internasionale Monetêre Fonds aanbeveel het dat die sentrale bank die praktyk staak, want dit sal banke teen toekomstige nie-presterende lenings beskerm. Kosmos 94.1 Nuus […]
Broodkewers bedreig 100 000 eeu-oue boeke - July 22, 2025
Tienduisende eeue oue boeke word van die rakke van ‘n Middeleeuse abdy in Hongarye gehaal in ‘n poging om hulle te red van ‘n kewerbesmetting. Die 1 000 jaar oue Pannonhalma Aartsabdy is ‘n uitgestrekte Benediktynse klooster wat een van Hongarye se oudste leersentrums en ‘n Unesco-wêrelderfenisgebied is. Restourasiewerkers verwyder ongeveer 100 000 boeke in […]
Akkerbouraad wil rysproduksie bevorder - July 22, 2025
Die Namibiese Akkerbouraad het kommer uitgespreek oor die land se groeiende afhanklikheid van ingevoerde rys en waarsku dat die huidige situasie nasionale voedselsekerheid bedreig. Volgens die raad is daar dringende belegging in binnelandse verbouing nodig. Volgens die raad se 2025 Markintelligensieverslag produseer Namibië minder as 150 ton rys jaarliks, terwyl die gemiddelde verbruik tussen 2019 […]
Reaksie op koalisie van 25 wat Israel veroordeel - July 22, 2025
Reaksie word ontvang op die nuus dat die Verenigde Koninkryk en 24 ander lande het ‘n beroep gedoen op die onmiddellike einde aan die oorlog in Gaza, waar hulle sê dat die lyding van burgerlikes nuwe dieptes bereik het. ‘n Gesamentlike verklaring veroordeel wat dit noem die drupvoeding van hulp en die onmenslike dood van […]
Rekords oor Luther King se sluipmoord vrygestel - July 22, 2025
Die Amerikaanse president, Donald Trump, se administrasie het meer as 200 000 bladsye met inligting oor die sluipmoord op die menseregte-aktivis Martin Luther King Junior vrygestel. Hy is op 4 April 1968 op 39-jarige leeftyd in Memphis doodgeskiet. Die rekords wat sedert 1977 volgens ʼn hofbevel verseël is, sluit FBI-lêers en leidrade in wat ná […]
Knysna-olifant ‘n bron van Tuinroete-trots - July 22, 2025
Suid-Afrikaanse Nasionale Parke sê die Knysna-olifant, wat op ‘n plaas in die Knysna-woud opgemerk is, het opwinding en trots regoor die Tuinroete en elders veroorsaak. SANParke se woordvoerder, JP Louw, sê hulle hou haar al lank met versteekte kameras dop, wat haar teenwoordigheid elke paar weke vasvang sonder om haar natuurlike gedrag te versteur:
Vakbondleier meer opgewonde oor olie self, as produksie - July 22, 2025
Reaksie word ontvang op berigte dat Shell hom daartoe verbind het om van eksplorasie na olieproduksie in Namibië oor te skakel. Die regering het reeds ‘n geruime tyd gesprekke met buurlande gevoer oor ‘n moontlike raffinadery. Die tipe produksie sal stroomaf werksgeleenthede bied en Kosmos 94.1 Nuus het met die sekretaris-generaal van die Nasionale Unie […]