Ramaphosa sal Afrika-ontwikkelingskonferensie in Japan bywoon - July 22, 2025
Die Presidensie het aangekondig president Cyril Ramaphosa gaan volgende maand die negende Internasionale Konferensie oor Afrika-ontwikkeling in Yokohama, Japan, bywoon. Die tema vanjaar is, Mense, die Planeet en Voorspoed in ‘n Veranderende Wêreld, en dit word bygewoon deur meer as 20 Afrika-leiers, internasionale finansiële instellings en bilaterale vennote, insluitend G7, G20, BRICS en filantropiese organisasies. […]
Graham sê aan Putin alles het verander - July 22, 2025
Die Republikeinse senator Lindsay Graham het tydens ‘n onderhoud met Fox News ‘n waarskuwing aan president Vladimir Putin gerig… President Donald Trump het ‘n week gelede Rusland 50 dae gegee om die oorlog te beëindig of sekondêre sanksies te verwag.
Dawson opgeroep teen Indië - July 22, 2025
Engeland het die draaibalbouler, Liam Dawson, vir die vierde toets teen Indië opgeroep as plaasvervanger vir die beseerde Shoaib Bashir. Dit sal die 35-jarige se eerste toets sedert Julie 2017 wees. Jofra Archer is ook in die span, na die oorwinning op Lord’s, terwyl Brydon Carse, Chris Woakes en kaptein Ben Stokes nog meer naatopsies […]
NNN sê dit gaan beter in die staatsdiens - July 22, 2025
President Netumbo Nandi-Ndaitwah het na die NDP6 van stapel gestuur is, ook ‘n oorsig van haar administrasie sedert dit ingewy is gegee. Sy sê daar’s ‘n nuwe kultuur in die staatsdiens en ministers sal hierdie maand hul prestasieooreenkomste onderteken.
Honde-eenheid moet prioriteit geniet met dwelms en bende - July 22, 2025
Die DA kritiseer die SAPD dat hy sy honde-eenheid eenkant toe geskuif het terwyl bende- en dwelmgeweld op die Kaapse Vlakte vererger. Nicholas Gotsell van die DA het onthul daar is slegs een aktiewe dwelmsnuffelhond in Kaapstad, met ses medies-gekeurde honde wat op opleiding wag, maar met geen opleidingskursusse wat beplan word nie. Hy sê […]
Kameroen: 81 kandidate wil meeding vir presidensie - July 22, 2025
Dis ‘n rekordgetal: 81 kandidate het aansoek gedoen om in die Kameroense presidensiële verkiesings wat vir Oktober vanjaar vasgestel is, deel te neem. Onder die hoopvolles is baie herhalers. Dit kom na die 92-jarige Paul Biya ook aangekondig het hy staan weer. Die kandidate word oorheers deur mans met net sewe vroue wat wil meeding. […]
25 lande vra skietstilstand, sat vir Gaza-sterftes - July 22, 2025
Altesaam 25 lande, insluitend Brittanje, Frankryk, Kanada en Japan, het die moord op burgerlikes en kinders wat kos en water in Gaza soek, veroordeel. Meer as 800 Palestyne is dood terwyl hulle hulp gesoek het, met die meeste sterftes naby hulpsentrums wat bestuur word deur die VSA- en Israel-gesteunde Gaza Humanitarian Foundation. In ‘n verklaring […]
LPM eis antwoorde oor N$77m in Keetmans - July 22, 2025
Die Landless People’s Movement eis antwoorde by Swapo oor die verlies van 77 miljoen Namibiese dollar by die Keetmanshoop-munisipaliteit in die 2020 en die 2021 boekjare. Die ouditeur-generaal het ook ‘n nadelige opinie uitgespreek teenoor die owerheid en sê na die finansiële wanbestuur is die munisipaliteit tegnies bankrot. Die LPM sê sy raadslede het reuse […]
DA verwelkom afdanking van Nkabane - July 22, 2025
Die DA sê die afdanking van die minister van Hoër Onderwys en Opleiding, Nobuhle Nkabane, volg ná volgehoue druk in die stryd teen die ANC se korrupsie, wandade en misdadigheid. Daar was oproepe dat sy bedank te midde van bewerings dat sy die Parlement mislei het oor die onafhanklikheid van die paneel wat aanbevelings moes […]
WGO eis beskerming vir sy personeel in Gaza - July 22, 2025
Die Wêreldgesondheidsorganisasie sê Israel se weermag het Maandag sy personeel se woning en hoofpakhuis in Deir al-Balah, Gaza, aangeval. Die weermag het die perseel binnegegaan en vroue en kinders gedwing om te voet na Al-Mawasi te gaan. Hy sê manlike personeel en gesinslede moes hulle klere uittrek, is geboei, ondervra en gesif. Twee personeellede en […]