Liverpool het sy visier op Ekitike - July 22, 2025
Liverpool het sy visier nou op die doelskieter van Eintracht Frankfurt, Hugo Ekitike, vir 1,6 miljard Namibiese dollar, na berigte dat Alexander Isak van Newcastle nie te koop is nie. Onsekerheid oor Darwin Nunez se toekoms by Anfield maak die saak meer dringend met The Liverpool Echo wat berig dat die klub oop is vir […]
Stamspanning vlam op by Otjinene - July 22, 2025
Stamspanning het op Otjinene in Omaheke opgevlam. Lede van die Ovaherero informele handelaars by die nedersetting se mark het die stalletjies van Owambo en Ovazemba handelaars brand gesteek. Volgens wat berig word is dit na ‘n 29-jarige Ovaherero man, Tjijandjeua Herunga, Vrydag dood is na ‘n bakleiery met vyf Owambo mans. Hy is volgens ooggetuies […]
FlySafair vertraag onderhandelings – Solidariteit - July 22, 2025
Die vakverbond Solidariteit sê FlySafair sleep hulle voete om die arbeidsgeskil met sy vlieëniers op te los, terwyl hulle voortgaan om die voortgesette uitsluiting te minimaliseer. Die vakbond kritiseer die lugredery dat hulle nie met dringend betrokke raak nie, ten spyte van toenemende reisonderbrekings en passasiersfrustrasie. Helgard Cronjé van Solidariteit sê onderhandelings sal eers Woensdag […]
Colombiaan skuldig aan gru-dubbele moord in Londen - July 22, 2025
Yostin Andres Mosquera, 35, is skuldig bevind aan die moord op twee mans in Londen, wat hy onthoof en uitmekaar gesny het voordat hy hul liggaamsdele in twee tasse na die Clifton-hangbrug in Bristol geneem het. Die Woolwich-kroonhof het gehoor Mosquera, ‘n Colombiaan, het Albert Alfonso, 62, en Paul Longworth, 71, op 8 Julie 2024 […]
‘Theo’ van The Cosby Show verdrink - July 22, 2025
Die akteur Malcolm-Jamal Warner, veral bekend vir sy rol as Theodore Huxtable in die gewilde 1980’s sitcom, The Cosby Show, is in die ouderdom van 54 jaar oorlede. Hy was na wat berig word op ‘n gesinsvakansie in Costa Rica toe hy verdrink het toe hy gaan swem en in ‘n sterk stroom beland het. […]
Demensie-gevalle kan teen 2050 verdriedubbel - July 22, 2025
Die Neurologiese Vereniging van Suid-Afrika sê meer as 40 persent van demensiegevalle kan voorkom word deur gevare soos hoë bloeddruk, vetsug en maatskaplike afsondering te bestuur. Dit is vandag Wêreld-breindag, en die vereniging waarsku demensie neem vinnig toe in Afrika suid van die Sahara en sal na verwagting teen 2050 verdriedubbel. Patty Francis van die […]
NDP6: NNN mik hoog, baie hoog - July 22, 2025
President Netumbo Nandi-Ndaitwah het die sesde Nasionale Ontwikkelingsplan, NDP6, in Windhoek geloods en gesê die plan kan werk en kan afgehandel word. Sy sê haar kantoor het ‘n soliede fondasie gelê maar baie werk lê nog voor, en die NDP6 is die padkaart wat gevolg moet word. Sy het ‘n beroep gedoen op alle Namibiërs, […]
Damme: 5,6 miljoen kubiek in een week benut - July 22, 2025
Die jongste dambulletin toon dat amper 5,6 miljoen kubiek in die afgelope week uit die land se damme onttrek is. In die sentrale gebied is 1,1 miljoen kubiek onttrek en bronne staan op 78,4 persent. Meer as 1,8 miljoen kubiek is uit Hardap onttrek en die dam is tans 69,9 persent vol. In die Suide […]
Hengari sê sy beweerde ‘slagoffer’ moet agter tralies wees - July 22, 2025
Voormalige landbouminister Mac Hengari en sy medebeskuldigde, se borgtog-aansoek in die Windhoek laerhof duur voort. Hengari het Maandag onder kruisondervraging deur die Staat gesê dis nie hy wat agter tralies moet wees nie, maar die vrou wat hy na bewering verkrag het. Hy het aangevoer dat sy in die tronk moet wees omdat sy hom gebel […]
Sauma gesels oor 23 aansoeke vir hernuwing van sertifikate vir eksplorasie - July 22, 2025
Sauma sê 23 omgewingsklaringsertifikate moet hernu word vir uraan-eksplorasie in die Stampriet akwifer, en vra die publiek en rolspelers om skriftelik beswaar te maak daarteen. Watermonsters wat tussen 2021 en 2023 geneem is wys dat daar reeds verhoogde vlakke van radioaktiewe besoedeling in die grondwater in verskeie boorgate is. Kosmos 94.1 Nuus het met Wolfi […]