Chinhengo onttrek van Fishrot-saak, sê dis persoonlik - July 22, 2025
Regter Moses Chinhengo, wat tot op hede die Fishrot-hofsaak behartig het, het homself weens persoonlike redes onttrek. Regter-president Petrus Damaseb het aangekondig dat hy waarnemende regter Marilize du Plessis aangestel het om die saak, wat geskeduleer is om op 4 Augustus te begin, aan te hoor. Verskeie aansoeke is deur van die beskuldigdes gebring om […]
BKS: Landelike slaghuise moet aandag kry, meen minister - July 22, 2025
Die regering beplan om in plattelandse slagpale en dieregesondheidsnavorsing te belê om siektebeheer te bevorder en die vee-ekonomie te versterk. Die minister van Landbou, John Steenhuisen, het die aankondiging gedoen op die bek-en-klouseer-indaba in Roodeplaat, Pretoria, waar hy die verouderde reaksiestelsels en vertragings in entstofvervaardiging gekritiseer het. Hy sê die nuwe beleggings in plattelandse slagpale […]
Koalisie van 25 veroordeel Israel - July 22, 2025
Israel het aansienlike lugaanvalle en ‘n grondoperasie in Deir al-Balah in Gaza geloods, wat die belangrikste spilpunt vir humanitêre pogings teiken te midde van dringende waarskuwings oor hongersnood in die strook. Die Verenigde Koninkryk en 24 ander lande het ‘n skerp kritiese brief uitgereik wat die Israeliese weermag se dood van honderde Palestyne die afgelope […]
Rusland spog met hommeltuig-aanleg - July 22, 2025
Rusland het wat hy die grootste hommeltuigfabriek ter wêreld noem ten toon gestel toe hy seldsame beeldmateriaal uitgesaai het van binne ‘n aanleg waar sy dodelike aanvals-hommeltuie aanmekaargesit word. Die hommeltuie, wat daagliks op Oekraïne afgevuur word, is op Zvezda uitgesaai, ‘n TV-kanaal wat aan die Russiese ministerie van Verdediging behoort. Dit wys hoe werkers […]
Staat se salarisrol is onvolhoubaar - July 21, 2025
President Netumbo Nandi-Ndaitwah het die produktiwiteit van die staatsdiens tydens haar eerste amptelike boodskap aan staatsamptenare Vrydag bevraagteken en gesê sy wonder of dit werklik nodig is dat soveel oortyd geëis word. Nandi-Ndaitwah het gesê die regering verkeer onder begrotingsdruk en dat die staat se jaarlikse salarisrol van sowat 35 miljard Namibiese dollar vir meer […]
Ses moorde oor die naweek aangeteken - July 21, 2025
Ses mense is die naweek in verskillende voorvalle in die land vermoor. In die Okahao-kiesafdeling is ‘n 64-jarige vrou Vrydag buite ‘n cuca-winkel dood ná ‘n jong man haar glo sonder rede met ‘n bierkrat oor die kop geslaan het. Op Rehoboth is ‘n man Saterdag dood ná hy en ‘n vriend in ‘n bakleiery […]
SA se bouregulasies moet dringend hersien word - July 21, 2025
Die minister van Openbare Werke en Infrastruktuur, Dean Macpherson, sê die instorting van die gebou in George wat 34 lewens geëis en meer as 28 mense beseer het, maak die hersiening van alle nasionale bouregulasies noodsaaklik. Hy sê sy departement, die Ingenieursraad van Suid-Afrika, en die Raad vir die Geboude Omgewing is gesamentlik verbind tot […]
Superman bly bo in VSA - July 21, 2025
Die nuwe Superman-fliek was vir die tweede agtereenvolgende naweek die Noord-Amerikaanse lokettreffer. David Corenswet vertolk die rol van Superman en Rachel Brosnahan is Lois Lane. Universal se Jurassic World Rebirth is steeds in die tweede plek, met Sony se I Know What You Did Last Summer in sy eerste naweek op nommer drie. Nog ‘n […]
Osire-vlugteling brand dood - July 21, 2025
‘n Vrou in die Osire-vlugtelingkamp het Sondagoggend vermoedelik aan brandwonde beswyk toe sy probeer het om haarself by ‘n tuisgemaakte stoof te stoom en die kombers waarmee sy haar kop en bolyf bedek het, aan die brand geslaan het. Haar tienjarige seun het haar krete gehoor en die vuur met water geblus. Die vrou het […]
Hupstoot vir noordelike beesboere - July 21, 2025
Die regering het amptelik vyf 30-ton-vragmotors met sleepwaens en vyf draagbare laaibanke ter waarde van 20,68 miljoen Namibiese dollar in die noordelike kommunale gebiede oorhandig, onder die EU-befondsde Veeondersteuningsprogram. Die toerusting, wat nou deur Meatco bestuur word, is om die vervoerkoste van vee na slagpale en kwarantyngeriewe te verminder. Die vragmotors bedien slagpale in Katima […]