Konstruksiewerkers is ‘vervangbare komponente’ - July 21, 2025

Die vakbond Giwusa sê Suid-Afrika benodig ‘n konstruksiebedryf wat ingestel is op sosiale behoeftes en nie op korporatiewe winsbejag nie. Die leier van Giwusa, Mametlwe Sebei, sê die Raad vir die Geboude Omgewing se bevindings met die instorting van die gebou in George waar 34 mense dood en 28 beseer is, bevestig wat werkers elke […]

Read More

Japan se Ishiba weier om te bedank - July 21, 2025

Japan se eerste minister, Shigeru Ishiba, sê hy het geen planne om te bedank nie, ondanks sy koalisieparty wat in die taai verkiesing sy meerderheid in die hoërhuis verloor het. Sy Liberale Demokratiese Party en koalisievennoot Komeito het 50 setels benodig om die hoërhuis met 248 setels te verseker, in ‘n verkiesing waarin die helfte […]

Read More

Vrou vas vir mensehandel, verskyn vandag - July 21, 2025

‘n Namibiese vrou verskyn vandag op ‘n klag van mensehandel in die hof op Katima Mulilo. Sy is Vrydag in hegtenis geneem ná klagtes dat sy ‘n 11-jarige meisie van Zambië mishandel het. Die kind werk glo sedert Februarie vanjaar vir die verdagte. Sy sou haar glo 500 Namibiese dollar per maand betaal het, maar […]

Read More

DA kritiseer SASSA se gebrek aan deernis - July 21, 2025

Die DA in die Wes-Kaap veroordeel SASSA se toelaaghersieningsproses en noem dit ‘n gebrek aan deernis wat kwesbare inwoners benadeel. Partywoordvoerder, Wendy Kaizer-Philander, sê bejaardes en werklose begunstigdes word aangesê om ‘n maand later terug te kom vir hersienings, al het hulle die regte dokumentasie verskaf. Sy vra SASSA om persoonlike verifikasies op te skort, […]

Read More

WFP kritiseer Gaza-skietery - July 21, 2025

Die Wêreldvoedselprogram sê geweld teen burgerlikes wat hulp soek is onaanvaarbaar. Volgens berigte het die Israelse weermag gister 67 mense doodgeskiet terwyl hulle in die noorde van Gaza op hulpvragmotors van die Verenigde Nasies gewag het. Die voedselprogram sê die voorval het plaasgevind ten spyte van Israelse owerhede se versekering dat humanitêre operasies sal verbeter […]

Read More

Marquez maak geskiedenis in Tsjeggië - July 21, 2025

Die sesmalige MotoGP-kampioen, Marc Marquez, het met sy sege by die Tsjeggiese Grand Prix die eerste Ducati-renjaer geword wat vyf agtereenvolgende hoofwedrenne wen. Marco Bezzecchi van Aprilia Racing is tweede en Pedro Acosta van Red Bull KTM Factory Racing is derde. Marquez het sy kampioenskapsvoorsprong bo sy teenstander en jonger broer, Alex, tot 120 punte […]

Read More

Vulstasie in hoofstad beroof - July 21, 2025

‘n Gewapende kontant transito-roof het rondom ses-uur vanoggend in die hoofstad plaasgevind. Twee gewapende mans het die Namcor-vulstasie in Otjomuise bestorm en weggekom met twee kaste kontant. Terwyl die hoeveelheid geld wat gesteel is nie bekend gemaak is nie, meen kenners dit kan enigiets van 100 000 Namibiese dollar en meer wees. Skote is afgevuur […]

Read More

Staking sal nie FlySafair se skedule ontwrig nie - July 21, 2025

FlySafair het passasiers verseker daar sal geen vlugonderbrekings wees wanneer vlieëniers, wat hoofsaaklik deur Solidariteit verteenwoordig word, vandag begin staak nie. Die lugredery se finale meerjarige loonaanbod sluit ʼn salarisverhoging van 5,7-persent in asook bykomende aanpassings aan die vergoedingspakket. Solidariteit eis egter ʼn salarisverhoging van 10,5-persent vir 2025/2026. FlySafair se hoofbemarkingsbeampte, Kirby Gordon, het aan […]

Read More

IDF brand los in Gaza, 67 dood, 150 beseer - July 21, 2025

Ten minste 67 mense is gister in Israelse geweervuur in Gaza dood terwyl hulle gewag het op VN-hulpvragmotors deur die noordelike Zikim-kruising. Meer as 150 mense is gewond, sommige kritiek. Nog ses mense is in Khan Younis dood, ook terwyl hulle op hulp gewag het. Die Israelse weermag sê hulle het waarskuwingskote afgevuur om mense […]

Read More

Scheffler palm vierde major-titel in - July 21, 2025

Die wêreld-nommer-een, Scottie Scheffler, het die 153ste Ope-kampioenskap by Royal Portrush in Noord-Ierland gewen en daarmee sy vierde major-titel opgeraap. Die Amerikaner het met vier houe geseëvier ná ʼn finale ronde van 68 om op 17 onder baansyfer te eindig. Sy landgenoot, Harris English, is tweede op 13 onder en Chris Gotterup op 12 is […]

Read More