Ondersteun CAPU, help veeartsrekening betaal - July 21, 2025
Die Civilian Animal Protection Unit hou ’n gelukstrekking om hul veeartsrekening van meer as 200 000 Namibiese dollar te help betaal. Deur deel te neem, staan jy ’n kans om een van vyf naweek-wegbreekpryse in Namibië te wen. Die trekking vind plaas op 6 September. Belangstellendes kan CAPU se Facebook-blad besoek. Kosmos 94.1 Nuus het […]
Zhong Mei ontvang kontrak sonder tender en voor impakstudie voltooi is - July 21, 2025
Die Chinese konstruksiefirma, Zhong Mei Engineering Group, is as die hoofkontrakteur vir die 1,3 miljard Namibiese dollar padprojek tussen Khorixas en Kamanjab. Die pad word tot teer opgegradeer. Volgens die Tender Bulletin is die toekenning deur die Paaie-owerheid gedoen sonder ‘n tenderproses en, voor die omgewingsimpak studie voltooi is. Die owerheid blyk om ‘n voorkeur […]
Erongo se toerismesektor herstel goed - July 21, 2025
Die herstelplan vir Namibië se toerismesektor na Covid is suksesvol in Erongo in werking gestel, sê streeksgoewerneur Natalia /Goagoses. Sy sê die toerismesektor toon ‘n beduidende oplewing ná die wêreldwye insinking wat deur die pandemie veroorsaak is. Kamerbesetting in Namibië deur plaaslike, streek- en internasionale toeriste het tot 60 persent gestyg.
Meisie raak geskiet tydens ouers se bakleiery - July 21, 2025
‘n 18-jarige meisie is in die Katutura-staatshositaal ná sy die naweek in Windhoek tydens ‘n bakleiery tussen haar ouers in die been geskiet is. Beide haar ouers is in die bakleiery dood – een is geskiet en die ander het selfdood gepleeg. Haar sesjarige boetie was ook in die huis ten tyde van die voorval. […]
Impak van Trump se tariewe gering - July 21, 2025
Namibië se uraan, diamante en ander belangrike uitvoere na die VSA staar hoë tariewe in die gesig onder nuwe handelsmaatreëls wat deur president Donald Trump aangekondig is. Terwyl Namibië se landbouprodukte tans beskerm word onder die Wet op Groei en Geleenthede in Afrika, neem kommer toe oor die toekoms van breër handelsbetrekkinge. Kosmos 94.1 Nuus […]
Toegang tot elektrisiteit is nie ‘n luuksheid nie - July 21, 2025
Die adjunk-eerste minister en energie-minister, Natangwe Ithete, het amptelik die Stad Windhoek se elektrifiseringsprojek in werking gestel. Hy het ‘n elektrisiteitsmeter by ‘n nuut gekoppelde huishouding in Okatunda in die Tobias Hainyeko-kiesafdeling aangeskakel. Hy het ook by die geleentheid gepraat oor die krag-uitdagings.
SAPD moet spesiale operasies loods teen massamoord - July 21, 2025
The Soil of Africa burgerlike beweging doen ‘n beroep op regering en die ministerie van Polisie om die ontplooiing van taktiese en intelligensie-gedrewe operasies in gebiede wat as massamoord-brandpunte in die land geïdentifiseer is. Vyf mense is die naweek dood en drie gewond, in ‘n aanval op ‘n shebeen, Vrydag in die Shoba informele nedersetting. […]
Oorstromings in Suid-Korea dood 14 - July 21, 2025
Ten minste 14 mense is dood in vloede en grondstortings na dae van gietende reën in Suid-Korea. Die land se rampbeheerkantoor sê hulle vrees die dodetal kan styg terwyl reddingspogings voortduur, met 12 mense wat as vermis aangegee is. Byna 10 000 mense is regdeur die streek uit hulle huise ontruim nadat die reën Woensdag […]
Proteas dring deur tot finaal in Harare - July 21, 2025
Suid-Afrika het Zimbabwe met sewe paaltjies getroef en deurgedring tot die eindstryd van die drieledige reeks in Harare. Brian Bennett het 61 lopies aangeteken met die gashere wat beperk is tot 144 vir ses in hul 20 boulbeurte, en Corbin Bosch wat twee paaltjies geneem het. In antwoord het Rubin Hermann se 63 en kaptein […]
Windhoek kry kragprojek - July 20, 2025
Die adjunk-eerste minister en energie-minister, Natangwe Ithete, het amptelik die Stad Windhoek se elektrifiseringsprojek in werking gestel. Hy het ‘n elektrisiteitsmeter by ‘n nuut gekoppelde huishouding in Okatunda in die Tobias Hainyeko-kiesafdeling aangeskakel. Hy het ook by die geleentheid gepraat oor die krag-uitdagings.