FlySafair sal van Maandag af vlieëniers uitsluit - July 20, 2025

Solidariteit sê vlugte van FlySafair kan vir twee weke ontwrig word omdat die maatskappy sy vlieëniers vanaf Maandag gaan uitsluit. Dit volg nadat omtrent 90 persent van die vlieëniers ten gunste van ‘n staking gestem het. Die vakbond het FlySafair in kennis gestel van ‘n eendag-staking, maar FlySafair het reageer met ‘n kennisgewing dat vlieëniers […]

Read More

Polisiehond wat aan Koningin Elizabeth se begrafnis deelgeneem het, dood in motorongeluk - July 20, 2025

‘n Polisiehond wat aan Koningin Elizabeth II se begrafnis deelgeneem het, is in ‘n motorongeluk dood. Polisiehond Bert, ‘n vyf jaar oue spanjoel verbonde aan die Cleveland-polisie, was een van twee honde in ‘n ondersteuningsvoertuig toe dit met ‘n ander motor gebots het. Albei diere is na ‘n veearts geneem, maar weens die erns van […]

Read More

Rugby: Wallabies swig voor Leeus se vroeë dominansie in eerste toets - July 20, 2025

Die Britse en Ierse Leeus loop 1-0 voor in die reeks van drie toetse na ‘n grootliks dominante vertoning met ‘n 27-19 oorwinning voor 52 000 toeskouers by ‘n stamvol Suncorp Stadion in Brisbane. Die Leeus was te sterk in alle fassette van die spel met drie drieë binne die eerste 41 minute en moes […]

Read More

Krag in informele nedersettings kan CoW finansiële hupstoot gee - July 20, 2025

Die koppeling van informele nedersettings in en om die hoofstad aan die elektrisiteitsnetwerk kan inkomste van sowat 70 miljoen Namibiese dollar jaarliks vir die Windhoekse Munisipaliteit genereer. Dié geld kan weer in noodsaaklike dienste herbelê word, sê Obrien Hekandjo, die munisipaliteit se strategiese hoof van elektrisiteit. Sowat 54 000 informele huishoudings is na raming tans in […]

Read More

SA stel ietermago-ooreenkoms bekend - July 20, 2025

Die minister van bosbou, visserye en die omgewing, Dion George, het die Ietermago-ooreenkoms Wildsmisdaad-bewustheidsveldtog as ‘n G20-erfenisprojek van stapel gestuur. Hy sê die projek is daarop gemik om bewustheid te skep oor wildsmisdade en hoe Suid-Afrika en ander G20-lande die onwettige handel in wild, insluitend perlemoen, ietermagogs, renosters en leeus, bekamp. George sê hierdie projek […]

Read More

Hof beveel Bolsonaro om enkelband te dra - July 20, 2025

‘n Hof het Brasilië se voormalige president Jair Bolsonaro gelas om ‘n enkelband te dra en hom aan ‘n aandklokreël te onderwerp uit vrees dat hy tydens sy verhoor kan vlug. Bolsonaro word beskuldig dat hy ‘n staatsgreep beplan het om president Luiz Inacio Lula da Silva in 2023 te verhoed om sy amp te […]

Read More

Gholf: Scheffler domineer en loop vier houe voor by die Britse Ope - July 20, 2025

Scottie Scheffler het Saterdag nader aan sy eerste Britse Ope titel beweeg en ’n voorsprong van vier houe opgebou voor vandag se laaste ronde by Royal Portrush. Die wêreld nommer-een het ‘n gemaklike derde ronde van vier-onder baansyfer, 67 aangeteken, en is nou 14 onder baansyfer vir die toernooi. Scheffler het nou ‘n vierde major-titel […]

Read More

Namibië kán in eie kragbehoeftes voorsien - July 20, 2025

Namibië het die potensiaal om teen 2025 self in al sy elektrisiteitsbehoeftes te kan voorsien, mits energie-ontwikkeling behoorlik beplan en deur beleidshervorming ondersteun word, sê ‘n plaaslike kenner in hernieubare energie. Jean Basson van die Vereniging van die Hernieubare Energiebedryf in Namibië, het die afgelope week aan ‘n parlementêre komitee gesê vyf tot tien grootskaalse […]

Read More

ANC skerm vir polisieminister - July 20, 2025

Die sekretaris-generaal van die ANC, Fikile Mbalula, sê die minister van Polisie, Senzo Mchunu, is nie deur enige hof in die land skuldig bevind of aangekla nie. Mchunu is op verpligte verlof geplaas na verdoemende korrupsie-aansprake oor kriminele aktiwiteite binne die polisie deur die KwaZulu-Natalse provinsiale polisiekommissaris, Nhlahla Mkhwanazi. Mabulula sê Suid-Afrikaners moet die prosesse […]

Read More

Hongkong staal hulself teen tifoon Wipha - July 20, 2025

Hongkong het vanoggend sy hoogste stormwaarskuwing uitgereik nadat tifoon Wipha, met winde van meer as 167 kilometer per uur, die gebied met swaar reën en wind gelooi het. Meer as 200 vlugte is gekansalleer. Cathay Pacific Airways het passasiers van kaartjieveranderingsfooie kwytgeskeld en reëlings getref vir kliënte om weer te bespreek. Deeste openbare vervoer is opgeskort, insluitend […]

Read More