Sokker: Banyana deur na halfeindronde ná oorwinning oor Senegal - July 20, 2025

Suid-Afrika het Senegal met vier strafdoele teen een verslaan in ‘n groepkwarteindronde-wedstryd in die Vroue-Afrika-beker by die Honneur-stadion in Oujda, Marokko. Na 120 minute se spel sonder enige doele het Andile Dlamini met uitstekende verdediging vir Desiree Ellis se span twee strafdoele gekeer, met Karabo Dhlamini, Tiisetso Makhubela, Gabriela Salgado en Bambanani Mbane wat koelkop […]

Read More

Oudminister Namoloh se herstel is stadig - July 20, 2025

Namibië se voormalige minister van verdediging, Charles Namoloh, is reeds drie weke in ‘n private hospitaal in Windhoek en sy herstel vorder stadig, het die ministerie van verdediging en veterane sake Saterdag gesê. Die ministerie het Namoloh se toestand verlede week as kritiek beskryf. Namoloh, ‘n voormalige senior bevelvoerder van Plan en die Namibiese weermag, […]

Read More

DA, ANC opnuut haaks - July 20, 2025

Die DA sê sy lid Emma Powell se onthulling oor Mcebisi Jonas het ‘n ernstige geloofwaardigheidskwessie vir president Cyril Ramaphosa geskep. Die party sê Ramaphosa het Jonas aangestel om Suid-Afrika se diplomatieke, handels- en bilaterale belange met die VSA te bevorder nadat ambassadeur Ebrahim Rasool uitgeskop is. Willie Aucamp van die DA sê sedert Powell […]

Read More

Dertig beseer in nagklub-voorval in LA - July 20, 2025

Dertig mense is beseer nadat ‘n voertuig tussen mense ingejaag het wat voor ‘n nagklub in Los Angeles gewag het om in te gaan. Die klub het ’n reggae/hip-hop-vertoning aangebied. Die Los Angeles Brandweer sê sewe mense is kritiek beseer terwyl ses ander ernstige beserings opgedoen het. ’n Groep van hoofsaaklik vroue, het gewag om […]

Read More

Rugby: Junior Bokke kraai koning na lang droogte - July 20, 2025

The Junior Springbokke het ‘n 13-jaar droogte gebreek met ‘n kragvertoning in Rovigo, Italië en die Junior All Blacks Saterdagaand met 23-15 in die eindstryd van die Wêreld Rugby Onder-20 Kampioenskap verslaan. Dit is Suid-Afrika se eerste oorwinning sedert 2012 toe ‘n span met spelers soos Handre Pollard, Pieter-Steph du Toit en Steven Kitshoff die […]

Read More

Mej. Namibië: Johanna Swartbooi dra 2025-kroon - July 20, 2025

Johanna Swartbooi, ‘n 27-jarige model oorspronklik van Vaalgras in die //Kharas-streek, is Saterdagaand op Ongwediva as Mej. Namibië 2025 gekroon. Swartbooi sal Namibië by die Mej. Heelal-kompetisie in Thailand in November verteenwoordig. Sy is ook die stigter van die @hapo_initiative, waar sy skeppende entrepreneurs en jeugbemagtiging bevorder. Uatjiri Mbaisa is as Swartbooi se eerste prinses […]

Read More

‘SA kan geweldskrisis nie langer ignoreer’ - July 20, 2025

Die GOOD-party sê Suid-Afrika het ‘n misdaad-, bende- en geweldskrisis wat gemeenskappe terroriseer. Die party sê die massaskietery by ‘n sjebien in die Shoba-informele nedersetting in Olievehoutbosch, Centurion, waarin vyf mense dood is, is vernietigend. GOOD se sekretaris-generaal, Brett Herron, sê Suid-Afrika kan nie die patroon wat na vore kom, ignoreer nie. Die massaskietery kom […]

Read More

DRK, M23-rebelle onderteken skietstilstand - July 20, 2025

Die DRK en M23-rebelle het Saterdag ‘n wapenstilstandsooreenkoms in Katar onderteken. Dit bepaal dat beide kante aanvalle en haatpropaganda moet staak, asook enige poging om nuwe veld met geweld te wen. Die twee partye het ingestem om die ooreenkoms se bepalings teen 29 Julie te implementeer. ‘n Finale vredesooreenkoms moet teen 18 Augustus gesluit word […]

Read More

Rugbywêreldbeker: Dis nog nie neusie verby vir Namibië - July 20, 2025

Zimbabwe het die 2025 Afrika-rugbybeker gewen ná hulle Namibië Saterdag met 30-28 in Kampala, Uganda verslaan het en sodoende ook vir die Rugbywêreldbeker 2027 in Australië gekwalifiseer het. Namibië se wêreldbekerdrome is egter nie daarmee heen nie. Die nasionale span sal hul wedstryd teen die Verenigde Arabiese Emirate volgende Saterdag moet wen om ‘n kans […]

Read More

Chantel Boeren dra Mej. Tiener-kroon - July 20, 2025

Chantel Boeren is Vrydagaand as Namibië se Mej. Tiener 2025 gekroon. Boeren het Saterdagaand tydens die kroning van Mej. Namibië 2025 gesê sy droom reeds sedert haar kinderjare oor die titel en oor haar toekomsplanne uitgebrei:

Read More