Bek-en-klou versprei in Vrystaat - July 20, 2025

Die Vrystaatse departement van landbou en landelike ontwikkeling het ‘n geval van bek-en-klouseer in die Metsimaholo plaaslike munisipaliteit bevestig. Die departement sê die bron van die uitbreking is gekoppel aan ‘n voerkraal in een van die aangrensende provinsies. Dit bring die totale aantal bevestigde gevalle in die Vrystaat op twee te staan. Die departement het die […]

Read More

Talle dood ná toeristeboot in Viëtnam omslaan - July 20, 2025

Minstens 34 mense is dood en talle ander is nog steeds vermis nadat ‘n toeristeboot met 53 mense aanboord gedurende swak weer in Ha Long-baai in die noorde van Viëtnam omgeslaan het. Die meeste passasiers was Viëtnamese gesinne uit die hoofstad, Hanoi. Swaar reën belemmer die soektog na oorlewendes, maar minstens elf mense is lewendig […]

Read More

Rugby: Weghol-oorwinning vir Bokke met nege drieë in Mbombela - July 20, 2025

Rassie Erasmus se krygers het Saterdag die eerste fase van hul internasionale seisoen afgesluit met ’n oortuigende 55-10 oorwinning oor Georgië in Mbombela, op ‘n aand waar die Van der Merwe-naam vier keer op die Springbok-telkaart verskyn het. Nuweling Marnus van der Merwe het twee drieë aangeteken en so ook sy naamgenoot, die vleuel Edwill […]

Read More

Namcor-verdagte skuil glo steeds in Angola - July 19, 2025

Die Teenkorrupsie-kommissie sê die Namcor-korrupsieverdagte Victor Malima skuil vermoedelik steeds in Angola. Malima, die 10de beskuldigde in die 480 miljoen Namibiese dollar skandaal, het gevlug nadat ander verdagtes in hegtenis geneem is. Die kommissie bevestig dat daar geen teken is dat hy teruggekeer het na Namibië nie. Die kommissie se woordvoerder, Josephine Nghituwamata, het meer.

Read More

SA polisie soek tien ná skietery in sjebien - July 19, 2025

Die polisie in Gauteng is op soek na ongeveer tien verdagtes nadat vyf mense Vrydagaand doodgeskiet en nog drie gewond is by ‘n sjebien in die Shoba-informele nedersetting in Olievehoutbosch, Centurion. Polisiewoordvoerder, Mavela Masondo, sê die verdagtes het na bewering die sjebien binnegegaan en lukraak begin skiet, sonder om ‘n woord te sê. Die motief vir […]

Read More

Trump dagvaar Wall Street en kie vir milljarde - July 19, 2025

President Donald Trump het ‘n lastersaak aanhangig gemaak teen die uitgewer van die Wall Street Journal en verslaggewers wat ‘n storie geskryf het oor ‘n versameling briewe wat aan wyle seksoortreder Jeffrey Epstein vir sy 50ste verjaardag in 2003 geskenk is, insluitend ‘n briefie met Trump se naam en ‘n buitelyn van ‘n naakte vrou. […]

Read More

Rugby: Groot afwagting vir Bokke teen Georgië - July 19, 2025

Die bestuurder van Mbombela Stadium, Roelf Kotze, het in gesprek met SABC Sport aangedui dat meer as 35 000 kaartjies reeds verkoop is vir die Springbokke se groot wedstryd teen Georgië. Die stadion sal in groen en goud versier wees. Die polisie in Mpumalanga sê hulle verwag geen voorvalle nie, maar hulle is gereed. Die wedstryd begin […]

Read More

Trump-tariewe plaas druk op plaaslike motorbedryf - July 19, 2025

Die VSA se 30 persent tariewe op Suid-Afrika vanaf 1 Augustus wek kommer in veral die voertuigbedryf. Namibië voer baie voertuie en onderdele uit die buurland in, en die tariewe gaan beslis ‘n plaaslike uitwerking hê. Kosmos 94.1 Nuus het reaksie by Cirrus ekonoom Robert McGregor gekry.

Read More

Emoji-beleid in werksplek noodsaaklik - July 19, 2025

Werkgewers word versoek om duidelike emoji-gebruiksbeleide in die werkplek uit te stippel. Dit volg ná ‘n webinaar gelei deur die forensiese taalkundige Zakeera Docrat en regskenners van Cliffe Dekker Hofmeyr. Kenners waarsku emoji’s kan maklik wanvertolk word, wat kan lei tot regstappe- en kommunikasierisiko’s. Hulle beklemtoon hoe belangrik dit is om werknemers te betrek wanneer […]

Read More

Sirië ontplooi nuwe mag in suide - July 19, 2025

Die Siriese presidensie sê hy gaan ‘n nuwe mag ontplooi om die dodelike etniese gevegte tussen Bedoeïene- en Druze-vegters in die suide van die land te stop. Die kantoor van die Siriese tussentydse president Ahmed al-Sharaa vra vir selfbeheersing te midde van hernieude gevegte. Volgens die BBC is byna 600 mense dood sedert die geweld uitgebreek het. […]

Read More