Regering omgekrap omdat Trump wit Afrikaners voortrek - November 1, 2025
Die departement van internasionale betrekkinge en samewerking sê bewerings van ‘n sogenaamde wit volksmoord in Suid-Afrika is ongegrond en polities-gemotiveerd. Dit volg op berigte dat die Trump-administrasie beplan om wit Afrikaners voorkeur te gee vir vlugtelingstatus in Amerika. Die departement se woordvoerder, Chrispin Phiri, sê dit stel die land se misdaadprobleem verkeerd voor en ondermyn […]
Regeringsluiting in VSA knip lugvaart se vlerke - November 1, 2025
Een van Amerika se gewildste reisbestemmings, die Orlando-lughawe, was op die punt om alle landings te kanselleer nadat die sluiting van die regering ‘n geskarrel vir lugverkeersbeheerders veroorsaak het. Inkomende en uitgaande vlugte uit die tuiste van Disney World en Universal Studios is met tot soveel as 90 minute vertraag. Die vlugopsporingswebwerf, FlightAware, sê net […]
Vrouekrieket: Gaan Proteas R77,6m huis toe bring? - November 1, 2025
‘n Reuse 77,6 miljoen rand is op die spel vir die wenner van môre se Wêreldbekereindstryd tussen Suid-Afrika en die mede-gasvrou, Indië, in Mumbai. Die verloorspan sal ‘n stewige 38,8 miljoen rand verdien. Vanjaar se algehele prysgeld van 240,7 miljoen rand is 297 persent meer as in die vorige toernooi in Nieu-Seeland in 2022. Die […]
‘Werk moet nie net genoeg wees nie, dit moet ook goed wees,” sê Immanuel - November 1, 2025
Werkskepping in Namibië gaan nie net oor die hoeveelheid werksgeleenthede nie, maar ook oor die gehalte daarvan, sê arbeidsminister Wise Immanuel. Immanuel het Vrydag tydens ‘n bespreking oor die implementering van die Internasionale Arbeidsorganisasie se raamwerk vir die bepaling van die impak van werksgeleenthede in Windhoek, die volgende gesê:
Verkiesingsgeweld in Tanzanië eis honderde - November 1, 2025
Honderde mense is in Tanzanië dood tydens drie dae van protesoptogte ná Woensdag se algemene verkiesing. Terwyl ‘n woordvoerder van die opposisie Chadema-party aan die AFP-nuusagentskap gesê het dat “ongeveer 700” mense in botsings met veiligheidsmagte dood is, het ‘n diplomatieke bron in Tanzanië aan die BBC gesê daar is geloofwaardige bewyse dat ten minste […]
VN sê Trump-aanvalle op beweerde dwelmbote is onwettig - November 1, 2025
Die VN se menseregtehoof het Amerikaanse militêre aanvalle veroordeel op skepe in die Karibiese Eilande en Stille Oseaan wat na bewering dwelms vervoer, en gesê die dodelike aanvalle oortree internasionale reg en kom neer op buitegeregtelike moord. Meer as 60 mense is volgens berigte sedert vroeg September in Amerikaanse aanvalle dood. Volker Türk het Washington […]
Toetsrugby: Dit gaan ‘n besige Saterdag wees! - November 1, 2025
‘n Volgepakte toetsdagboek wag vandag op liefhebbers. Die Springbokke pak Japan net na ses vanaand op die Wembley-stadion in Londen. ‘n Uur vroeër draf Engeland en Australië op die veld op Twickenham, terwyl Skotland en Amerika later op Murrayfield in Edinburgh sal meeding. Ierland en die All Blacks pak mekaar net na tien in Chicago, […]
Copps 94.1: Gewapende roof in Hochlandpark - November 1, 2025
‘n Gewapende roof in Hochlandpark was maar net een van die voorvalle wat die polisie tydens Vrydagaand se Copps 94.1-skof moes hanteer. Minstens vier mans het die inwoners met vuurwapens en skerp voorwerpe aangehou en waardevolle items gesteel. Kosmos 94.1 se Francois Lottering was op die toneel en doen verslag:
SA polisie sukkel, maar BBP’s voorgetrek - November 1, 2025
Die Activists and Citizens Forum sê die regering bestee miljoene aan BBP-beskerming terwyl die Suid-Afrikaanse Polisiediens se ballistiese afdeling sukkel met ‘n ernstige personeeltekort. Dit volg nadat die ballistiese hoof van die Polisie, Mishak Mkhabela, die Madlanga-kommissie meegedel het die afdeling het slegs 42 ontleders, wat vertragings in vuurwapenontledings en hofsake veroorsaak. Die woordvoerder van die forum, […]
Gematigde liberale wen verkiesing in Nederland - November 1, 2025
Rob Jetten se gematigde liberale party het volgens stemontledings Woensdag se verkiesing in Nederland gewen. Jetten se D66 het tans ‘n noue voorsprong van 15 000 stemme oor die anti-Islam-populis Geert Wilders, maar ontledings toon Wilders se Vryheidsparty kan hom nie meer kan verbysteek nie. Die plaaslike nuusagentskap ANP sê hoewel al die stemme nog […]