Erindi sê sy waterval is geslote stelsel - October 23, 2025

Erindi se reuse mensgemaakte waterval en strome het kritiek gekry te midde van voortdurende wateruitdagings, maar hoofbestuurder Paul Joubert hou vol dat geen nuwe boorgate geboor is om dit te onderhou nie. In ‘n onderhoud met Kosmos 94.1 Nuus sê Joubert dat die stelsel geslote is, met water wat voortdurend deur ‘n ondergrondse tenk gepomp […]

Read More

Johanna bevestig vir Mej. Heelal - October 23, 2025

Die Mej. Heelal 2025 is geskeduleer om op 21 November plaas te vind en Mej. Namibië, Johanna Swartbooi sal meeding. Afgevaardigdes sal reeds vanaf 2 November in Pak Kret Nonthaburi in Thailand aankom vir verskeie aktiwiteite. Die kroning word by die Impact Challenger-saal gehou. Terwyl die finale lys van lande nog nie gefinaliseer is nie, […]

Read More

NamWater weerlê aantygings oor watergehalte by skole - October 23, 2025

NamWater het onlangse berigte van kinders wat by skole siek geword het en die blaam op die waterskaffer geplaas het, weerlê. Hy het saam met belanghebbendes inspeksies by die betrokke skole gedoen, en die !Oe#Gab Laerskool in die Erongo-streek se swak waterkwaliteit is te wyte aan ‘n kontrakteur wat tydens bouwerk ‘n interne waterpyp beskadig […]

Read More

Skokkende getuienis voor Madlanga-kommissie - October 23, 2025

Getuie B het ernstige dreigemente en inmenging onthul tydens die ondersoek na die moord op die ingenieur Armand Swart voor sy werkplek in Vereeniging, Gauteng, in April verlede jaar. Sy het aan die Madlanga-kommissie vertel sy en Getuie A is saam onder polisiebeskerming geplaas nadat hulle gedreig is. B voeg by die moord is deeglik […]

Read More

Hoogste hof sê Israel is verplig om hulp aan Gaza te lewer - October 23, 2025

Die Internasionale Geregshof sê Israel is verplig om die lewering van humanitêre hulp aan die Gaza-strook deur die Verenigde Nasies en sy entiteite te fasiliteer, om te verseker dat daar aan die basiese behoeftes van die Palestynse burgerlikes voldoen word. Die raadgewende mening, wat deur die VN se Algemene Vergadering aangevra is, sê Israel het […]

Read More

Suid-Afrika vertoon beter op derde dag in Pakistan - October 23, 2025

Suid-Afrika het die oorhand gehad op die derde dag van die laaste toets teen Pakistan in Rawalpindi. Die Proteas het swak begin toe hulle vier vroeë paaltjies verloor het met ‘n eerstebeurt-agterstand van 98, maar die boulers Senuran Muthusamy, Keshav Maharaj en Kagiso Rabada het die wa deur die drif getrek om hulle tot 404 […]

Read More

NCC betaal nog miljoene oor na staatskas - October 22, 2025

Die Namibiese Mededingingskommissie het 9 miljoen Namibiese dollar, na die oudit van die 2024/25-boekjaar, in boetes na die Staatsinkomstefonds oorgeplaas. Kosmos 94.1 Nuus het met die kommissie se woordvoerder, Dina Gowases, gepraat wat ‘n oorsig gee.

Read More

Blood Lions ontstoke na nog ‘n leeu ontsnap - October 22, 2025

Die dierewelsynsorganisasie Blood Lions is diep bekommerd nadat nog ‘n leeu ontsnap het terwyl hy per pad vervoer is. Die dier was van die Vrystaat onderweg na Nietverdiend in die Ramotshere Moiloa Munisipaliteit. Owerhede in Noordwes het bevestig die leeu is veilig gevang. Stephanie Klarmann van die organisasie sê die voorval stel die voortdurende gevare […]

Read More

Zelensky ten gunste van huidige gevegslyn as basis vir Rusland-gesprekke - October 22, 2025

Die president van Oekraïene, Volodymyr Zelensky steun die Amerikaanse president Donald Trump se voorstel om die huidige gevegsfront as vertrekpunt te gebruik vir onderhandelinge met Rusland, maar twyfel of die Russiese president, Vladimir Putin, dit sal aanvaar. Pogings om ‘n einde te bring aan Rusland se inval in Oekraïne, wat in 2022 begin het, lyk […]

Read More

Rees-Zammit na 2 jaar terug in Wallis-toetsgroep - October 22, 2025

Rugby: Die vleuel, Louis Rees-Zammit sal waarskynlik vir die eerste keer in twee jaar vir Wallis speel nadat hy in die groep vir die November-toetse ingesluit is. Dit volg na sy terugkeer tot rugbyunie na ‘n onsuksesvolle tyd by Amerikaanse voetbal. Die 24-jarige het in Augustus ‘n kontrak met Bristol Bears onderteken. Wallis se nuwe […]

Read More