Tour de France: Pogacar rek voorsprong - July 19, 2025
Tadej Pogacar het Vrydag ‘n tydtoets teen die opdraande uit in die 13de skof by die Tour de France gewen om sy voorsprong in die wedren tot meer as vier minute te vergroot. Jonas Vingegard en Remco Evenepoel het aan hul plekke in die algehele top drie vasgeklou. Die 10.9 kilometer lange tydtoets het in versengende […]
AfDB: Namibië kort meer hervorming - July 19, 2025
Namibië benodig groter hervormings van kapitaalmobilisering en doeltreffende regeringsbesteding om die land se makro-ekonomiese stabiliteit te verseker, sê die Afrika Ontwikkelingsbank (AfDB). Die bank het vandeesweek sy fokusverslag oor Namibië vrygestel en sê hoewel daar tekens van verbeterings is, staar die land steeds hoë fiskale risiko’s en strukturele ondoeltreffendhede in die gesig wat die groei […]
‘FlySafair in oorlog teen vlieëniers, publiek’ - July 19, 2025
Die vakbond Solidariteit sê FlySafair se bestuur het oorlog verklaar teen sy vlieëniers en die publiek. Dit volg nadat die lugredery aangekondig het vlieëniers sal vir sewe dae verbied word om te werk in reaksie op ‘n beplande een dag staking. Die lugredery kan moontlik die vlieëniers tot 14 dae verbied. Die vakbond het ook […]
Keniaanse regering vergoed slagoffers van geweld - July 19, 2025
Kenia het vergoeding betaal aan vier vroulike slagoffers van seksuele geweld wat ná die 2007-verkiesing uitgebreek het. Hierdie is die eerste betaling van sy soort in die land. Voorspraakgroepe het bevind minstens 900 mense is seksueel aangerand, wat groepsverkragting en kastrasie insluit, tydens die vlaag van geweld wat meer as ‘n dekade gelede in die […]
Atletiek: Noah Lyles beloof glans in Londen - July 19, 2025
Akani Simbine van Suid-Afrika sal sy voorbereiding vir die Wêreldatletiekkampioenskap in September voortsit wanneer hy vandag in Londen aan ‘n sterbelaaide 100-meter deelneem op die Diamantliga-byeenkoms. Die Olimpiese kampioen, Noah Lyles, het beloof hy is gereed om sy glanspersoonlikheid na die uitverkoopte stadion te bring. ‘n Skare van 60 000 toeskouers word verwag op die […]
N$200 miljard nodig vir 800 000 werksgeleenthede - July 19, 2025
Namibië het meer as 200 miljard Namibiese dollar nodig om 800 000 werksgeleenthede teen 2030 te skep, sê die uitvoerende hoof van die Namibiese Beleggings- en Ontwikkelingsraad, Nangula Uaandja. Tydens ‘n hoëvlak-vergadering met sakelui vroeër vandeesweek op Swakopmund, het Uaandja gesê die private sektor het tans 138 000 mense in diens. Besighede wat ‘n buitelandse […]
Staatskaper in SA beboet én tronk toe - July 19, 2025
Die Nasionale Vervolgingsgesag het die skuldigbevinding van die staatskapingsbeskuldigde, Yakub Bhikhu, verwelkom nadat hy skuldig gepleit het op 81 aanklagte, insluitend bedrog, geldwassery en belastingsoortredings. Die streekshof in Pretoria het Bhikhu tot tien jaar tronkstraf gevonnis, waarvan vyf jaar opgeskort is, en hom gelas om 300 000 rand aan Transnet terug te betaal. Die Teenkorrupsie-ondersoekdirektoraat […]
Oudste ys onder klimaat se vergrootglas - July 19, 2025
Antartika se oudste ys het in Brittanje aangekom vir ontleding wat wetenskaplikes hoop sal meer onthul oor die aarde se klimaatsveranderinge. Die yskerns sal by die Britse Antarktiese Opname in Cambridge ontleed word, met die uiteindelike doel om tot 1,5 miljoen jaar van die aarde se klimaatgeskiedenis te rekonstrueer. Die silindriese buise is uit dieptes […]
Gholf: Noord-Ierland ‘n nagmerrie vir SA spelers - July 19, 2025
Die 153ste Ope-kampioenskap by Royal Portrush in Noord-Ierland het in ‘n nagmerrie ontaard vir die 11 Suid-Afrikaners. Die heersende PGA-kampioenskapwenner Scottie Scheffler loop voor met 10 onder baansyfer. Christiaan Bezuidenhout het goed begin toe hy met ‘n 67 geopen het om saam met vyf ander spelers voor te loop teen die begin van die tweede […]
Miljarde nodig vir Windhoek se paaie - July 19, 2025
Stad Windhoek sedert 2020 ‘n agterstand van bykans 2,7 miljard Namibiese dollar in die instandhouding van sy paaie opgebou weens voortdurende onderbefondsing. Volgens die munisipaliteit se waarnemende strategiese uitvoerende beampte vir infrastruktuur, water en tegniese dienste, Rowan Adams, benodig die stad sowat 384 miljoen dollar jaarliks om sy paaienetwerk funksioneel te hou, maar ontvang baie […]