Nasionale indaba oor bek-en-klou in SA - July 19, 2025

Die minister van landbou, John Steenhuisen, sê sy departement en ander belanghebbendes sal Maandag en Dinsdag ‘n hoëvlak-nasionale bek-en-klouseer-indaba in Roodeplaat, Pretoria, aanbied. Hy sê Suid-Afrika ervaar tans beduidende en voortdurende uitdagings met uitbrekings van bek-en-klouseer in verskeie provinsies. Dit het gelei tot beperkings op die beweging van vee en het die land se rooivleishandel […]

Read More

Hof beveel vrystelling van Epstein-dokumente - July 19, 2025

Die Amerikaanse departement van justisie het ‘n regter gevra om dokumente wat verband hou met die seksoortreder Jeffrey Epstein vry te stel, ná hewige kritiek op die Trump-administrasie se hantering van die saak. Die versoek het betrekking op transkripsies van die groot jurie in die 2019-mensehandelsaak teen Epstein. Die hofaansoek volg nadat Trump die Wall Street […]

Read More

Atletiek: Eerste goud vir Namibië by jeugkampioenskap - July 19, 2025

Marike Weitz het die eerste goue medalje vir Namibië gewen by die Konfederasie van Afrika-Atletiek (CAA) se Onder-18 Afrika-baan-en-veldkampioenskap in Nigerië. Die Namibiese atleet het Vrydag die meisies se gewigstoot gewen – nadat sy Donderdag ook ‘n bronsmedalje in die diskusgooi met ‘n poging van 44.84 meter verower het. Weitz se wenafstand in die gewigstoot […]

Read More

Namcor-borgaansoek na Maandag uitgestel - July 19, 2025

Die borgaansoek van agt van die nege beskuldigdes in die Namcor-korrupsiesaak hervat weer Maandag. Die aansoek is Vrydag uitgestel ná staatsadvokaat Basson Lilungwe die hof ingelig het dat hy ongesteld was. Sakeman Malakia Elindi, een van die beskuldigdes, sal Maandag sy getuienis in die borgaansoek voortsit. 

Read More

ANC sê DA-lid smeer SA se naam swart - July 19, 2025

Die ANC beskuldig ‘n parlementslid van die DA, Emma Louise Powell, dat sy ‘n waninligtingsveldtog lei wat beoog om Suid-Afrika se reputasie te skaad te midde van nuwe Amerikaanse tariewe. Volgens die party het Powell Amerikaanse amptenare beïnvloed en vals bewerings soos wit volksmoord en gedwonge grondonteiening aangevoer om Amerikaanse beleid teen Suid-Afrika te beïnvloed. ANC-woordvoerder Mahlengi […]

Read More

Israel, Sirië bereik skietstilstand - July 19, 2025

Israel en Sirië het ‘n skietstilstand bereik, wat deur Turkye, Jordanië en ander ondersteun word. Amerika se ambassadeur in Turkye, Tom Barrack, het dié nuus in ‘n plasing op X aangekondig. Volgens die Verenigde nasies is bykans 80 000 mense in die suide van Sirië ontwortel en honderde dood sedert geweld sowat ‘n week gelede […]

Read More

Rugby: D-dag vir Namibië vir Afrikabeker - July 19, 2025

Namibië se nasionale rugbyspan draf vanmiddag in Kampala, Uganda in die eindstryd van die 2025 Rugby Afrikabeker-toernooi teen Zimbabwe uit. Namibië moet die wedstryd wen om vir die 2027 Rugby Wêreldbeker in Australië te kwalifiseer. Afskop in die wenner-vat-alles stryd is om 3-uur Namibiese tyd. Die skrumafrigter van Namibië, Jaco Engels, het meer.

Read More

Rustig op die misdaadfront, berig Copps 94.1 - July 19, 2025

Buiten vir ‘n enkele skietvoorval in Windhoek, waarin niemand beseer is nie, was Vrydagaand ‘n rustige aand in die hoofstad, berig Francois Lottering. Hy was deel van die Copps 94.1-span en doen verslag:

Read More

KZN gaan seiljagte vervaardig  - July 19, 2025

Die Vereniging van Staatsamptenare verwelkom die belegging van 500 miljoen rand in seiljagvervaardiging in KwaZulu-Natal en sê dit is ‘n hupstoot vir ekonomiese groei en ‘n dryfveer vir innovering in die blou ekonomie. Die vakbond bepleit die skepping van ‘n mariene-innoveringsentrum vir plaaslike universiteite en kolleges, gefokus op vaardigheidsontwikkeling en jeugbemagtiging. Mlungisi Ndlovu van die […]

Read More

Rusland sê EU-sanksies is onbeduidend  - July 19, 2025

Rusland het die uitwerking van nuwe sankies deur die Europese Unie as onbeduidend afgemaak en sê dis onwettig en sal boemerang. Die EU het ooreengekom op die 18de sankiespakket weens Rusland se volgehoue militêre aanslag teen Oekraïne. Dit teiken Russiese banke en die verlaging van die prysgaping op olie-uitvoere. Rusland het grootliks die Weste se […]

Read More