Opwindende toetsrugby op die spyskaart hierdie naweek - July 19, 2025
Nieu-Seeland en Frankryk skop die naweek se internasionale aksie af met die derde toets in Hamilton, gevolg deur die eerste toets tussen die Wallabies en die Britse en Ierse Leeus in Brisbane. Vanmiddag verwelkom die Springbokke Georgië in Mbombela, gevolg deur die wedstryd tussen Argentinië en Uruguay in Salta. Amerika en Engeland speel in Washington. […]
Ministerie betrek sakesektor om AfCFTA te benut - July 18, 2025
Die handelministerie het saam met die industrialisasie-ministerie konsultasies van stapel gestuur om die sakesektor te betrek. Die sessies is daarop gemik om bewustheid van die Afrika Kontinentale Vryhandelsooreenkoms te verhoog en die implementering daarvan te ondersteun. Handelminister Selma Ashipala-Musavyi sê die inisiatief is die sleutel om plaaslike besighede te help om voordeel te trek uit […]
Stad Tshwane oortree eie munisipale regulasies, sê AfriForum - July 18, 2025
AfriForum beskuldig die Stad Tshwane dat hy sy eie regulasies oor die Brandweerdiens oortree. Die burgerregte-organisasie sê ‘n aantal begraafplase en ander munisipale terreine, soos oop stukke veld en die stuk veld langs paaie, hou ‘n ernstige brandgevaar in omdat hulle nie behoorlik in stand gehou word nie. Tarien Cooks van AfriForum sê die metro […]
EU se sanksies sal boemerang: Moskou - July 18, 2025
Rusland het die uitwerking van nuwe sankies deur die Europese Unie as onbeduidend afgemaak en sê dis onwettig en sal boemerang. Die EU het ooreengekom op die 18de sankiespakket weens Rusland se volgehoue militêre aanslag teen Oekraïne. Dit teiken Russiese banke en die verlaging van die prysgaping op olie-uitvoere. Rusland het grootliks die Weste se […]
Legendariese waaghals-vryvaller Baumgartner sterf - July 18, 2025
Die vreeslose waaghals-sportman Felix Baumgartner is dood op 56-jarige ouderdom. Die Oostenryker wat bekend was vir sy rekordsprong van die rand van die ruimte in 2012, het tydens ‘n sweeftuig-ongeluk in Italië gesterf. Hy het volgens berigte skynbaar in die lug ‘n mediese krisis ondervind en grond toe geval. Sy liggaam is naby ‘n hotel […]
San-regsbemagtigingsprogram ‘n dawerende sukses - July 18, 2025
Die Regshulpsentrum en die Europese Unie het ‘n vierdaagse regsbemagtigingsprogram in Tsumkwe afgesluit. Die program is daarop gemik om toegang tot geregtigheid in San-gemeenskappe te bevorder. Die inisiatief, wat San-regsassistente van regoor die land bymekaarbring, fokus op die versterking van regskennis, menseregtebewustheid en gemeenskapsvoorspraak. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Lukeno Hangala, ‘n kandidaat-regspraktisyn in […]
Bergfiets veldry-kampioenskappe die naweek by Towerbos - July 18, 2025
Die 2025 Nedbank Namibië Bergfiets XCC, XCO en veldry-kampioenskappe vind môre en Sondag by die Towerbos-roetes plaas. Die veldry Olimpiese, of XCO-wedren vind môre plaas, terwyl die fietsryers Sondag deelneem aan die veldry-kortbaan of XCC en elektriese veldry of E-XC kompetisies. Die Nasionale Bergfietskampioenskappe is ‘n belangrike komponent van die Namibiese fietsrykalender, aangesien deelnemers internasionale punte […]
Tariewe op SA voertuie gaan ons ook ruk - July 18, 2025
Daar word baie berig oor die impak van tariewe op Suid-Afrika. Die VSA het 30 persent tariewe op die buurland ingestel vanaf 1 Augustus en dit wil voorkom asof onderhandelings nie werklik vorder nie. Veral die voertuig- en onderdele-vervaardigingsbedryf sal na verwagting erg deurloop, met sowat 100 000 werke wat in gevaar is. Kosmos 94.1 […]
Wildmisdaad: 344 sake, 529 arrestasies in 2024 - July 18, 2025
Die omgewingsministerie se verslag rakende wildmisdaad vir 2024 is gepubliseer. Daar was 344 sake geregistreer met 529 verdagtes wat gearresteer is. Gedurende die jaar is 244 sake afgehandel en 231 verdagtes is skuldig bevind, 26 in verband met olifante, 22 vir ietermagô’s, sewe vir renosters, en agt vir plantsmokkelary. Daar was 44 vooraf-arrestasies in 13 […]
Staatsamptenare kry raas by NNN oor hul houdings - July 18, 2025
President Netumbo Nandi-Ndaitwah het by Nipam ‘n uiters ferm boodskap aan staatsamptenare gerig om dienslewering te verbeter. Sy sê amptenare moet hulle houdings laat staan.