WGO onderskryf baanbreker-inspuitings teen MIV - July 18, 2025
Die Wêreldgesondheidsorganisasie het die half-jaarlikse inspuiting, lenacapavir, vir die voorkoming van MIV/Vigs onderskryf. Die nuwe riglyne is bekendgestel op die Internasionale MIV-vereniging se MIV-wetenskapskonferensie in Kigali, Rwanda. Die WGO se direkteur-generaal, Tedros Ghebreyesus, sê die medikasie kan toegang verander vir kwesbare bevolkings wat te kampe het met stigmatisering of uitdagings met nakoming. Hy sê dis […]
Whk Sentrale Hospitaal se warmwaterstelsel word uiteindelik herstel - July 18, 2025
Na 15 jaar se sukkel, sal Windhoek Sentrale Hospitaal uiteindelik sy warmwaterstelsels herstel. Die werkeminister Veikko Nekundi het ‘n projek van 6,4 miljoen Namibiese dollar deur die Namibiese Ingenieurskorporasie in werking gestel, onder die vervoerministerie. Nekundi maan ook dat instandhouding kritiek is, regoor die land.
Staatsdiensvakbond vra dringend nuwe Openbare Beleggingskorporasie-raad - July 18, 2025
Die Vereniging van Staatsamptenare sê die minister van finansies, Enoch Godongwana, moet dringend ʼn nuwe raad vir die Openbare Beleggingskorporasie aanstel. Die vorige raad se termyn het verstryk. Intussen is die korporasie se uitvoerende hoof, Thabiso Moshikara, geskors te midde van ernstige bewerings oor omkoopgeld van 3-miljoen Suid-Afrikaanse rand. Die vakbond se woordvoerder, Claude Naiker, […]
Mars-meteoriet haal N$77 miljoen op veiling - July 18, 2025
‘n Seldsame stuk van Mars is Woensdag vir 77 miljoen Namibiese dollar verkoop op ‘n veiling in New York. Die grootste Mars-meteoriet wat ooit op aarde gevind is, bekend as NWA 16788, weeg 24,5 kilogram en is byna 38 sentimeter lank. Volgens Sotheby’s is dit in November 2023 in ‘n afgeleë streek van Niger ontdek […]
Vyf spelers loop voor by Die Ope - July 18, 2025
Gholf: Die Suid-Afrikaner Christiaan Bezuidenhout is een van vyf voorlopers na ʼn aanvangsronde van vier onder 67 by die 153ste Ope by Royal Portrush in Noord-Ierland. Saam met hom is Matt Fitzpatrick van Engeland, die Amerikaner Harris English, die Deen Jacob Skov Olesen en Haotong Li van China. Die wêreld-nommer-een Scottie Scheffler van Amerika is […]
Dís die inligting wat finansiële insluitingsopname soek - July 18, 2025
Daar is meer inligting bekend oor die Namibiese Statistieke-agentskap se finansiële insluitingsopname se loodsprojek wat volgende week begin in Khomas. Dit is ‘n klein opname met die doel om die data-insamelingsinstrumente, veldprosedures en die algehele metodologie voor die hoofopname te toets. Esther Simasiku, kommunikasiebeampte by agentskap, het meer.
Verbod op teel van leeus in gevangenskap verwelkom - July 18, 2025
Die Nasionale Raad van Dierebeskermingsverenigings verwelkom die komende publikasie van die kennisgewing wat ʼn verbod plaas op nuwe teelgeriewe vir leeus in gevangenskap. Die minister van Bosbou, Visserye en die Omgewing, Dion George, het vroeër die week vordering aangekondig met die publikasie van die kennisgewing. Dit sal gevaarlike teelpraktyke verbied en dierewelsyn bevorder. Die DBV […]
Trump beveel dat Epstein-verwante getuienis onthul word - July 18, 2025
Die Amerikaanse president, Donald Trump, het prokureur-generaal Pam Bondi opdrag gegee om die groot-jurie-getuienis wat met Jeffrey Epstein se sekshandelsaak verband hou, vry te stel. Dit volg ná druk deur sommige van Trump se getrouste ondersteuners om meer inligting oor die saak bekend te maak. Die Departement van Justisie het voorheen gesê hy het sowat […]
Bokke verwag fisiese stryd teen Georgië - July 18, 2025
Rugby: Die Springbok-agterspeler, Aphelele Fassi, sê hulle maak gereed vir ʼn Georgiese span wat tradisioneel sterk vorentoe beur wanneer die bal by die agterlyn beland. Die 23-jarige gaan môremiddag in Mbombela, Mpumalanga, die 12de keer vir die Bokke uitdraf wanneer hulle Georgië pak. Fassi, wat saam met Kurt-Lee Arendse en Edwill van der Merwe die […]
Namcor reageer op jaar verlenging in PEL 79 - July 18, 2025
Namcor en Giraffe Energy Investments, geaffilieer met Kanada se Sintana Energy, se PEL 79-eksplorasielisensie in Namibië se Oranje-kom is verleng tot Julie 2026. Namcor besit 67 persent van die lisensie, wat blokke 2815 en 2915 dek, en Giraffe die res. Kosmos 94.1 Nuus het met Namcor se woordvoerder, Utaara Hoveka, oor hul planne gepraat.