Mashatile sê China is uiters belangrik vir SA - July 18, 2025

Adjunkpresident Paul Mashatile het Suid-Afrika en China se verbintenis bevestig om samewerking ter ondersteuning van inklusiewe ekonomiese groei en volhoubare ontwikkeling te bevorder. Hy is op ʼn werksbesoek aan China om bilaterale betrekkinge en ekonomiese samewerking tussen die twee lande te versterk. Mashatile sê die verhouding baat albei lande deur groter handel en belegging, maar […]

Read More

Libiër verbind met oorlogsmisdade in Duitsland vasgetrek - July 18, 2025

Duitse owerhede het ‘n Libiese oorlogsmisdaadverdagte in hegtenis geneem. Khaled Mohamed Ali Al Hishri word daarvan beskuldig dat hy ‘n senior amptenaar is vir ‘n berugte gevangenis waar gevangenes gereeld gemartel en soms seksueel mishandel is. Moord en misdade teen die mensdom is van die klagtes teen hom. Die Internasionale Strafhof sê hy sal in […]

Read More

Studie kyk na klimaatrampe, beleid en openbare ondersteuning - July 18, 2025

‘n Wêreldwye studie het bevind mense wat uiterste weerstoestande aan klimaatsverandering koppel, is meer geneig om klimaatsbeleide te ondersteun. Die navorsing betrek 68 lande en is in Nature Climate Change gepubliseer. Sterk steun is getoon vir die beskerming van woude en die gebruik van volhoubare energie, terwyl koolstof-belastingmaatreëls die ongewildste was. Die studie toon ervaring […]

Read More

Verwag ontwrigting in Telecom-dienste - July 18, 2025

Telecom Namibia het beplande instandhouding aangekondig vanaf vandag tot 23 Julie wat die Erongo-, Otjozondjupa-, Oshikoto-, Kavango Wes-, Kavango Oos- en Zambezi-streke sal raak. Kliënte kan onderbrekings in stem- en datadienste verwag. Werk word oornag geskeduleer om ontwrigting te verminder. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Ndapewa Neshila, segspersoon by Telecom.

Read More

Meatco stel volgende week se jaarvergadering uit - July 18, 2025

Meatco het sy lede in ’n dringende kennisgewing ingelig dat die Algemene Jaarvergadering wat geskeduleer was vir 25 Julie, uitgestel is na ’n datum wat later bevestig en gekommunikeer sal word, maar nie later nie as 30 September nie. Die maatskappy is in chaos gedompel met sy waarnemende uitvoerende hoof Patrick Liebenberg wat geskors is, […]

Read More

Air Namibia werkers ontmoet met regering - July 18, 2025

Voormalige Air Namibia-werkers poog nog steeds om finale betaling in hulle skeidingspakkette te ontvang en het met die lynministerie vergader, nie net hieroor nie, maar ook die ooreenkoms dat hulle eerste opgeroep sal word sou ‘n redery weer op die been gebring word. Kosmos 94.1 Nuus het met Renier Bougaard, woordvoerder van voormalige Air Namibia […]

Read More

Groot mosiehof-rol vanoggend, 91 aansoeke - July 18, 2025

Regters Nate Ndauendapo en Doris Ambunda het vandag 91 aansoeke vir verstekvonnisse in die mosiehof hanteer met 10 op die reël 108-rol. Kommersiële banke het 34 van die aansoeke gebring. Die banke eis 19 eiendomme met uitstaande skuld van 16 miljoen Namibiese dollar op sowel as 15 lenings met ‘n skuldlas van 12,5 miljoen dollar. […]

Read More

Groot planne, beloftes vir Otjozondjupa - July 18, 2025

Otjozondjupa-goewerneur, John Khamuseb, het sy streeksrede gelewer en baie groot teikens gestel en beloftes gemaak, waaronder ‘n landbou-kollege vir Otjiwarongo. Daar benewens het hy groot planne vir grond rondom die streek se damme. Hy wil die grond om die damme bekom.

Read More

Toiletpapier vir talle nou ‘n luuksheid - July 18, 2025

Verbruikers is wel bewus van stygende pryse, veral kleinhandelware. New Era het vandag ‘n ontleding gedoen van toiletpapier wat in 2020 5 Namibiese dollar ‘n rol gekos het en wat tans tot teen 12 dollar gestyg het. Met die druk op soveel huishoudings het toiletpapier ‘n luuksheid geword wat hulle eenvoudig nie kan bekostig nie. […]

Read More

Tariewe hou wesenlike gevaar vir SA in - July 18, 2025

Die Vereniging van Staatsamptenare sê die komende tariewe van 30-persent op Suid-Afrikaanse produkte wat na Amerika uitgevoer word, hou ʼn duidelike en onmiddellike gevaar in vir belangrike sektore soos voertuigvervaardiging en landbou. President Cyril Ramaphosa het bevestig diplomatieke onderhandelinge word met Amerika gevoer om die tarief te verminder, spanning te verlig en marktoegang vir die […]

Read More