Amerikaners wil weet oor Epstein - July 18, 2025

‘n Voormalige strateeg vir die Republikeinse Party, Matthew Bartlett glo nie die Epstein-sage gaan verdwyn nie. Hy sê die publiek, en ook president Donald Trump se binnekring wil weet en dat die onbekende Trump se gesag ondermyn. Hy sê daar is talle vrae…

Read More

Britse en Ierse Leeus sonder Wallieser, eerste keer sedert 1896 - July 18, 2025

Die Britse en Ierse Leeus gaan die Wallabies in môre se eerste toets in Brisbane pak sonder ‘n enkele Wallieser – die eerste keer sedert 1896. Jac Morgan is die enigste Wallieser oor in die toergroep nadat Tomos Williams verlede maand beseer is. Die span bestaan uit 11 Iere, nege Engelse en drie Skotte. Hoofafrigter […]

Read More

Digitalisering, innovering onder die loep - July 18, 2025

‘n Nasionale Digitale Geregtigheidstaakmag is gestig om die ontwikkeling van Namibië se Geïntegreerde Elektroniese Saakbestuur- en Inligtingstelsel te dryf. Die taakmag staan onder leiding van hoofregter Peter Shivute, en sluit sleutelverteenwoordigers van die regsektor in. Shivute het tydens die Nasionale Konferensie oor Regterlike Innovasie gesê samewerking is noodsaaklik om die sukses van die stelsel te […]

Read More

SA herdenk Nelson Mandela-dag - July 18, 2025

Dis vandag Internasionale Nelson Mandela-dag om Mandela se nalatenskap deur dade van diens en deernis te vier. Vanjaar se tema is Dis steeds in ons hande om armoede en ongelykheid te beveg. Individue, gemeenskappe en organisasies word vandag aangemoedig om na te dink oor Mandela se waardes en beginsels en ʼn positiewe invloed in hul […]

Read More

Trump se vene is onvoldoende, dus, enkelswelling - July 18, 2025

Amerikaanse president Donald Trump ly aan chroniese veneuse onvoldoendheid, ‘n bloedsomloop probleem waar die are in die bene sukkel om bloed terug na die hart te vervoer. Dit lei tot ‘n opbou van bloed in die onderste ledemate. Dit kom na daar kommer uitgespreek is oor sy geswelde enkels. Karoline Leavitt, die Withuis se perssekretaris.

Read More

Nuwe regering vir wapenproduksie in Oekraïne - July 18, 2025

Oekraïne het ‘n nuwe regering aangestel onder leiding van die eerste nuwe eerste minister in vyf jaar, met die taak om binnelandse wapenproduksie te bevorder en Oekraïne se lening-afhanklike ekonomie te laat herleef. Die 39-jarige Yulia Svyrydenko het van plaaslike politiek tot adjunkminister gevorder, daarna minister van Ekonomie en nou eerste minister. Haar kabinet sluit […]

Read More

Van Wyk v Boulter-saak kry momentum - July 18, 2025

Die saak waar Alta van Wyk, die weduwee van Gerhard van Wyk wat in Februarie 2021 dood is na ‘n skietvoorval waarvoor die Britse miljardêr Harvey Boulter vir moord aangekla word, miljoene eis vir skadevergoeding van Boulter, kom vandag voor vir ‘n voorverhoor konferensie. Die kwessies wat in die hofsaak hanteer word is in Junie […]

Read More

SANW kan enige bedreiging teen SA hanteer - July 18, 2025

Die adjunkminister van Verdediging en Militêre Veterane, Bantu Holomisa, sê daar is op die oomblik geen eksterne bedreiging teen die land nie. Die minister in die Presidensie, Khumbudzo Ntshavheni, het die week onthul die veiligheidsgroepering het ‘n risiko van ‘n staatsgreep geïdentifiseer. Sy het gesê die Nasionale Veiligheidstrategie en Nasionale Intelligensieraming het ander risiko’s, insluitend […]

Read More

Israel se aanvalle belemmer vredespogings in Sirië - July 18, 2025

Die Verenigde Nasies sê die toenemende geweld tussen sektes in die suide van Sirië asook Israel se lugaanvalle tot in sentraal-Damaskus het dié oorloggeteisterde land nader aan sy kantelpunt gestoot. Israel se weermag het ‘n lugaanval op die buitewyke van die stad Suweida uitgevoer, terwyl botsings tussen vegters van stamme in die gebied en Bedoeïene […]

Read More

Trump baie vies oor ‘vals’ Epstein-brief - July 18, 2025

President Donald Trump van Amerika wil The Wall Street Journal, sy moedermaatskappy News Corp en die maatskappy se voorsitter, Rupert Murdoch, dagvaar. Dit volg nadat die Journal berig het ʼn versameling briewe aan die seksoortreder, Jeffrey Epstein, vir sy 50ste verjaarsdag in 2003 bevat ʼn nota met Trump se naam op en ʼn lyntekening van […]

Read More