Finansiële inklusiwiteit-opname kom - July 18, 2025

Die Namibiese Statistieke-agentskap, in samewerking met die Bank van Namibië, sê Namibiese Finansiële Insluitingsopname loodsprojek begin volgende week. ‘n Loodsopname is ‘n klein opname met die doel om die data-insamelingsinstrumente, veldprosedures en die algehele metodologie voor die hoofopname te toets. Dit sal van 21 Julie tot 3 Augustus duur en slegs die Khomas-streek dek, spesifiek […]

Read More

Ekstremistiese inhoud verder verbied in Rusland - July 18, 2025

Russiese wetgewers het ‘n wetsontwerp goedgekeur om aanlyn inhoud wat as “ekstremisties” beskou word te verbied, soos liedjies wat Oekraïne verheerlik en musiek deur die feministiese rockgroep Pussy Riot. Russiese owerhede blokkeer reeds toegang tot duisende webwerwe wat beskuldig word van “ekstremistiese” inhoud. Die jongste voorgestelde wetgewing dreig met boetes van tot 1 100 Namibiese […]

Read More

Brad Binder sien uit na Tsjeggië - July 18, 2025

Brad Binder van Suid-Afrika sê hy sien uit na die naweek se Grand Prix in Tsjeggië wat na vyf jaar weer in Brünn aangebied word. Die KTM-renjaer het die wedren in 2020 in dié stad in slegs sy derde MotoGP gewen. Die 29-jarige Binder het tot dusver ʼn moeilike seisoen gehad en sy beste was […]

Read More

Miljarde verhaal in staatskapingsvervolgings  - July 18, 2025

President Cyril Ramaphosa sê miljarde rande is verhaal in staatskapingsvervolgings, ‘n aanduiding van vordering met die herstel van aanspreeklikheid en vertroue in regeringsinstellings. Ramaphosa het in sy reaksie op die begroting van die Presidensie die Nasionale Vervolgingsgesag en die Spesiale Ondersoekeenheid se pogings geprys om korrupte individue te vervolg en gesteelde openbare fondse terug te […]

Read More

Britte kan nou op 16 stem  - July 18, 2025

Terwyl AR-leier Job Amupanda reeds so ‘n mosie in die parlement ter tafel gelê het, het die Verenigde Koninkryk die stemouderdom van 18 tot 16 verlaag, in die grootste hervorming aan die verkiesingstelsel sedert 1969. Sky News se Sophy Ridge verduidelik hoe die verlaging van die stemouderdom voor die volgende algemene verkiesing beleid sal beïnvloed. 

Read More

Air India: Dit wil voorkom die kaptein het brandstofvloei afgesny  - July 18, 2025

‘n Kajuitopname van dialoog tussen die twee loodse van die Air India-vlug wat verlede maand neergestort het, ondersteun die siening dat die kaptein die brandstofvloei na die vliegtuig se enjins afgesny het. Reuters berig die onder-kaptein was aan die stuur van die Boeing 787 en het die kaptein gevra waarom hy die brandstofskakelaars na ‘n […]

Read More

AU gee aandag aan werkloosheid in Namibië  - July 18, 2025

Die Afrika-unie se Afrika-eweknie-oorsigmeganisme het ‘n verslag oor werkloosheid in Namibië voltooi na streeksraadplegings, wat in die Khomas-streek geëindig het. Die voorsitter van die Khomas-streekraad, John Moonde, sê die verslag is daarop gemik om die regering te help om bestuur en dienslewering te verbeter. ‘n Landoorsigverslag oor ekonomiese bestuur en ontwikkeling is ook gefinaliseer. Moonde […]

Read More

Vermeende Britse pedofiel hoor vandag oor borg - July 18, 2025

Douglas Brooks, die Britse toeris wat na bewering naakfoto’s van San-kinders in Tsumkwe geneem het, sal vandag hoor of hy borgtog toegestaan is. Hy het in die Grootfontein landdroshof aangebied om 50 000 Namibiese dollar te betaal. Staatsaanklaer Kristiana Erastus het borgtog teengestaan en gesê die beweerde slagoffers kry steeds berading, en Brooks is ‘n […]

Read More

Vertragings in skoolvoeding ingehaal - July 18, 2025

Die onderwysministerie verskaf skoolmaaltye aan meer as 400 000 leerders en het die program uitgebrei om 110 000 kinders in sentrums vir vroeë kinderontwikkeling in te sluit. Daar was onlangs vertragings in aflewerings, maar dit is hervat. Kosmos 94.1 Nuus het met die adjunk-direkteur van onderwys, Edda Bohn gepraat.

Read More

Buitelanders agter tralies aan die kus - July 18, 2025

Die Erongo-polisie het twee suksesse aangemeld. In die eerste geval op Swakopmund is ‘n Duitser met permanente verblyf in besit van ‘n likkewaan, wat in sy klerekas gevind is, en ‘n luiperd-skilpad, in sy tuin, gevind, sonder die nodige permitte. Die 68-jarige man sal vandag in die hof verskyn. Op Walvisbaai is ‘n 54-jarige Zimbabwiese […]

Read More